Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Wat dink julle manne. As ek erg bergpad ry en sidewalls verloor ry ek BFGs op Splitrims met 14 ply sidewalls, en twee Super Hajaris as spaars. Hulle is indestructible, maar nie great op die oop pad nie.
Dis natuurlik ook n pyn om met n tyre lever in te klim en te patch, wanneer n snotplug kon werk.
In die verlede 8-13 jaar terug het BFGs my net goed gedien. Nooit n probleem gehad nie. Toe met die laaste Cruiser sit ek Gripmax Mud rage RT max op, en ek wil sover gaan om te sê hulle was beter as die BFs (die KO2 het kwaai gechip, en die Gripmac het minder padgeraas gehad)
Deesdae kos hulle die selfde. Wat sê julle. Enige advies of ander voorstelle?

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Ek het maxxis razr all terrain op en is baie gelukkig, bygesê ek jag nie so baie in die berg/klipveld nie. Ek het minder pap wiele as gewoonlik en vir die eerste keer ooit 'n stel bande klaar gery sonder om een te verloor. Het wel net 49000km op die stel gekry, ek ry hulle 2 bar en meestal grondpad.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Ek is nou op my 2de stel Maxxis Razr Mud Terrains op my Hilux.
Baie stil en eerste stel nou vervang op 76000km
Weet van ñ DC Cruiser wat 80000km op selfde Maxxis Mud Terrain gekry het.

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Geno
- Administrator

- Posts: 13655
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Ekself ry ook Maxxis Razr All Terrains op my Hilux waarmee ek jakkalsjag. Geen pyne nie!
Goed, beter, 6millimeter!
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2202
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Ek ry 70km baie slegte grondpad (Stella-Piet Plessis) ongeveer drie keer elke twee weke. Die pad word bitter min geskraap, en daar is baie los klippe. Ek ry bitter min in die veld.
Daar is blykbaar 'n rede waarom soveel rally-renjaers deesdae weer met smaller bande ry - hulle is 'n raps goedkoper, en die voertuie spring nie so baie nie.
Apollo's op my Hilux, en Dunlop 225/95/16 (trokbande) op my Patrol stasiewa. Ek is baie beïndruk met die trokbande. Hulle hou nie van sand nie, maar doen al die ander werk puik. Hulle gee ook beter beheer oor die voertuig op sinkplaat en in modder.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13626
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Ry niemand meet met Coopers nie?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Nee wat, Coopers is ou nuus. Die Maxxis Razr's is maar waar die dinge gebeur vandag !
BFG belowe dat die K03's nou beter gaan doen as die K02's in verskeie opsigte, maar hulle het reeds 'n groot markaandeel verloor aan Maxxis met die Razr's.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
BFG het ook ‘n lae speed rating.
BFG is gladder op ‘n nat teerpad as my Wildebees vellies op Hermanus se rotse
Sent from my iPhone using Tapatalk

Rem
- Sr. Member

- Posts: 418
- Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Ek het coopers gehad en het nou falken wildpeak ATs en hulle is ongelooflik. Ek sal se 1. Wildpeaks, 2. maxxis razr en 3. BFs
Coopers is ook fine maar vir my was hulle nogals bietjie noisey op die pad
Sent from my iPhone using Tapatalk
Coopers is ook fine maar vir my was hulle nogals bietjie noisey op die pad
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
My laaste Cooper in 2012. 32k km. Net buite Mata Mata in Namibië. Ek ry eerder n Vespa en trou met n Zulu voor ek weer aan n Cooper raakCapt. Yoda wrote:Ry niemand meet met Coopers nie?

Sent from my iPhone using Tapatalk
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Wat kos die Maxxis Razr ATs nou?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13626
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
black-sam ma jys hard op n tyre
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
So 5k stuk op 'n GD6. Hang maar af van jou wiel groottePappabeer wrote:Wat kos die Maxxis Razr ATs nou?
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Ek het dieselde oorgekom met 'n stel Cooper STT's, sal hulle nie weer raak nie.Pappabeer wrote: Sun Jan 05, 2025 3:21 pmMy laaste Cooper in 2012. 32k km. Net buite Mata Mata in Namibië. Ek ry eerder n Vespa en trou met n Zulu voor ek weer aan n Cooper raakCapt. Yoda wrote:Ry niemand meet met Coopers nie?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
‘n Sterk en taai karkas gewys en goedkoper band wat jou nie sommer sal ‘drop’ nie is die Apollo Apterra AT2
Maxxis Razr AT811 na my mening beter(beter nat pad vermoë ook) en het ‘n lawwe max spoed rating as jy haastig raak.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Maxxis Razr AT811 na my mening beter(beter nat pad vermoë ook) en het ‘n lawwe max spoed rating as jy haastig raak.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- tau
- Hero Member

- Posts: 3987
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Ek stem 100% saamApie wrote: Sun Jan 05, 2025 6:23 pm ‘n Sterk en taai karkas gewys en goedkoper band wat jou nie sommer sal ‘drop’ nie is die Apollo Apterra AT2
Ons is twee bakkies wat Kaokoland , Damaraland en vanjaar die meeste van Botswana getoer het met Apollos's. Swaar gelaai en baie 4x4 gery. Ons het geen papwiele gahad nie.
Die manne in die Kalahari en Namib ry hulle deesdae bitter baie. Die band het fisies eintlik 'n baie dun sagte sidewall, maar hy kry nie punctures nie en ry bitter sag.
Vir die prys is hulle ook 'n wenner. Ek het 'n stel op my jag cruiser en op my vrou se double cab en het nog net plesier gehad. Die bande ry ook bitter sag en sonder geraas op teer.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Ons het al ons werks Cruisers verander vanaf BFG na Gripmax. Ons ry harde kalk paaie, berg, bos en jag trips.
BFG het ons gemiddeld 25 000km gegee. Die gripmax hou nog.

Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
-
kudu375
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Apollo doen baie goed en kry goeie terugvoer regoor al die provinsies- waarde vir geld.
BF het groot aandeel verloor met die KO2, was te arrogant om die probleem te erken, en het band druk die skuld gegee 90% van die tyd as daar n probleem was. Op die KO2 het BF aanbeveel om 1 Bar bo voertuig spec te ry omrede dit n LT 3 ply karkas was. Hoe ry mens 3.5Bar met n Cruiser of Hilux op n grondpad? As jy nie jou voertuig rol nie sal jy doodgaan van inwendige bloeding!
Maar daar is verseker n groot verbetering na die KO3 toe met rygerief, padgeraas en natpad vermoë. Ook wat die manne van BF aanbeveel vir druk.
Nou mag ons maar OE voertuig druk op die bande aanbeveel, so die papgery verskoning is van die baan! Ons sal nog sien hoe lyk die kms...
Ons is in die bevooregde posisie om n redelike groot sekuriteits maatskappy se vloot te voorsien(200+ Hilux bakkies), en dit maak dit moontlik om baie goeie data te kry van alle vervaardigers onder dieselfde omstandighede. 4 jaar terug was 100% van die vloot nog op Bfs
Maxxis RAzr MT en AT, Goodyear Duratrac, Dunlop AT3G,Bf ko2, Bf HD terrain , Apollo, General LT AT3 en Roadcruza is van die bande wat getoets is.
Terrein is vanaf Burgersfort, tot Rustenburg/ Marikana en Klerksdorp op Myne en rondom Pretoria
Bf KO2 en Apollo Apterra is kop aan kop met kms (196 en 191K km) meeste teerpad 10% gronpad- Al hierdie voertuie is nou op Apollo, die cpk maak net sin.
op die Myne is die gemiddeld op 3Ply bande 40KKm , maar hier het een band kom hand opsteek , die BF HD terrain vir die eenvoudige rede: GEEN papwiel en meer as dubbel die kms van die naaste mededinger teen n +-10% duurder.
Apollo sal my eerste keuse wees vir normaal tot rof, met lekker stil ry as n bonus.
BF HD terrain sal my keuse wees vir die slegste hardste dag in en uit omgewing.( @Geno, ek dink jy moet hulle volgende probeer )
Sterkte met die keuse.

Court Schilbach
- Geno
- Administrator

- Posts: 13655
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Court, dankie vir die info! Jou opinie en ervaring beteken baie!
Sover is ek tevrede met die Maxxis bande, en op my vrou se bakkie wat nou in Desember verkoop is, was ek baie tevrede met die BFG Trail Terrains! Ons het hom verkoop toe het die bande 65,000km op, en sou ek reken hul nog gemaklik 40,000km kon gee.
Wat is die HD terrain se spoed rating, en hoeveel kilos gee hul op daardie sekuriteits-bakkies?
Prys om en by op die 265/70R17?
EDIT:
Vandat ek tyre pressure monitors in het, verloor ek ook nie bande nie. Man sien dadelik as daar fout is, en jy ruil hom voor hy papgery word en skeur. Vir my is dit die belangrikste stukkie toerusting saam die bande!
Sover is ek tevrede met die Maxxis bande, en op my vrou se bakkie wat nou in Desember verkoop is, was ek baie tevrede met die BFG Trail Terrains! Ons het hom verkoop toe het die bande 65,000km op, en sou ek reken hul nog gemaklik 40,000km kon gee.
Wat is die HD terrain se spoed rating, en hoeveel kilos gee hul op daardie sekuriteits-bakkies?
Prys om en by op die 265/70R17?
EDIT:
Vandat ek tyre pressure monitors in het, verloor ek ook nie bande nie. Man sien dadelik as daar fout is, en jy ruil hom voor hy papgery word en skeur. Vir my is dit die belangrikste stukkie toerusting saam die bande!
Goed, beter, 6millimeter!
-
kudu375
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
@Geno
Load rating 123/120 - 1400kg single application 1550kg vir die dubbelwiel.
speed rating Q - 160kmh.
Bakkie weeg 3 ton. B4 Armour
laaste meting was op 92K km met 4mm loopvlak oor.
Prys tans R6200 btw ingesluit per band op die stel in vooraad.
TPMS is verseker een van die beste gadgets vir veiligheid en geldspaar as dit by bande kom.
Load rating 123/120 - 1400kg single application 1550kg vir die dubbelwiel.
speed rating Q - 160kmh.
Bakkie weeg 3 ton. B4 Armour
laaste meting was op 92K km met 4mm loopvlak oor.
Prys tans R6200 btw ingesluit per band op die stel in vooraad.
TPMS is verseker een van die beste gadgets vir veiligheid en geldspaar as dit by bande kom.
Court Schilbach
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Geno, watter band monitors het jy in? Ek wou lankal vir my so iets aanskaf
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- Geno
- Administrator

- Posts: 13655
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Ek het die een in, en is heel tevrede.Eduard Venter wrote: Wed Jan 08, 2025 5:02 pm Geno, watter band monitors het jy in? Ek wou lankal vir my so iets aanskaf
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
https://evorevo4x4.com/products/toyota- ... d656&_ss=r

Goed, beter, 6millimeter!
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Dankie
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
Frikkie dei Rot
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Mon Oct 14, 2024 8:09 am
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Hallo Almal,
Ek is op die uitkyk om my 120 Prado se bande te vervang en die draad het regtig baie gehelp. Dankie daarvoor!
Net n vraag, op n Prado, sal julle eerder gaan vir die Maxxis of die Apollo's?
Ek wil die sterkste band moontlik opsit maar wil nie vreeslik padgeraas beleef nie. Dit is my vrou se kar en ek wil probeer vermy dat sy n papwiel moet omruil. Ek het wel tyre pressure monitors in om te help kyk.
Ons bly in die Overberg so daar word maar gereeld op nat paaie gery.
Sal julle opinie sterk waardeer!
Groetnis,
Frikkie
Ek is op die uitkyk om my 120 Prado se bande te vervang en die draad het regtig baie gehelp. Dankie daarvoor!
Net n vraag, op n Prado, sal julle eerder gaan vir die Maxxis of die Apollo's?
Ek wil die sterkste band moontlik opsit maar wil nie vreeslik padgeraas beleef nie. Dit is my vrou se kar en ek wil probeer vermy dat sy n papwiel moet omruil. Ek het wel tyre pressure monitors in om te help kyk.
Ons bly in die Overberg so daar word maar gereeld op nat paaie gery.
Sal julle opinie sterk waardeer!
Groetnis,
Frikkie
-
kudu375
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Re: Watter Bande vir n Land Cruiser 79 DC V8?
Hi Frikkie,
dit klink vir my die Apollo 3ply (in sommige gevalle ook bekend as Vredenstein) is jou antwoord.
Beter op n nat pad en verseker een van die stilste AT bande op die mark.
mooi dag