.375 op sportskiet....

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

.375 op sportskiet....

Post by toxicsox »

Seker maar 'n bietjie van 'n onnosele vraag omrede lede vir my gaan sê doen Toegeweide Jag maar ek het Toegewyde Sportskiet.
wat is die kaanse wat SAPS en natuurlik ook SA Hunters my sal 'n .375 lisensieer op sportskiet.
Sien, vroulief wil my een koop vir Kersfees... maar ekhet net S16 Sportskiet.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .375 op sportskiet....

Post by Frederik »

CHASA het 'n DGS buffel baan minimum kaliber 9.3
Word lid by BASA en kom skiet BASA
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: .375 op sportskiet....

Post by prohunt »

toxicsox wrote: Wed Nov 22, 2023 4:56 pm Seker maar 'n bietjie van 'n onnosele vraag omrede lede vir my gaan sê doen Toegeweide Jag maar ek het Toegewyde Sportskiet.
wat is die kaanse wat SAPS en natuurlik ook SA Hunters my sal 'n .375 lisensieer op sportskiet.
Sien, vroulief wil my een koop vir Kersfees... maar ekhet net S16 Sportskiet.
Dis geen probleem nie Toxic. Daar is 'n spesifieke afdeling vir gevaarlike wild teikens waar die minimum kaliber 'n 9.3 is. Ek het lank 'n .375 op sportskiet en jag gehad. Ek was nou wel nie by SA Jagters nie maar wel by Laeveld Jagters. Ek aanvaar SA Jagters sal seker ook so 'n afdeling vir gevaarlike wild hê? Die vereiste sal maar net wees dat jy kan motiveer dat jy hom spesifiek vir daardie afdeling benodig aangesien jou kleiner kalibers nie toelaatbaar is nie. Niks verhoed jou ook om 'n rooibok of blouwildebeesteiken met die .375 te skiet nie so al het jou vereniging nie so 'n afdeling nie kan jy hom steeds vir sportskiet motiveer. Hoop jy kom reg.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: .375 op sportskiet....

Post by toxicsox »

Dankie! Weet iemand dalk waar om ‘n kerskous te Koop wat lank genoeg is?
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: .375 op sportskiet....

Post by OosKaapJagter »

Dit is nie SA Jagters wat jou lisensiëring vir toegewyde sportskiet gaan doen nie. Jy wil net vir die SAPD oortuig dat jy en die wapen kwalifiseer daarvoor.

Sê vir die SAPD hierdie is twee sportskiet oefeninge van SA Jagters waaraan jy graag wil deelneem vir sportskiet doeleindes:
https://sahunters.co.za/wp-content/uplo ... esisie.pdf
https://sahunters.co.za/wp-content/uplo ... esisie.pdf
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: .375 op sportskiet....

Post by Koos Barnard »

Toxicsox, jy kan ook nog SA Jagters se buffelskiettabel byvoeg waar die minimum kaliber ook 9.3mm is.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: .375 op sportskiet....

Post by toxicsox »

Dankie Koos. Waardeer dit baie.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: .375 op sportskiet....

Post by OosKaapJagter »

Onthou net dat die buffelskiettabel een van die jaggebaseerde skietoefeninge is en nie een van die sportskiet tabelle nie.
https://sahunters.co.za/wp-content/uplo ... 18-Nov.pdf
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: .375 op sportskiet....

Post by Koos Barnard »

Ooskaapjagter, ja, dis waar, maar hoe meer dinge jy kan byvoeg as motivering hoe beter glo ek.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .375 op sportskiet....

Post by tripodmvr »

Doen aansoek as geleentheidsjagter en noem dat jy moontlik geleentheid het om elandbul of buffel te skiet. Noem dat jy toegewyde sportskutstatus het en dat jy met SA Jagters se skiete kan oefen met die geweer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: .375 op sportskiet....

Post by 3006 »

Waar kry ek ook so n vrou?
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: .375 op sportskiet....

Post by ZKK »

3006 wrote: Thu Nov 23, 2023 9:08 am Waar kry ek ook so n vrou?
Sy gaan jou geweer se prys met 3 maal as sy haar kombuis kaste kies...............
Post Reply