Page 1 of 1
6mm Creedmoor
Posted: Tue Feb 18, 2025 9:52 pm
by Carel Kolesky
Naand manne!Hoekom sien n mens so min skrywes oor hierdie kaliber?Paar jaar gelede hoogmode:Howa selfs ‘barreled actions’ in ons land verkoop.Nou tjoepstil-of slaap ek?Of dalk al die ander 6mm’s beskikbaar?Lig my in asb!Groetnis
Re: 6mm Creedmoor
Posted: Wed Feb 19, 2025 4:24 am
by 6.5/284Norma
Dis omdat hulle so goed skiet!
Re: 6mm Creedmoor
Posted: Wed Feb 19, 2025 8:12 am
by Arnold
Ek weet nie maar dit het geklink of van die manne met Howas 'n bietjie gesukkel het op 'n stadium. Ken nie die storie nie maar daar is definitief nie nuwe Howas wat die land ingekom het nie.
Ek hou baie van my 6 Creed en hy skiet baie mooi. Dit is 'n Walther 8 twist loop op 'n Howa aksie.
Re: 6mm Creedmoor
Posted: Wed Feb 19, 2025 9:23 am
by Hano243
Dis jammer dat Howa hulle nie meer in bring nie. Ekt gehoop Tikka sal ook erens met n ander 6mm as 243 uit kom maar niks op die horison nie.
Re: 6mm Creedmoor
Posted: Wed Feb 19, 2025 12:11 pm
by DeonvTonder
Arnold wrote: Wed Feb 19, 2025 8:12 am
Ek weet nie maar dit het geklink of van die manne met Howas 'n bietjie gesukkel het op 'n stadium. Ken nie die storie nie maar daar is definitief nie nuwe Howas wat die land ingekom het nie.
Ek hou baie van my 6 Creed en hy skiet baie mooi. Dit is 'n Walther 8 twist loop op 'n Howa aksie.
Arnold,ek wil nie op enige tone trap nie, maar ek weet nie van Howas wat gesukkel het nie. Ek weet daar was 'n storie dat die aksie eers getrue moet word en en en. Ek dink persoonlik dit was manne wat hou van te veel karring aan gewere. Ek het 'n Howa 6 creed en daai ding skiet een skoot gate van dag een af. 0.15Moa op 100m en 0.35Moa op 200m en ek het niks aan hom gekarring nie.
Ek dink howa het fout begaan deur nie meer die 6 creed te vervaardig nie en oor te gaan na kalibers soos die 6mm ARC. In die VSA waar die manne kan lope ruil en te kere gaan met kalibers ens is dit seker nie 'n probleem nie maar vir die SA mark dink ek is dit 'n verlies. As Howa iets soos 'n 6mm Br of 6mm Dasher bou vir die Suid-Afrikaanse mark dink ek gaan hulle 'n killing maak. Net my opinie.
Groete
Re: 6mm Creedmoor
Posted: Wed Feb 19, 2025 12:41 pm
by Lategan1
DeonvTonder wrote: Wed Feb 19, 2025 12:11 pm

Sjoe Deon, jy bevestig dan nou wat Arnold sê, of hoe moet ek jou 1ste 3 sinne lees? Daar is altyd gewere wat uit die boks goed skiet en ander nie.
Die res is ek eens met jou.
Beste.
Re: 6mm Creedmoor
Posted: Wed Feb 19, 2025 2:38 pm
by tripodmvr
Die RSA mark is klein. Selfs verkope van 5000 klink minimaal teen wat in Amerika gebeur. Hoe maklik is doppe en ammunisie verkrygbaar. Dit is sekerlik die grootste probleem vir ons skuts hier wat 'n aankoop oorweeg
Re: 6mm Creedmoor
Posted: Wed Feb 19, 2025 3:44 pm
by Capt. Yoda
Met die warmer 6e is die creed se doppe seker die maklikste bekombaar na die 243
Re: 6mm Creedmoor
Posted: Wed Feb 19, 2025 5:13 pm
by ThinusS
tripodmvr wrote: Wed Feb 19, 2025 2:38 pm
Die RSA mark is klein. Selfs verkope van 5000 klink minimaal teen wat in Amerika gebeur. Hoe maklik is doppe en ammunisie verkrygbaar. Dit is sekerlik die grootste probleem vir ons skuts hier wat 'n aankoop oorweeg
Hornady doppe is beskikbaar maar dit is maklik om 6.5 Creedmoor doppe af te nek. Ek het een batch 6mm Creedmoor doppe en een batch afgenekte 6.5CM Hornady doppe en altwee werk lekker.
Ek gebruik myne hoofsaaklik vir springbok en blesbok jag. Die enigste voordeel bo die .243 win, in my opinie, is die vinnige groefdraai wat mens toelaat om swaarder mono's en hoë BC koeëls soos die 103gr ELD-X te skiet. Laasgenoemde werk lekker vir springbok en blesbok op die vlaktes.
As jy 'n pasmaak .243 win of nog beter .243 AI bou, kan jy natuurlik dieselfde doen. Myne is n semi swaarloop Howa met n 22" loop en hy is akkuraat genoeg vir my doel (15-20mm groepe op 100m).
Re: 6mm Creedmoor
Posted: Sun Feb 23, 2025 8:51 am
by JPS
Lapua maak ook 6creed doppe.
Ek het victrix venus wat regtig finominaal skiet. Selfs met boksie Hornady match patrone skiet die geweer gemaklik onder 1/2 moa groepe oor 5 skote.
Kleinste kaliber wat ek nog ooit gehad het was 25-06 so die 6mm is my eerste meerkat kaliber. AangenAm veras met hoe hy maak met 115 dtacs op 900m.
Re: 6mm Creedmoor
Posted: Sun Feb 23, 2025 1:48 pm
by snakker
JPS wrote:Lapua maak ook 6creed doppe.
Ek het victrix venus wat regtig finominaal skiet. Selfs met boksie Hornady match patrone skiet die geweer gemaklik onder 1/2 moa groepe oor 5 skote.
Kleinste kaliber wat ek nog ooit gehad het was 25-06 so die 6mm is my eerste meerkat kaliber. AangenAm veras met hoe hy maak met 115 dtacs op 900m.
Ek hoor daai gewere kom met 1/4 moa accuracy guarantee, is dit waar?
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Re: 6mm Creedmoor
Posted: Mon Apr 21, 2025 1:49 pm
by JPS
snakker wrote: Sun Feb 23, 2025 1:48 pm
JPS wrote:Lapua maak ook 6creed doppe.
Ek het victrix venus wat regtig finominaal skiet. Selfs met boksie Hornady match patrone skiet die geweer gemaklik onder 1/2 moa groepe oor 5 skote.
Kleinste kaliber wat ek nog ooit gehad het was 25-06 so die 6mm is my eerste meerkat kaliber. AangenAm veras met hoe hy maak met 115 dtacs op 900m.
Ek hoor daai gewere kom met 1/4 moa accuracy guarantee, is dit waar?
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Dit weet ek nie maar ek getuig dat myne gemaklik 1/4 moa skiet met 115dtacs op 3 skoot groeppe en net so naby met 5 skoot groepe.