.223 Rem Akkurate flyers?

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

.223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Menere.

Ek skiet ook .223 en weet van sukkel met.

Vraag is, verkies hy platgat of bootstert koeëls?
Is daar verskil, dalk is platgatte baie makliker in die .223? Dalk verkies die bootsterte warm lading in hierdie kaliber?
Ek dink die dravlak waarna Alwin verwys relatief tot die ander faktore, het wel betrekking, dalk meer as wat mens toegee.

Enige iemand met ervaring, dalk stuur dit hierdie gesprek in ‘n rigting.

Ek het net te veel al gehoor en gelees oor herlaaiers wat lank moet karring om sy diëet te bepaal. Dalk is daar ‘n goeie riglyn waar om te begin wat ook hier kan help.

Beste.

Edit[]
Oorspronklike draad/OP hier geplaas. My plasings bymekaar gebring vir gerief en verdere bespreking.

Wat veroorsaak dat die .223 skote so uitgooi?

viewtopic.php?t=88272
Last edited by Lategan1 on Sat Jul 13, 2024 1:04 am, edited 6 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Beste.

@JGZ.

Synde ek self besig is met myne, my uitskieters is sigbaar op 200 en 300m. Ek wil alles doen alvorens ek doppe hoef te skil.

Jy het goeie meganiese raad hier ontvang. Ek sou wel graag @Hercules Louw se opinie wil hoor.

Na aanleiding van jou vraag. Ek het die afgelope naweek werk gemaak daarvan om beter op hoogte te kom en baie opgelees. Eerstens, jou uitskieters is wyd, moontlik deels meganiese probleem soos manne hier uitlig. Jy is nou in die situasie dat jy ook nie wil gesig verloor by jou pa nie!!

Die volgende staan uit en sluit aan by my vorige plasing.

Die 55gr VMax het soms sy uitdagings in die .223, ongeag loopdraai. Soos ander hier aandui, die 40/50/53gr pille loop maklik en akkuraat. Dit beteken nie die 55gr vmax kan nie, sy dieët verg soms meer aandag.

Verskeie skrywes en ander se ervaring het die volgende uitgewys, en dit hou vir my water. Gemene deler, goeie praktyk en tegniek bekend aan herlaaiers.

Die .223 met sy klein dop en nek deursnee, is sensitief vir
en verg:
1) Baie Konsekwente nekspanning van dop tot dop
2) Wisselende Interne dopvolume het groot effek op wisselende druk en groepe. Doppe moet dus geklas word vir meer eenvormige dopvolume en gevolglik uitstaande groepering.
3) Die .223 hou van “neck sizing en gepaardgaande konsentrisiteit” Anders ‘n fyn kopspasie stelling.

My 2c sou dus wees, alvorens jy klomp geld agterna gooi, kontroleer die eenvoudige meganiese aspekte soos ander hier uitgelig het en dan soos hier gelys.

Vir my moet ‘n .223 ten minste 10-15mm groep kan handhaaf, dag in en uit. Ek skiet makoue tot op 400m, konstante 1/2 MOA ‘n vereiste.

Ek het heelwat 53gr nog in onbruik en is na dese lus om oor te skakel.

Ek leer saam.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Wed Jul 10, 2024 10:54 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

JGZ wrote: ↑
“Baie dankie vir almal se hulp. 50gr vmax gelaai en gaan toets sommer op die 25.7gr lading. Die geweertjie skiet nou n koek hou. Die korter puntjies skiet defnitief baie beter in die geweertjie”


Bakgat, die gemene deler des moontlik dan kort dravlakke, soos JD ook uitwys.

Interessantheidshalwe ter ondersteuning hiervan. Een skrywer het genoem in sy drie .223 gewere, verskillende loopdraaie, was die 40gr met min moeite vinnig die akkuraatste. Hy merk verder op dat met die kort TPL, die koeël in al drie reeds die dopnek verlaat het toe die loopgroewe/lands getref is.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Wed Jul 10, 2024 9:56 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Kyk na die ES, geen wonder hy kan so lekker flyers gooi nie! Proporsioneel tot die lading is dit beduidend.
IMG_2956.jpeg
Komplimente van Accurateshooter.

Beste.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Ek nog steeds soekende vir ‘n bevredigende antwoord om die .223 “flyer” probleem uit te skakel, ter aansluiting.

Bo en behalwe alles reeds hier genoem, het ek op vele leesstof afgekom oor hoekom klein doppie patrone hierdie verskynsel so sterk uitlig. (22.250 word ook gereeld genoem) Sonder om in al die detail te gaan, is my benadering dat ek fokus op dit wat ek kan beheer. Wat wel uitstaan oor die “onbeheerbare” in .223 is die belangrikheid van konstante en eweredige loopgroewe, veral eweredige gelyke eerste kontak met die groewe, konstante koeël ogiewe, verskil in lope se binne deursnee ens. Hierdie aspekte geld in mindere of meerdere mate vir alle kalibers. (Geometriese akkuraatheid)

Die 55gr koeëllengte en stabiliteit kan wel moontlik ‘n probleem wees in sommige 1:12 lope, maar nie in die vinniger lope nie. Ek laat dit dus eers buite rekening.

Die .223 is nie werklik bekend vir ernstige “doughnuts” nie. Die dop kan ligte graad van metaalvloei na sy kort nek ervaar.
Hulle is ook bekend vir hul kort kamers, daarom word oor die algemeen diep “geseat”, ongeag stadige of vinnige lope en of ligte of swaarder grein koeëls. Die verskynsel verdwyn skynbaar nie by die .223’s wat wel langer kamers het nie, soos lede ook hier uitgelig het.
Baie .223 patrone word gekrimp en dit moet in gedagte gehou word tydens herlaai.

Die ongelyke binnekant van die dopnek het skynbaar ‘n groot effek op konstante nekspanning en vrylaat van die koeël. Die ligte voorkoms van doughnuts en ou krimpe se interne verdikkings, vererger dit.

Die oplossing voorgestel is om ‘n “reamer” te gebruik en daardeur te verseker dat die dopnek intern netjies silindervormig skoongesny is. Ek kon voorheen voel dat my doppe/koeëls wel nie 100% eweredig “seat” in die verskillende doppe nie.

Die toets vir dopnekke se defekte, is die bekende praktyk. Neem geskiete dop uit jou geweer, hou vertikaal en laat sak ‘n koeël met swaartekrag in, of liggies indruk tot verby nek/skouer aansluiting.

Indien die koeêl by die skouer/nekaansluiting vassteek, weet ons dit is doughnuts.
Indien ‘n koeël op wisselende hoogtes in die doppe vassteek of effe strammer ingaan bokant die nek/skoueraansluiting, illustreer dit die onkonsekwente silindervormigheid van die nekke. Laat sak die koeêl van verskillende hoogtes in om te toets. Bv. 3mm val, 6mm val.

Hou in gedagte dat met 2.221” TPL die volgende koeëls die skouer/nek aansluiting kruis:
Sierra 55gr Varminter, V-Max 55 en 53gr.
Met 2.26” TPl stop die korter Sierra by die aansluiting.

Ek het uitgegooide S&B geskiete doppe geneem en getoets.
Het ‘n Forster reamer gekoop en skoongesny. Die voorkoms is presies soos per my info. Sien foto’s met die blink waar die reamer gesny het. (Minder sigbaar op foto as werklik). Let op, elke dop het ‘n blink ring waar die gevreesde donut voorkom, die interne krimp verdikkings by die bek is gesny en dan ook op wisselende hoogtes in onderskeie doppe. Die koeëltoets val nou vry in.

My volgende stap is om al 150 doppe te anneal, met reamer te sny en op 200 en 300m baan te toets. [eers ream dan anneal]

Enige iemand met soortgelyke ervaring of wat ook so toets sal doen? Kan dalk lig werp op baie manne se uitskieters.
Beste.
IMG_2957.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Luan, ek is deur alles.

Vollengte, Lee LCND necksize alleenlik, Redding Body + LCND, Anneal, Timney sneller, oorgepak en in ander kolf, en laastens exp. mandrel afsonderlik en saam met Lee LCND. Alle bietjies het gehelp, nie uitgeskakel nie. Ook ander koeëls, bv. 55gr Varmageddon, verskynsel steeds daar. My ES/SD 20-40 is swakker wanneer alleenlik neck size.

Die exp. mandrel elimineer nie die interne verdikkings voldoende nie. Daarom reamer.

So nou reamer, dan kyk ek. Ek het 200 Lapua wat ek nie sal sny alvorens hulle almal geskiet is nie. Punt is volgens ander se opinie en ervaring, doen ook dieselfde.

Ek probeer altyd om nie doppe te skil of ream nie. Ek wil skiet, nie herlaai nie! Ongelukkig op makoue en konstante afstande 300-400m, is die voorkoms in hoofsaaklik elevasie, ‘n ergernis.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

@ Arnold
“die Federal 205 Match slagdoppies my groepe laat krimp het instede van CCI450 ”

Die F205M kom sterk deur as die gunsteling by baie. Sy dikte is sterk eienskap. CCI450 staan weer sterk met balletjiepoeier, bv. CFE223.

@ CaptYoda
Ek op jou bladsy en het dit probeer vermy. Na 4-jaar se irritasie stap ek nou die volle pad! Dit sal hopelik help dat ek met my Lapua doppe direk na “neck reamer” kan oorgaan en sodoende die ketting van baie groepe en verstellings uitskakel. Tot dusver het ek die gebruik van die Lapua doppe uitgestel omrede ek nie enige wil verloor in ‘n koringland of veldskiet nie. Sal beperk tot bankskiet.

Jou Forster werk mooi met die reamer.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Rudi Fischer wrote: ↑
“Dagse Julle.

Jammer ek val nou so met die deur in die huis in.

Ek het nou die dag n klomp S&B doppe in 223 gekry en gedink om hulle te verander na 6x45.

Uitgeglooi en deur my 6x45 FL die gedruk en almal van hulle het daai doughnut.

Nog nooit die probleem op Rem of Sako doppe gehad nie.

Wonder nou of dit n S&B issue is.”


Rudi, was ook aanvanklik my aanname. As jy hierdie draad deurlees en dit wat ek opgelees het elders, het ek besef die probleem strek wyer.

Ek sal hopelik die antwoord oor tyd kry.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

@ Arnold,

Ladder en later ook bevestig deur Driepoot en QL ek reg onthou. My groepe is tipies tussen 0.55 - 0.75 MOA saam met die uitskieter. Ek wil konstant tussen 0.35 - 0.55 wees. Ek kry nou en dan ook 0.8 - 1.1 MOA. Op 300-400m afstande mis jy dan ‘n Kolgans en Wildemakou heeltemal!

TPL verstellings gedoen en dit nou oorgedoen vir ingeval iets verander of ek dalk te grof was in my inkremente. Het 0.2mm vanuit groewe begin ek reg onthou.

Jip, ek gebruik dus fyn verstellings.

Ek het jou eiesoortige - dwarsgat 😉 - toets hiermee mooi bestudeer tydens jou vorige plasing. Dink dit kan die wydte van ‘n band dalk mooi uitlig, veral by die klein doppe. Ek volg jou navorsing verder!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Apie wrote: ↑
“Lategan

Die moeilikheid met 223 vs ander klein kaliber geweertjies is die 223 se nek is baie kort. Dopvolume is ook baie minder as ‘n 22-250bv. Dus is lae ES ‘n ding wat jy gaan sukkel mee.

Donuts gaan jy kry na 4-5skote per dop.

Al hoekom ouens die nie agterkom nie is omdat die kortgat 53-55gr nie tot in die donut seat nie.

Ek het al ‘n tussen 3-4000skote met 223 geskiet die laaste paar jaar en kon nog nooit ‘n ES van onder 15fps konstant regkry nie.
Primers/kruite/koeëls/doppe/nekke geskik en ook verskillende kamers gesny.
Ek laai my 223 ook met my FX120 en Autotrickler wat 0.02gr akkuraat is. Maak geen verskil vs ‘n Chargemaster nie.

Volgens my kan 223 en lae ES kan nie in dieselfde sin genoem word nie(net soos 22-250AI en lang loopleeftyd)
Waardevolle info, ook jou akkurate laai is NB, dankie Apie. Bly jy bevestig weer die kort dopnek.”


Ek gaan voort met my reamer-plan! Kom ons kyk.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

@JGZ, ek plaas hier vir bymekaar hou.

Met komplimente van Handloader Magazine. Vrygestel 8/2023, goeie praktiese leesstof, geld nie net vir .223 nie.

Iemand met “science calc” dalk Winchester dop se Std Dev kontroleer, ek sien berekeningsfout by die maks. dopnek wanddikte.

Paar goed staan vir my uit, dalk ‘n onderrok wat uithang?

https://www.handloadermagazine.com/the- ... 3-accuracy

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Terugvoer.

Geweer: Rem mod 700 + Tim sneller, gepak + pilare,
Nikon 3-12x40,
55gr Sierra Varminter #1360 platbasis,
S321 25.1gr @ 3260 vps.
Groepe geskiet sonder Magneto.

My laaste 6 groepe oor 2 dae en verskillende weer is konsekwent en redelik goed. Geen opmerklike uitskieters soos voorheen nie. Laaste groepe is 4-skoot met korter TPL.

Groepe wissel 0.46 - 0.68MOA, 100 en 200m,
S&B doppe grof geklas, “anneal” vorige herlaai,
Opeenvolgende konsekwente groepe in TPL wat verkort met 0.2mm tot 46mm,
My geweer verkies korter TPL, sien teikens.
Bogemelde resultate nog nooit so konsekwent behaal nie.

Doppe liggies gedoen met “Fullsize die”, skouers slegs 0.0005” gedruk. SONDER DECAPPING ROD,
Druk nekke deur Exp mandrel .222,
Nekke Lee Collet Neck Die,
Ligte nekspanning/greep, kan koeël net net nie met hand indruk nie,
Koeëls het mooi eweredig en egalig ingepers na die exp mandrel proses + LCND.

Volgende stappe is reeds mee begin: “neck reamer” + nekke skil op een lot.

Ek het gevorder, nog ruimte vir beter. My mikpunt is om uiteindelik slegs die LCND te gebruik en sporadies die vollengte matrys, vir gerief!

Beste.

1ste teiken is 3x groepe vir 100, 200 & 300 teleskoop stelling.
IMG_2958.jpeg
IMG_2959.jpeg
IMG_2960.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Proses van eliminasie en konsekwent wees.

@Yodo, Ek fokus nou op die nek en skouer voorbereiding, niks word skeefgedruk nie, anneal deel van proses. Ek hoor duidelik jou gedagte hieromtrent. Ladingontwikkeling beste van die haelgeweer verspreiding, stokoud. Tripod se PMP 55gr voorbeeld is wel besonders swak, maar moontlik tipies van onstabiele lang 55gr.

Daar is vordering, maar nie wat mens sal verwag dit moet wees met ligte kaliber nie. Sal terugvoer gee, het reeds moontlike uitskieters. Proses herhaal ter bevestiging.

@Yodo: Het reeds grotendeels jou goeie voorstel gedoen en sal afrond.

Ek herhaal, net so gatvol ek etlike jare al is met die wisselvalligheid van hierdie kaliber, net so ook vir my omvattende skrywes! Hopelik neem dit ander saam op die pad na suksesvolle ontwikkeling.

@ Arnold se groep is uitstaande gemeet teen die tipiese .223 standaard. Nou moet dit net konsekwent kan gebeur. Die enkele effe hoër koeël, is slegs 25mm hoog op 400m.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Apie wrote: ↑
“Pasop ook vir nekke te dun skil in ‘n fabrieks kamer.

As jou dop nek te veel expand in die kamer en jy moet hom baie terugdruk met die resizing proses sal dit runout veroorsaak(got the t shirt)”


Dankie Apie.

Baie sensitief vir wisselende dopnek wanddiktes met sy kort nekkie. Beperkende faktor soos jy noem, neck clearance. Juis waarmee ek nou besig is.

Onthou die probleem kom voor in 1:12 tot 1:9 lope. Êrens is daar ‘n generiese probleem. Jy het voorheen genoem oor die kort- nek en keël. Die ooglopende antwoord gebasseer op algemene ervaring hier en elders genoem, skiet korter en ligter koeëls. Waar staan die 1:9 en 1:8 lope met swaarder koeëls? Die dopnek is nie langer vir swaarder koeëls nie.

Wil juis ‘n T-shirt aantrek, darem met nie-jammerkry doppe!

Daar is ‘n sterk denkskool wat glo dit is ‘n 0-200m geweer. Dalk korrek in die historiese konteks, bv. ook in wind. Vraag is dan, hoekom beter BC koeëls en vinniger lope vir swaarder koeëls ontwerp indien die geweer nie inherent akkuraat is vir langer afstande nie?

Dalk met fokus op AR mark?

Andersins is dit heerlike geweertjie om te skiet.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Die onderwerp is “massa produksie gewere van die rak af” …. presisie gewere met custom dit en dat is iets anders.

Ek is deeglik bewus van die onderskeie aanwendings, dit is juis waar ek o.a. oplossings soek vir hierdie wye probleem.
Sonder “overload” van info, daar is niks of min wat ek in my omvattende soeke na info, studie? … gevind het wat nie strook met wat ons lede op hierdie onderwerp geplaas het of wat ek self ervaar nie. My soeke is vir die voor die handliggende of dan generiese antwoord, nie slegs simptone nie.

My verwysing na die historiese konteks. Dit is nog paar treë terug, begin by 1957, “army issue 5.56 NATO met lope 1:14, 1:12, 1:7 en 55/62gr tumbling bullets” voor die kaliber in die 80’s siviel vlam gevat het as jaggeweer en latere meer presisie aanwending. Ek stel die 0-200m nie as feit nie, maar bevraagteken dit juis met ‘n motivering. Lees mooi met 8x40 fokus ;) Die voog .222 het sekerlik gedurende hierdie tydperk die ver skiet gedoen, dit betwyfel ek geensins nie, want ek weet nie!

Ek het my afleidings, sal my beter gevolgtrekkings plaas sodra ek dit binne redelike twyfel met kontrole bevestig.

Wees deel van die soeke en spaar die boodskapper…

Wat ek wel kan uitlig want dit tref my;
Die woorde “inherently accurate” ONTBREEK grotendeels en word nie algemeen gebruik nie, teenoor “can be accurate”.

Lees net 3 sinne oor o.a.d. .308, dan staan daar “inherently accurate”.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Fri Jul 12, 2024 10:43 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Jip, ek bevraagteken die motief en daardeur probeer weerlê ek die 0-200m denke.

Ek glo nie vervaardigers sal iets ontwerp en vervaardig as dit nie kan werk nie. Beteken wel ook nie dit is uitstaande nie! Ek is eens met jou vraag. Dalk lees dit nou duideliker.

Let wel, die nekkie bly kort!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

@Luan

1) ek probeer by my bestaande praktyk hou, daarvandaan wysig, meet en verander soos aangaan. Hoekom, want ek wil in beginsel niks meer voorbereiding doen as met my ander kalibers nie. Hierdie soektog neem my wel soontoe.

2) H2O geklas nee, grof geklas volgens gewig ja. Sien die uiterste verskille in dopgewigte van onderskeie vervaardigers op die vroeër geplaasde tabel. [ek verstaan die verskil tussen H2O en grein geklas, net nie my praktyk nie, sal ten einde laaste oorweeg indien onsuksesvol]

3) @ Tripod, ek verstaan nie, sien jou eie voorbeeld op node? Net die insette van al die .223 skieters op hierdie draad illustreer reeds die baie meer algemene probleem as wat ons besef.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Jip. [verw. S&B doppe] Maar soos jy op hierdie draad sien asook my inligting elders, is die uitskieter - dan bedoel ons drasties - in mindere en meerdere mate van toepassing op almal. Daarom o.a. die soeke na die eintlike probleem.

Ek skiet ook 200/PMP, dieselfde.

Wanneer hierdie probleem uitgesorteer, skakel ek oor na my 200/Lapua doppe.

Jou voorstel dalk, smyt weg. :laugh: Nee, sal hulle hou vir die 0-200.

Het jy voorstel?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Verder.

A: Lengte
“I spoke with Bryan Litz, author of â€cApplied Ballistics for Long range Shootingâ€, and lead ballistician for Berger Bullets. Bryan informed me that the most critical measurement in bullet sorting for consistency is in fact the base to ogive measurement.
According to Litz, this measurement is in fact sorting the bullets for consistent Ballistic Coefficients (BC). What occurs in the bullet forming process is what determines the bullets physical ballistic qualities.”

Ek meet gevolglik 10 elk van die gewilde tipe koeëls vir die .223Rem wat ek het. Lengte “Base to datum point on ogive”. Dit het ook ‘n impak op die eenvormige dravlakke/ bearing surface. Wisselende dravlakke, gevolglike spoedverskille lewer wisselende elevasie.

Varminter & Match:
55gr Sierra Varminter #1360 (22.250 koeël)
Tipiese meting: 0.3085”
ES: 0.003”

55gr Sierra Blitzking #1455
Meet: 0.380
ES: 0.0065

55gr Hornady V-Max
Meet: 0.400
ES: 0.0025

53gr Horn V-Max (gunsteling)
Meet: 0.353
ES: 0.002

77gr Sierra Tipped MK (gunsteling)
Meet: 0.5775
ES: 0.0015

[]
50gr Sierra Varminter #1330 (22.250 koeël)
Meet: 0.273”
ES: 0.0035

[]
55gr Hornady Varminter SP #2266 (bulk)
BT+ cannelure.
Meet: 0.352
ES gr: 0.0025
ES lengte: 0.004

Jag:
55gr Sako Gamehead
Meet: 0.309
ES: 0.0085

60gr Nosler Partition (gunsteling)
Meet: 0.4135
ES: 0.009

Let op die onderskeie ES.

B: Ogief profiel/vorm
Die eenvormige profiel van die ogief, lengte en omtrek/deursnee, gemeet op verskillende indekspunte, is ook van belang. Verwys hier na ‘n konstante TPL, konsekwente spring/kontak na die loopgroewe. Ene Bob Green het ‘n spesiale “comparator + index” met akkurate meting tot 0.0001. Skynbaar nie een vir die .223 nie. Lees graag.

https://greensrifles.com/new-product-page

Die 0-200yard .223 jaggeweer denkskool se siening oor die beperkte akkuraatheid begin hier deels uitspeel as mens kyk na die swakker ES koeël metings. Mens kan aanvaar 40 jaar gelede se ES verskille was dalk nog groter.

Aangehegte info is redelik bekend onder sekere presisie skuts en geweersmede vir alle kalibers. Meningsverskille is algemeen.

Sover is die aanduiding, ook volgens lede hier, dat die .223 kieskeurig is of kan wees. Die eenvormige geometriese kwaliteite van die loopgroewe, vorm, konsentrisiteit, koeël kontakpunt met groewe ens. tesame met die twee gemelde eienskappe bo genoem, blyk meer/veral krities te wees vir kleiner kalibers se akkuraatheid op langer afstande. Absolute eenvormige dop voorbereiding, nekspanning, nekwand diktes, staan sentraal saam met die “BBB”.

Hierdie verklaar dalk deels hoekom sekere 55gr koeëls ook nie goed (of moeilik) groepeer in ‘n vinnige 1:9 loop nie. (Ons aanvaar die herlaaier se goeie praktyk is in plek tesame met die beste doppe) Die kombinasie van die onderskeie goeie kwaliteite van die koeël en die spesifieke geweer se binnewerke, blyk veral ‘n vereiste te wees in die .223. Kombineer dit met sy tipiese kort keël,[neck & throat] kort TPL en “donuts”, dan verklaar dit waarskynlik die grootste deel van die .223 uitskieters/flyers.

Bietjie baie geluk ook benodig of finansies vir ‘n “custom build”.

Sou graag ons geweersmede en tegniese span se insig hieroor wil hoor.

My toetse gaan voort.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Wildgeese wrote:
“JGZ skiet jou wapen ñ " clover leaf "
JGZ:
My pa se geweertjie skiet nou mooi, ek dink dit kan nog beter. Nog nie weer kans gehad om te werk aan die lading nie.”


Môre,

Sodra ek klaar is met 55gr en oortuig is van volhoubare verbetering, begin ek met my 53gr V-Max ter vergelyking en aansluiting by JGZ. (Ek het 100de 55gr, so hulle moet eers werk!)

Sal groepe en kommentaar plaas.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Terugvoer, in my geweer.

Na al die reën die laaste maand, kon ek nie langer uitstel nie. Gister gaan skiet in 25-30km wind feitlik reg van voor. Jammerlik moes ek dus op 100 i.p.v. 200m skiet. Onder omstandighede verbasend goed gegaan.

Evaluasie suksesvol: Ja, afgehandel.
Elevasie uitgeskakel: Nee, maar 25-33% beter sedert aanvang. Sien gister se teikens.
Sukses van nekke skil buite en binne: 25 - 33% verbetering.
3-skoot groepe algeheel beter: Ja, beduidend, sien onderskeie konstante MOA.
5-skoot groepe algeheel beter: Ja, met steeds enkele swakkelinge.
Algehele konsekwentheid en verbetering van die swak uitskieters het mooi verbeter. (bv. 1.6 vs 1.2 MOA, 1.1 vs 0.8 ens.)
Capt Yodo versoek: Suksesvol, ma nie soos hy wou sien nie!
TPL: Kort is beter, soos iemand ook aangedui het.
Gelaaide patrone geweeg: ES van 4 stelle: 0.9 - 1.7gr.
Doppe anneal: Ja
Inside neck reamer: Ja
Outside neck turn: Ja
Nekwand dikte verskil: <0.001”
Neck clearance: 0.009”
Nekspanning: +- 0.0025-0.0035”
S321 akkuraat geweeg tot +_0.03gr.
Slagdop: Fiochi


My gevolgtrekking:
Konstante egalige en konsekwente nekspanning is krities met hierdie klein kaliber kortnek.
Korter/kort TPL beperk bes moontlik die impak van swak geometriese kwaliteit binne die geweer, bv. groewe.
My ervaring strook met my navorsing en lede se insette hier, tesame met my aanvullende info voorheen hier genoem.
Die .223 is nie noodwendig maklik ‘n akkurate geweer vir >250m nie. Benodig geluk, baie ontwikkeling en goeie laaitegniek.
Party 5-skoot groepe toon steeds duidelik die effe vertikale en vervolgens nie oorweldigend voldoende vir my behoefte op 300-400m nie.
Semi volmatrys se beter ES en groepe is weer bevestig.
[] Opmerklik hoe mooi skerp my skouer/romp se hoeke vorm met die fyn kopspasie stelling.

My plan:
Ruimte vir verbetering nou bes moontlik met my Lapua-doppe en V-Max 55 & 53 gr.
Groep #3 se tegniek sal ek eers oordra sonder die skil van dopnekke buite en binne.
My ideaal sal wees slegs semi volmatrys .0005 kopspasie + LCND.
Indien nie werklik beter as bogemelde evaluasie met S&B doppe nie, sal ek skil buite & binne en Exp. mandrel ook gebruik. Die bewyse spreek vanself en sal ‘n herhaling van hierdie lang proses uitskakel.

Dankie vir saam leer en lees.

Foto’s volg.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Verder.

#1: Full size partially 0.0005 headspace (no exp ball)
#2: F/S 0.0005 headspace + Exp. mandrel .222
#3: F/S 0.0005 headspace + Exp. mandrel .222 + Lee LCND
#4: F/S 0.0005 headspace + LCND.

Beste.
IMG_2961.jpeg
IMG_2962.jpeg
IMG_2963.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

#4
IMG_2964.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Apie wrote: ↑
Capt. Yoda wrote:
“Hoekom FL size jy jou doppe, expand hulle en druk hulle deur n lee neck collet? Jy werk meer aan die nek as wat jy aan die lading werk
Stem

FL size en Expand en laai.

Skiet en laat weet!”


Sien beste finale resultate, inlyn met vorige.

Volgende was opmerklik:
Exp. mandrel se weerstand met drukslag wissel baie, selfs na die dopnekke binne gesny en toe geskiet is.
Na die exp mandrel gebruik is, is die druk met LCND baie meer egalig. Ek druk en draai 1/8 en druk weer.

So in my geval het die werk aan die nek baie beter resultate opgelewer. Die belangrikheid hiervan het ek min twyfel oor.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Dankie vir kommentaar. Ek ervaar niemand se skrywe as lelik nie, slegs die wind was lelik! Die wind het skote effe van R na L gedruk. Teleskoop POI gezero op boel, tydens vorige skiet.

Glo ek dit hiermee ondervang.
“Jammerlik moes ek dus op 100 i.p.v. 200m skiet. Onder omstandighede verbasend goed gegaan.”

Vir perspektief en objektief wees, sonder om te herhaal, die skrywes is oor lang tydperk wat veroorsaak dat dinge vergete raak. Dit moet saamgelees word, ongelukkig lang proses en info. Ek dit ook gedoen volgens @captYodo se versoek, die tendense van die onderskeie tegnieke, hoewel subjektief in die wind, strook grootlik met vorige resultate.

@Luan: stem saam. Onthou die oogmerk is om aan te sluit by die OP. My soeke is die generiese of tipiese rede hoekom daar so baie voorbehoude is oor sekere 55gr koeëls in die .223. Ek wil dus eers agter die kap van die byl kom, wat ek grotendeels het, oor dit wat elkeen van ons kan beheer.

@JD: Borescope paar jaar terug gedoen. Loop se kroon oorgesny.

@Arnold: dalk verwar ek jou inset met iemand anders sin. My MOA groepe staan getik op die laaste 4 teikens. Let op al 4 se 3-skoot groepe. Die beste teiken #3 oortref die ander algeheel in alle opsigte, deurlopend saam met vorige kere.

Algemeen. Iemand wat .223 skiet in wind, ken van sukkel en leer om die wind te ry!! Ek is eens, kan mogge troffe wees. In my evaluasie daarvoor toegelaat. Ek het gefokus op die vertikaal.

Die verbetering genoem is nie slegs gemeet teenoor die vorige resultate nie, maar sedert die aanvang. Die strekking is dus KONSTANT beter en is die growwe uitskieters BEPERK,(soos genoem) nie elimineer nie. Daar kom Luan se voorstel bes moontlik in saam met die BBB van presisieskiet.
Wat uitstaan is dat #3 WEEREENS die beste is, ongeag perfekte of storm toestande. Dit kan toeval wees, maar die logiese afleiding is dat deur #3 te kies vir herlaai, soos aangedui, afwyking gemeet teenoor die vorige geen wind teiken, wel sal aandui waar Dawid die wortels begrawe het!! So ja, dit sal fyn gemonitor word om te bevestig dat die expander mandrel wel die groot/grootste verskil maak tesame met die LCND.

Dankie ook aan veral @Apie. Sy insette het my in goeie rigtings gestuur.

Glo ek alles gedek.

[] @Arnold, ja vorige foto’s se 100m groepe was mooi, slegs 3-skoot groepe, maar steeds effe wisselvallig, veral sodra ek afstand rek.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply