POMP
- Dirkie
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
POMP
Goeie more manne,
Ek het asb vandag julle hulp nodig.
1 van my dompelpompe sit vas onder in n gat wat die wortels toe gegroei het,die gat is redelik diep.
As enige 1 van julle al so probleem gehad het en my dalk kan se hoe julle die probleem opgelos het sal ek dit baie wardeer.
Baie dankie.
Groete Dirkie

Ou honde loop laat...
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: POMP
Dirkie,
Op watter pyp hang jou pomp? (Galv, LDPE, ...) Het hy 'n ss kabel ook aan?
het jy 'n idee van hoe die wortels lyk?

-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: POMP
As die pomp nie aan n sterk kabel hang nie is die maar nie veel hoop nie. Indien wel kan jy probeer dit met ligte plukke deur die wortels pluk, maar as hy n klompie jare daar al hang is die wortels seker ook al baie dig.
Ek trek maar so elke 2 -3 die pomp op net om seker te maak daar is nie wortels nie, en het al die bome naby die boorgate uitgeroei. Ek moes een keer n n stamper boor kry om n mono pomp uit te trek en sommer die gat laat skoon maak, so erg was dit toegegroei. Jy kan ook n tiepe boor beitel maak wat jy in die gat laat val om die wortels af te sny. Dus te se as jy die kabels ens reeds uit het, die pomp sal dalk daar onder bly as jy hard genoeg trek.

Last edited by JK on Thu Feb 23, 2012 7:58 am, edited 1 time in total.
Johan Kriel
Okahandja
Okahandja
- Dirkie
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
Re: POMP
bs,hy hang aan die LDPE pyp.
Ek het net n gewone tou aan hom.
Kan gladnie die wortels sien nie,en die gat het ook nog bietjie toegval...so ek dink die pomp is iets van die verlede.
Hoop maar vir die beste.
Dankie vir die raad manne.
Groete
Ou honde loop laat...
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: POMP
Ek het ook soos JK gedink aan 'n lengte pyp aan 'n tou/ kabel wat jy op sy onder rand kan skerpmaak en in die gat afgooi om die wortels te sny. kan jy die pomp effens optrek?
As jy die "lem" in 2 helfdes om die pype en kabels kan kry en weer aanmekaar sweis, kan jy moontlik die wortels sny met die pomp in die gat.
Wees net versigtig dat jy nie eindig met meer goed wat in die gat vassit nie. (dit het my al oorgekom)

- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: POMP
Dirkie,
Jy s? jou pyp het klaar afgebreek?? Het dit uitgetrek by die dompelpomp??
Moenie moed opgee nie,met genoeg tyd sal jy die dompelpomp uitkry. As die tou nog vas is aan die domplepomp staan jy nog 'n goeie kans.
Kry 'n ou dik swaar staalpyp of sweis dit aanmekaar, die radius moet kleiner wees as jou "casing" in die boorgat. Maak met "grinder" die staalpyp skerp na die buitekant om die wortels te kan sny. Onthou die staalpyp moet so 500cm max wees, maar dit moet vrek swaar wees om mee te kan stamp om die wortels te sny.
Nou probeer jy die diepte bepaal van waar jou waterlevel is en waar jou dompelpomp l? in die boorgat, anders werk jy "blind". Stel 'n 3poot op bo die boorgat en laat sak jou skerp staalpyp af, wat aan 'n staaltou vas is. Dit help dat jy reguit in die gat afbeweeg en as dit vashaak, dan kan jy genoeg trek krag reguit boontoe het. Sak stadig tot hy staan en let op hoe diep jy is(hoe ver jy dink jy is van die dompelpomp. Jou pyplengte kan ook die afstand aandui)
As jou stamper gaan staan, dan lig jy hom 'n meter en laat val, so gaan jy aan tot jy jou afstand tot by die dompelpomp gekry het.
2 dinge gebeur...die dompelpomp sal dalk nog hang aan 'n paar wortels of hy val verder tot op die bodem, onthou om die tou wat nog vas is aan die dompelpom te verleng met so 2meter langer as wat jou boorgat diep is.
As jy nog ver van die dompelpomp af is, en moet baie stamp, trek die stamper uit en laat sak net groot ysterhaak met staalkabel tot op daardie afstand, 'n paar trekke sal die langwortels saam opbring.
Dit is tydsaam, hou moed en jy sal jou pomp uitkry. Gebruik ook jou bakkie se truspieel om afteloer in die gat as jy wil sien wat gaan aan onder in die gat.
Hoop jy kom reg.
Norton

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: POMP
Maak tou aan skoonma se bene vas en gooi haar in die gat af! 
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- Dirkie
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
Re: POMP
Dankie raven vir die raad. Ek sal ma bietjie stoei met die pomp. Daai plan van jou klink na n wenner!
Al wat my pla is dat die kabel en die pyp nou al af isen net aan die tou hang.
Intussen het daar nou ook al n ysterklip los gekom onder in die gat en in die werkspasie gaan le en blok nou die gat waar ek wil werk,presies wat nie moes gebeur nie.
Dalk kan ek die 308 inspan en die klip stukkend skiet

Groete Dirkie
Al wat my pla is dat die kabel en die pyp nou al af isen net aan die tou hang.
Intussen het daar nou ook al n ysterklip los gekom onder in die gat en in die werkspasie gaan le en blok nou die gat waar ek wil werk,presies wat nie moes gebeur nie.
Dalk kan ek die 308 inspan en die klip stukkend skiet
Groete Dirkie
Ou honde loop laat...
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: POMP
Maak net seker die tou waaraan die pomp hang bly deurentyd styf, anders sny jy hom ook sommer af met jou stampmes.
L? die ysterklip nou bo-op die wortels?
L? die ysterklip nou bo-op die wortels?
- Dirkie
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
Re: POMP
Die klip le bo op die wortels.
Ek was nou by die gat en ons kry dam die klip so bietjie beweeg,ma dit gaan ma n lang proses wees.
So as die tou af is,is daar geen manier hoe mens die pomp sal kan uitkry nie?
Sal maar net moet mooi werk.
Ek was nou by die gat en ons kry dam die klip so bietjie beweeg,ma dit gaan ma n lang proses wees.
So as die tou af is,is daar geen manier hoe mens die pomp sal kan uitkry nie?
Sal maar net moet mooi werk.
Ou honde loop laat...
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: POMP
Daar is steeds 'n kans, maar dit raak net al hoe moeiliker.
As die pomp onder l? sonder 'n tou en jy het al die wortels gesny en die l? bo-op, kan dit tegnies-uitdagend raak.
Waar daar 'n wil is is 'n weg.
Ek het ook nog 'n pomp wat onder in 'n gat l?. Die 1 1/4" galvanised pyp het 'n paar meter onder grondvlak afgeroes en toe val die pomp en ruk die kragkabel ook af in die proses.
Die pyp steek ook nie bo die watervlak uit nie, so ek het gedink om maar 'n kameratjie te maak sodat ek kan sien wat ek maak. ('n paar dae se "visvang" met verskeie patente het steeds nie die pomp na vore gebring nie, maar ek het nognie opgegee nie!
Sterkte
p

Ek het gedink om vir een van die IR geslote baan kameras 'n waterdigte housing te maak met 'n paar Ultrabright LED's aan en hom in die gat af te gooi. Dan kan jy "real time sien wat onder aangaan soos jy "visvang".
Wat is jou pomp werd?

Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: POMP
Dirkie.
Dirkie, ek weet nie watse tipe tou jou pomp aan hang nie, maar vir windpomp pype wat vassit in wortels gooi ek sommer 10L soutsuur in die gat in en los dan vir n week, diesel werk ook dit vat net langer en jou water proe ma na diesel die eerste ruk. Albei laat wortels vrek en dit werk gewoonlik. Ek sal dalk n stukkie van die tou in soutsuur toets om te sien hoe erg die suur dit brand. Ek dink al die sny goete wat n man kan gebruik maak die risiko dat jy jou tou ga afsny baie groot. Sterkte.
Dirkie, ek weet nie watse tipe tou jou pomp aan hang nie, maar vir windpomp pype wat vassit in wortels gooi ek sommer 10L soutsuur in die gat in en los dan vir n week, diesel werk ook dit vat net langer en jou water proe ma na diesel die eerste ruk. Albei laat wortels vrek en dit werk gewoonlik. Ek sal dalk n stukkie van die tou in soutsuur toets om te sien hoe erg die suur dit brand. Ek dink al die sny goete wat n man kan gebruik maak die risiko dat jy jou tou ga afsny baie groot. Sterkte.
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: POMP
Tjops,
is die idee net om die wortels dood te maak, of vreet die suur dit? wat doen soutsuur aan 'n pomp? ek weet swaelsuur sal wel stainless steel aanval.
Pieter
is die idee net om die wortels dood te maak, of vreet die suur dit? wat doen soutsuur aan 'n pomp? ek weet swaelsuur sal wel stainless steel aanval.
Pieter
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: POMP
Dirkie.
Man die hoeveelheid is nou nie n vaste formule of iets nie, ek het laas so 5L gebruik. Dis ma net om wortels vrek te maak, ek gooi sommer so teen die kante van die boorgat of dat diesel of suur reg rondom kan werk. As jy nou die goed in die gat gegooi het moet jy ma wag tot wortels vrek en begin uitdroog. Die suur werk beter, want hy brand hul vinnig dood en vreet hul ook nog so bietjie. Die wortels gaan nie verdwyn nie maar hul raak soos koffie moer en los dan hopelik die pomp sodat hy net makliker uitkom. Dit hang ook nou af van hoe duk die wortels is hoe dukker hoe meer suur.
Pieter. Ek het aangeneem die pomp is nog onder die water so die suur behoort niks te maak nie, as hy bokant water is sal hy seker bietjie vreet, maar met al daai wortels bo die pomp is die kanse maar skraal die suur kom tot by die pomp. Ek wil net nie he Dirkie moet my kom soek as daai suur die tou afvreet nie.
Dirkie as die wortels baie dig is sal jy dalk die proses moet herhaal, want die suur gaan net die boonste klomp vreet en jou casing gaan lekker roes.

Middag lamtjop.
Ons het nog so bietjie gestoei met die pomp,ma kon hom nie uitkry nie. Het toe maar besluit om diesel in die gat te gooi.
Is nou by die 2de week wat die diesel in die gat is en het al 2keer diesel afgegooi ma nog niks. Sal seker nou die suur moet probeer?