Bruno 223

Post Reply
Whisky17
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm

Bruno 223

Post by Whisky17 »

Goeie dag almal

Ek het n 1980 Bruno .223 wat se loop uit geskiet is, my pa het duisende skote met die geweer geskiet.

Ek het n Walther loop gekoop(1-9 twist) en die aansoek is naby aan goedkeuring. Die kolf is al redelik baie aan gewerk voordat daar besluit is om die loop te vervang, en nou kom die groot vraag. Is dit die moeite werk om die oorspronklike kolf te probeer red agv sentimentele waarde, of is dit dalk n beter opsie om die geweer heeltemal oor te bou?

Ek sal enige insette wardeer.

Baie dankie

P.S. die geweer gaan nie vir jag gebruik word nie, maar wel baan skiet/oefen, en miskien vlakvark en jakkals beheer.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3605
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Bruno 223

Post by Fanta300 »

Naand Whisky

Ek is self ‘n baie sentimentele ou. Stuur vir my ‘n foto van daai kolf. Hulle het mooi hout op daai Brno kolwe gebruik. Dalk kan ek hom vir jou red.
Fantie
0828729agtagt5
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1534
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Bruno 223

Post by Giepie »

Is die nuwe loop klaar geprofile? Gaan die loop selfde dikte wees? As die vir baan/oefen gaan 'n dikker loop dalk beter werk. Dan sal die ou kolf werk nodig hê. Jy sê daar is al baie werk op die kolf gedoen, dan sou ek sê 'n nuwe kolf sal dit weer goed doen. Soos 'n oorge-erfde knipmes op sy 4de lem en 2 de hef.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Whisky17
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm

Re: Bruno 223

Post by Whisky17 »

Die loop is toe af gekeur....
Ek wag vir my DFO om weer by die werk te wees sodat ek kan hoor wat die redes is...
Post Reply