Aasdiere eet nie aan karkas

Post Reply
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1880
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Aasdiere eet nie aan karkas

Post by Ratel »

Wat sal die rede wees hoekom jakkalse soms nie aan karkasse eet nadat diere gevrek het nie. Of net bitter min eet en los. Gister weer gesien eland kalf wat dood is. Sien geen bytmerke en paar dae later is karkas opgeblaas en net vel by pens weg gevreet. Die pens is nie eers deurgevreet nie. Ek sien dit ook gereeld met beeste en kalwers wat vrek. Weet iemand dalk hoekom dit so is. En daar is baie jakkalse in die omgewing.
Maak 'n verskil
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Aasdiere eet nie aan karkas

Post by Geno »

Daar kan paar redes wees.
- Jakkalse wat ervaring met gif het, sal nie sommer aas nie en eerder vars vang.
- Weerlig. Ek het al gesien dat jakkalse nie aas aan iets wat doodgeslaan is met weerlig nie.
- Karkas is gekontamineer na mense of iets hom hanteer het.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1880
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Aasdiere eet nie aan karkas

Post by Ratel »

Dankie Geno. Die boer sit nie gif uit nie en daar was ook nie swaar weer onlangs nie. Die werker het die kalf in die veld gekry met net n gedeelte van pens vel weg geeet. Nadat die karkas gelos is waar hulle dt gekry het is dit nog steeds nie geeet nie. Ek het gewonder of daar sekere vee en wildsiektes is wat maak dat jakkalse nie wil eet daaraan nie.
Maak 'n verskil
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: Aasdiere eet nie aan karkas

Post by 3006 »

N boer by wie ons varke geskiet het op n stadium het vir ons gese dat as n bees aan anthrax vrek vreet die jakkies hom nie sommer nie. Weet nie hoe waar dit is nie?
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2162
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Aasdiere eet nie aan karkas

Post by Ds J »

Die kalf het dalk weens 'n gifplant gevrek.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1880
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Aasdiere eet nie aan karkas

Post by Ratel »

Ja dis baie vreemd. Meestal as bees kalwers by ons vrek eet die jakkalse dit maar soms le n karkas en opblaas en niks eet aan dit nie. Ek sien die bietjie wat daar is oor die onderwerp praat net van diere wa deur weerlig getref is en die swael reuk wat aasdiere afsit.
Maak 'n verskil
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1266
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: Aasdiere eet nie aan karkas

Post by TFDADD »

Het jare gelede in die bosveld jong beeste in kamp laatmiddag op 'n Saterdag bymekaar gemaak om gedip te word die volgende Maandag.
Soos hulle verby 'n hoë miershoop beweeg het, is die agterste vers deur 'n swart mamba in die nek gepik.
Sy het dit nie ver gemaak nie en neergeval en gevrek.

Karkas het daar bly lê en Maandag middag was daar ook niks aan daardie vers gevreet nie - daar is gereeld jakkalse en deurloop luiperds van tyd tot tyd op die betrokke plaas.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Post Reply