Labradar sukkel by binnenshuise skietbaan
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1534
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Labradar sukkel by binnenshuise skietbaan
Ek het begin van die jaar besluit om my Prochrono te ruil vir 'n Labradar, sodat ek dit binnenshuis ook kan gebruik. Ek het gehoop SWAT sal al weer oopgemaak het want ek het reeds November ledegeld betaal, maar nou is dit nog toe. So nou maar besluit om Iree Arms se binnenshuise baan te gaan probeer, so met opgewondenheid soontoe gegaan want die Labradar gaan mos daar goed werk. Maar o wee.Ek probeer dit op verskillende maniere, ook met recoil trigger, maar die geraas van ander skote maak dat dit nie registreer nie. Wat se raad het julle, behalwe om iets anders te koop?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Labradar sukkel by binnenshuise skietbaan
Baie snaaks laat hy met die trigger sukkel. Tel hy die ander manne se skote op of tel hy niks op nie?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
