Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post Reply
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by Eight »

Dagse almal,

Ek het n Howa 223 varmint op die standaard kort aksie gekoop. Ek wag vor die lisensie. Wil net hoor, ek het gesien van die 223’s pierce primers? Is dit nog die geval en moet mens sommer uit die staanspoor die firing pin laat bush of het Howa die probleem uitsorteer?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by Capt. Yoda »

Laat Bush hom maar, dis nie noodwendig n Howa probleem nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by tripodmvr »

Met normale druk het my Howa geen probleme met soiets nie. PMP ammunisie het wel die priem van die slagdoppe veroorsaak. Die probleem is by die baie hoë druk wat die 55 FMJBT genereer - seker meer vir 5.56 AR gewere bedoel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by Arnold »

Spandeer die paar rand en gaan bos :)

Dit gaan help dat jy nie beperk word tot die gebruik van sekere primers nie en die 223 kan skiet teen die drukvlakke wat hy behoort te kan hanteer (en verby >:D )

Ek is nie 'n dag spyt dat ek dit laat doen het nie, alhoewel ek 'n Remington aksie het. Die Tikka wat ek gehad het het egter nie die probleem gehad nie.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by Lategan1 »

Ek was voorheen deel van gesprek hieroor met myne - Rem700 - wat dieselfde simptome getoon het.

Na afloop van my huiswerk oor die uitskieters en gewysigde tegnieke op die ander draad, deel ek graag.

Die kaliber baie sensitief vir kopspasie/headspace veranderlike. My nuwe skouer terugdruk stelling is 0.0005(ja) en dit het die voorkoms van my slagdoppe verander.

Behalwe dat die kratervorming feitlik weg is, is my slagdop se kante nou mooi rond na vuur. Ek skiet 55gr @ 3250vps.

My voorstel: verseker eers alle doplengtes tot by ogief/ headspace is konstant en die minimum. Besluit daarna of jy werklik ‘n bus behoefte het.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Mon Aug 21, 2023 2:34 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by Capt. Yoda »

Eight, Bush net die ding. Gaan n paar honderd rand wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by Eight »

Ja kyk ek hou nie van sukkel nie. Die geweer gaan na Andries as ek hom kry. Gaan laat draad sny vir silencer, sluitnokke laat lap en laat bush. Lategan ek hoor jou oor die kopspasie. Vir my om n die op te stel om konstant 0.0005 terug te druk en dit herhaaldelik betroubaar elke keer te doen gaan maar sukkel.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by tripodmvr »

Koop 'n Lee Collet Neck Die en die kopspasie is nie 'n probleem nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
cjmitch
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Mon Aug 21, 2023 1:48 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by cjmitch »

Middag almal, ek kom nou hier van die kant af in.

Ek sukkel self met my 223 wat die primer pierce, CCI400.

Julle praat van Bushing, wat is dit en kan enige geweersmid my help?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by tripodmvr »

Die Howa gewere het meestal slagpenne wat vir grootkaliber gewere gebruik word en dit pas baie los in die gat deur die slotkop. Die slagdop vloei onder druk in die gaping in en veroorsaak dat die metaal 'n kraak in kry en dan 'n gedeelte uitblaas. Die geweersmid sal masjineringswerk doen om 'n nouerpassende bussie te maak wat die gaping kleiner maak. Gaan loer na jou geweer se slotkop en dit sal duideliker word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by tripodmvr »

Vergeet om te noem dat jou drukke dalk hoog is en dit kan bydra tot die priemgevalle. Die gebruik van die CCI450 (Magnum) slagdop kan help, omdat dit van dikker materiaal gemaak is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by Eight »

tripodmvr wrote: Mon Aug 21, 2023 2:27 pm Koop 'n Lee Collet Neck Die en die kopspasie is nie 'n probleem nie.
Ek gebruik reeds die dies en beplan hom vir die 223 ook. Maar daar kom mos maar n tyd waar die doppe te veel uitsit en moet terug gedruk word met n bump die.

Wat ag julle as maks druk vir die 223? 55K psi of hoër?
cjmitch
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Mon Aug 21, 2023 1:48 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by cjmitch »

tripodmvr wrote: Mon Aug 21, 2023 4:01 pm Die Howa gewere het meestal slagpenne wat vir grootkaliber gewere gebruik word en dit pas baie los in die gat deur die slotkop. Die slagdop vloei onder druk in die gaping in en veroorsaak dat die metaal 'n kraak in kry en dan 'n gedeelte uitblaas. Die geweersmid sal masjineringswerk doen om 'n nouerpassende bussie te maak wat die gaping kleiner maak. Gaan loer na jou geweer se slotkop en dit sal duideliker word.
Dankie oom Marius, ek het n Remmington aksie op die gweer.

As ek na n 450 primer toe gaan, sal dit heel waarskynlik my druk verhoog. Sou dit dan beter wees om na Federal of Winchester primers toe te gaan wat ook effens harder is?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by tripodmvr »

Primerspecs.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by Toyrsi »

Meeste van die gewere se probleme word opgelos deur net met CCi450 te skiet. Dis nie altyd n druk probleem nie.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by Apie »

Cci400 is baie sag


Sent from my iPhone using Tapatalk
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by Blairadam »

Ek het n 6.5 CM Howa en het selfde probleem. Het dit gekry met CCI400 en S&B gekoopte patrone. Altwee doen dit. Teen minimum ladings ook
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Howa 223 Varmint slagpen probleem?

Post by Lategan1 »

Die raad wat hier gegee was, bus die ding en beweeg aan, het die spyker op die kop geslaan! Het myne na uitstel - te suinig - laat doen.

Nou amper ‘n jaar later, nooit weer ‘n probleem gehad nie, paar 100 skote later. Inteendeel, dit was in my geval, skynbaar ‘n moet. (Rem700)

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply