Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 829
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Ek het n 338 win mag en sal graag Peterson doppe wil gebruik vir hom. Peterson maak egter nie 338 wm doppe nie maar wel 7mm rem mag doppe. As ek 7mm rem mag doppe op nek en laai en in n padblokkade afgetrek word met die ammo maar nie n 7mm rem mag lisensie het nie. Wat is die wetgewing rondom dit?
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 958
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Die Engelse teks van artikel 90 van die Vuurwapenwet 60 van 2000 lees as volg (net die relevante gedeelte):
"90. No person may possess any ammunition unless he or she-
(a) holds a licence in respect of a firearm capable of discharging that ammunition;"
Daar is dus geen probleem met die gebruik van ander doppe nie, ongeag dit wat daarop gestempel is. Wys net die artikel vir wie jou ookal stop en jy sal kan bewys dat die ammunisie pas in jou vuurwapen. Al ry jy met 9mm Short ammunisie rond en jy het 'n 9mmP, sal jy tegnies wettig wees. Jy sal wel 'n skoot kan afvuur voordat jou wapen stoor en jy die sluitstuk moet oorhaal om weer te kan vuur.

Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
So hoe gaan jy vir 'n beampte langs die pad verduidelik dat dit wat op die lisensie staan, en dit wat op die dop staan, nie ooreenstem nie, maar dat hulle wel bymekaar pas ?OosKaapJagter wrote: Sun Jun 29, 2025 1:04 pm Die Engelse teks van artikel 90 van die Vuurwapenwet 60 van 2000 lees as volg (net die relevante gedeelte):
"90. No person may possess any ammunition unless he or she-
(a) holds a licence in respect of a firearm capable of discharging that ammunition;"
Daar is dus geen probleem met die gebruik van ander doppe nie, ongeag dit wat daarop gestempel is. Wys net die artikel vir wie jou ookal stop en jy sal kan bewys dat die ammunisie pas in jou vuurwapen. Al ry jy met 9mm Short ammunisie rond en jy het 'n 9mmP, sal jy tegnies wettig wees. Jy sal wel 'n skoot kan afvuur voordat jou wapen stoor en jy die sluitstuk moet oorhaal om weer te kan vuur.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Gaan na naaste polisie stasie toe neem geweer, ammo met regte geskryf en die wat 7mm op staan, kry brief by hulle dat die ammo vir jou 338 is, hou die brief by die geweer, jy kan selfs 'n paar doppies met die regte headstamp byderhand hou om te wys hoe die regte doppe lyk dat hulle dit kan vergelyk, Dit kan jou baie moeite spaar as hulle nie te skerp is nie.Eight wrote: Sun Jun 29, 2025 10:53 am Ek het n 338 win mag en sal graag Peterson doppe wil gebruik vir hom. Peterson maak egter nie 338 wm doppe nie maar wel 7mm rem mag doppe. As ek 7mm rem mag doppe op nek en laai en in n padblokkade afgetrek word met die ammo maar nie n 7mm rem mag lisensie het nie. Wat is die wetgewing rondom dit?
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 958
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
As so iets jou pla, Google die wet en druk die betrokke bladsy met artikel 90 uit.
Vertel die beampte jy kan hom wys hoedat die rondte pas in jou wapen. Ek sou selfs vir hom vertel ek is bereid om te demonstreer hoedat my vuurwapen daardie ammunisie kan afvuur, maar: (i) Hy moet die opdrag gee om 'n skoot af te vuur; (ii) Hy aanvaar alle verantwoordelikheid vir enige skade, en (iii) Hy gaan betaal vir daardie rondte, want ammunisie is deesdae duur.
Die wetgewing is duidelik. Dit wat die beampte daarvan dink is irrelevant.
Vertel die beampte jy kan hom wys hoedat die rondte pas in jou wapen. Ek sou selfs vir hom vertel ek is bereid om te demonstreer hoedat my vuurwapen daardie ammunisie kan afvuur, maar: (i) Hy moet die opdrag gee om 'n skoot af te vuur; (ii) Hy aanvaar alle verantwoordelikheid vir enige skade, en (iii) Hy gaan betaal vir daardie rondte, want ammunisie is deesdae duur.
Die wetgewing is duidelik. Dit wat die beampte daarvan dink is irrelevant.
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Die wetgewing is dalk duidelik ja, maar steeds is daar elke dag iemand wat iets anders moet doen met 'n aansoek, omdat sy DFO so voel.
Daar is geen manier wat 'n beampte langs die pad jou gou 'n rondte gaan laat kamer, of 'n skoot langs die pad skiet, omdat jy 'n punt probeer bewys nie.
@Eight Met 'n gunsmith report en SAPS verklaring kan jy dalk nog probeer regkom ja, maar dit is nie iets waarmee ek self die kans sal vat en probeer nie.
Daar is geen manier wat 'n beampte langs die pad jou gou 'n rondte gaan laat kamer, of 'n skoot langs die pad skiet, omdat jy 'n punt probeer bewys nie.
@Eight Met 'n gunsmith report en SAPS verklaring kan jy dalk nog probeer regkom ja, maar dit is nie iets waarmee ek self die kans sal vat en probeer nie.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Dit is n beregtigde vraag, maar ek wil graag 'n ander saak opper: hoeveel van julle moes al ammunisie in 'n blokkade wys? Ek is vroeër meer gereeld gestop, maar in die laaste tyd nie meer nie - dalk omdat ons redelik afgeleë woon en vuurwapens algemeen is in ons area.
Voorstel: hou 'n oorspronklike dop of patroon saam met die ander "verkeerde" doppe/patrone in die pakkie. Dan kan jy dit wys en ek is oortuig dat die gemiddelde SAP-lid nie probleme sal veroorsaak nie. As 'n mens geduld behou en nie mislik raak nie, werk hulle gewoonlik saam.
Voorstel: hou 'n oorspronklike dop of patroon saam met die ander "verkeerde" doppe/patrone in die pakkie. Dan kan jy dit wys en ek is oortuig dat die gemiddelde SAP-lid nie probleme sal veroorsaak nie. As 'n mens geduld behou en nie mislik raak nie, werk hulle gewoonlik saam.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 958
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Ek sien Flip Nel hierbo is nie in Suid-Afrika nie. Ek weet nie wat hulle vuurwapen wetgewing behels nie.
Hy noem egter 'n geldige punt.
Jy kan die posisie dalk vir 'n beampte wat effens dof is illustreer deur bv. twee doppe saam te ry, een gemerk .308W en 'n ander 7.62 (of .223 en 5.56) en wys vir hom/haar dit is presies dieselfde ding. Dit is nou vir diegene wat prentjies nodig het om te verstaan. Dit sal ten minste vir so een wys dat dit wat op die dop uitgestamp is nie deurslaggewend is nie.
Ds J se voorstel maak ook baie sin. Sit doodeenvoudig van die rondtes wat jou bekommer in 'n pakkie van die oorspronklike ammunisie en wys dit so terloops vir die beampte.
Wanneer jy 'n uittreksel van die wetgewing saamneem wys dit egter onmiddellik vir die beampte jy weet waarvan jy praat.

- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Wat van Hornady Basic Brass? Daar staan niks op nie. Persoonlik het ek nog nooit n polisie beampte, behalwe op n grenspos gehad wat na my ammo op n uiters halfhartige wyse gekyk het nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1000
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Gaan na n geweersmit en kry n brief by hom wat stel dat jy die volgende doppe gebruik agv.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Ek het dieselfde probleem met my 9x57 gehad. Ek het doppe van 30-06 doppe gemaak en het ook eenkeer in n hewige argument met n beampte in n pad blokkade betrokke geraak. Na n lang uitgerekte versuideliking het hulle my laat gaan. Uiteinde is ek het 30-06 doppe gekry wat nie headstamps op gehad het nie en vir my nuwe doppe gevorm daarvan. Probeer liewer doppe kry met regte headstamp of met geen headstamp. Dis moeilik om met n klip te argumenteer by n padblokkade.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Wat gebeur met 275 Rigby wat dieselfde is as 7x57 Mauser? Of staan dit op die lisensie dat dit beide is?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Die beginsel staan dat n eienaar enige ammunisie mag aanhou/besit wat in sy geweer geskiet kan word.Giepie wrote: Mon Jun 30, 2025 2:22 pm Wat gebeur met 275 Rigby wat dieselfde is as 7x57 Mauser? Of staan dit op die lisensie dat dit beide is?
n 303 se ander naam is 7.7x56R, en 'n 9mmKort se andr naam is .380ACP.
Daarom sou ek aanraai - soos hierbo - om n 275 Riby-dop en n 7x57-dop saam te ry. Sê dan vir die amptenaar dat dit dieselfe patroon is, maar dat hy verskillende name in verskillende lande het.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Op my Plankgeweer se liksens staan 7.62. Op die patroondoppe 308Win... Ek laai ook patrone met 30-06 doppe vir my ou 8x60Mauser. Ek het nie briewe of iets as ek op die pad is nie... Ek het wel altyd patrone by wat die regte kalibernaam agterop die dop het - as dit dan nou 'n issue teen die pad raak...
Mooi aand almal
Mooi aand almal
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wetgewing rondom patrone met verkeerde headstamp
Manne
Een jaar is ons oppad Nam toe en op die grenspos by Ariamsvlei is daar so opgeskote krulkop aan Nam se kant wat my 243 Win se doppies uit die kassie uit haal en met so peinsende uitdrukking my laat weet maar hierdie doppie is mos nie n 243 nie. Iets is nie reg nie alhoewel hy nog nie in sy lewe n 243 Ackley doppie gesien het nie. Wel 2 ure later met sak biltong en n bottel swartprop onder sy arm is ons toe deurgelaat. Dit was iets wat ek ook nooit gedink het sal gebeur nie,
Groetnis
Wouter