Page 1 of 1
Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 8:46 am
by pwdejager
Goeie dag almal
Winelands Precision is n nuwe aanlyn winkel en ons is gelee in Somerset Wes, Wes Kaap.
Ons doel is om die jagters en sport skuts te voorsien van premier produkte.
www.winelandsprecision.co.za
Ons is trots om Veldt Skoonmaak Produkte te verskaf, en het saam met Nico Harris (Forum Lid) sy Coldbore Zero skoonmaak tegniek en middels in 'n pakket beskikbaar.
Besoek ons gerus vir die skoonmaak metode en produkte:
https://www.winelandsprecision.co.za/pr ... ng-package
Veldt-Marksman-OrangeSilver-No-BG.png
Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 9:56 am
by Koos Barnard
Dagsê
Ek gebruik Veldt se produkte al die afgelope 4 maande en kan getuig dat hulle skoonmaakmiddels uiters goed werk, ek is baie beïndruk! Die Veldtreeks bestaan uit altesaam meer as 20 produkte wat solvents, special solvents, olies, rimfire cleaner, haelgeweer-skoonmaakmiddel, dopskoonmaakmiddels, ensovoorts, insluit. Die diens van die mense is baie goed en wat meer is, is dat Veldt baie goed geprys is. Terloops, ek werk nie vir Winelands Precision nie en het niks met hulle te doen nie. Veldtprodukte werk maar net vir my goed, daarom dat ek dit hier noem. Koop gerus hierdie skoonmaakgoed.
Mooi loop
Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 10:16 am
by pwdejager
Dankie Koos (ja ek kan beaam ek ken Koos glad nie)
Hulle produkte is inderdaad tops, geen rede om ingevoerde produkte te koop as ons tuis sulke kwaliteit produkte teen sulke billike pryse kan kry nie.
Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 10:43 am
by Capt. Yoda
Silver clean is baie clean
Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 1:02 pm
by JF123
So, mens moet betaal om die skoonmaak metode te lees?
Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 1:23 pm
by pwdejager
Hahaha, nee.
As jy die foto oopmaak kan jy die hele metode lees. Verniet ..... For Free.
Jy moet betaal om al die skoonmaak produkte wat genoem word in die metode te kry

Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 1:32 pm
by Gian_dP
Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 1:38 pm
by Lategan1
JF123 wrote: Tue Apr 09, 2024 1:02 pm
So, mens moet betaal om die skoonmaak metode te lees?
Ek moes ook weer kies alvorens dit oopmaak!
Probeer weer.
Beste.
Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 1:48 pm
by pwdejager
Hier is die metode:
NH Method.jpeg
Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 1:59 pm
by Koos Barnard
Perry kontak my as jy wil (072-281-6304). Die Engels in daai brosjure lees nie goed nie en is taalkundig nie korrek nie. Dit skep nie 'n goeie indruk nie.
Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 2:08 pm
by pwdejager
Dankie Koos, ek kontak jou. British nie me sterk punt nie

Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 3:00 pm
by Lategan1
pwdejager wrote: Tue Apr 09, 2024 2:08 pm
Dankie Koos, ek kontak jou. British nie me sterk punt nie
Mooi aanbod van onse Koos, benut dit! Die Brits verdien ook om korrek te wees.
Sterkte met julle besigheid.
Beste.
Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Tue Apr 09, 2024 4:46 pm
by pwdejager
Te danke aan Koos kon ek die Engels gestand doen. Baie dankie Koos.
Opgedateerde:
NH Method.jpeg
Re: Veldt: Nico Harris Cleaning Method
Posted: Wed Apr 10, 2024 7:50 am
by Capt. Yoda
I scrub the barrel until it is back to bare steel...