Page 1 of 2

Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Sun May 11, 2025 9:40 am
by LoopSoosStroop
Benodig 'n guns van 'n paar van julle asb. Ek is besig om 'n skiet rus te ontwerp - sien prentjies hier onder.

Die rus waar die kolf lĂȘ gaan gaan verstelbaar wees - maar ek het net twee gewere en hulle kolwe is beide baie nou.

Wat is jou wydste kolf (by die "fore-end") en wat is jou nouste een? Sal waardeer as julle gou meet as jy weer die kluis oopmaak en dan resultaat hier onder plaas.

Enige ander "features" wat julle sou wou sien in 'n kwaliteit skiet rus?

Rus2.jpg
Rus1.jpg

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Sun May 11, 2025 10:12 am
by Lategan1
Ek gmeet waar dit rus;
Varminter kolf 50mm,
GRS Bifrost 58mm.

Beste.

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Sun May 11, 2025 11:03 am
by JPS
F klas kolf is 75mm voor

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Sun May 11, 2025 11:35 am
by LoopSoosStroop
JPS wrote: Sun May 11, 2025 11:03 am F klas kolf is 75mm voor
F-Ope mag van so tipe rus skiet?

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Sun May 11, 2025 12:02 pm
by Arnold
LoopSoosStroop wrote: Sun May 11, 2025 11:35 am
JPS wrote: Sun May 11, 2025 11:03 am F klas kolf is 75mm voor
F-Ope mag van so tipe rus skiet?
F-Ope skiet uitsluitlik van sulke tipe ruste, alhoewel tipies meer gekompliseerd en swaarder
Image
Image

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Mon May 12, 2025 8:28 am
by Ammion
Maksimum wydte vir 'n Benchrest kolf is 3" (76.2mm) en ek glo F-Klas ook.

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Mon May 12, 2025 10:05 am
by Gerhardu

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Thu Jul 31, 2025 9:40 am
by LoopSoosStroop
20250725_165534.jpg
20250725_165525.jpg
20250725_165517.jpg
Nog nie kans gekry om te gaan skiet nie...

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Thu Jul 31, 2025 11:28 am
by heywillie
Dit lyk nou blerrie smart !

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Fri Aug 01, 2025 6:49 am
by Diesel Dog
Mooi gedoen ,is alles van staal gemaak?

DD

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Fri Aug 01, 2025 6:58 am
by Toyrsi
Baie nice.

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Fri Aug 01, 2025 8:03 am
by RUPERT
Wat kos so n rest?

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Fri Aug 01, 2025 9:14 am
by LoopSoosStroop
Diesel Dog wrote: Fri Aug 01, 2025 6:49 am Mooi gedoen ,is alles van staal gemaak?

DD
Meestal ja, MS lasersny met powdercoating. Meestal SS boute en skroewe. Ek 3D print van die knoppe.

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Fri Aug 01, 2025 9:33 am
by LoopSoosStroop
RUPERT wrote: Fri Aug 01, 2025 8:03 am Wat kos so n rest?
Ek moet nog 'n bietjie toets en ander ouens kry om te toets voor ek in produksie sit. Ek self skiet deesdae te min.

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Fri Aug 01, 2025 9:44 am
by Capt. Yoda
Waar was jy in die jare toe ons so lekker met PCP's BR geskiet het en die goed van die US moes in voer. Lyk baie netjies Pieter

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Mon Aug 25, 2025 7:37 pm
by Jay Jay 2
Hi Pieter, laat weet as hy reg is. Ek soek ook een

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Tue Aug 26, 2025 9:41 am
by Friedland
Ek ook asb

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Wed Aug 27, 2025 8:07 pm
by LoopSoosStroop
Nog besig om 'n paar dinge te verander en te toets, hopelik oor so 'n maand in produksie.

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Mon Dec 15, 2025 7:10 am
by LoopSoosStroop
Ek het nog 5 van hierdie skiet ruste gebou, kontak my asb op 068 541 0462 as jy een wil bestel. R2950 sluit Pudo locker aflewering in. Ek is in Randburg.

20251214_145642.jpg
20251214_145622.jpg

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Mon Dec 15, 2025 12:42 pm
by Hein M.
Baie netjies en sag op die oog. Gaan daar riffels nie die hande en toerusting krap nie?

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Tue Dec 16, 2025 1:57 pm
by LoopSoosStroop
Hein M. wrote: Mon Dec 15, 2025 12:42 pm Baie netjies en sag op die oog. Gaan daar riffels nie die hande en toerusting krap nie?
Hallo Hein, skies ek sien nie watter riffels jy bedoel nie? Op die stel knoppe?

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Tue Dec 16, 2025 6:15 pm
by Capt. Yoda
Ek weet ook nie, is dalk die foto wat die sakkies laat lyk of da riffels op is

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Thu Dec 18, 2025 1:49 pm
by Hein M.
LoopSoosStroop wrote: Tue Dec 16, 2025 1:57 pm
Hein M. wrote: Mon Dec 15, 2025 12:42 pm Baie netjies en sag op die oog. Gaan daar riffels nie die hande en toerusting krap nie?
Hallo Hein, skies ek sien nie watter riffels jy bedoel nie? Op die stel knoppe?
Jip. Onder die stelknoppe - lyk soos fiets se chainring...

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Wed Dec 24, 2025 8:17 am
by LoopSoosStroop
Hein M. wrote: Thu Dec 18, 2025 1:49 pm Jip. Onder die stelknoppe - lyk soos fiets se chainring...
Die hoof op-en af stel ring is uit 6 mm staal ge-lasersny, rante afgewerk en dan ge-poeierverf. Gaan verseker nie krap of hande seer maak nie. Geen fietse is seergemaak met die vervaardiging van die rus nie ;D

2 x skiet rus oor.

Re: Skiet rus - benodig hulp asb

Posted: Wed Jan 07, 2026 10:49 am
by JPS
Baie netjiez