Goeiedag,
Weet iemand of/hoe n mens herlaaidata vir n haelgeweerpatroon met GRT kan bereken?
Ek kry die betrokke patroon, maar nie n passende funksie om die hael te identifiseer of in te voeg nie.
GRT en haelgeweerpatrone?
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: GRT en haelgeweerpatrone?
Is die hael se identifikasie regtig belangrik, of is dit net die gewig wat saakmaak?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: GRT en haelgeweerpatrone?
Daar is sekerlik baie veranderlikes met haelpatrone, maar die gewig van die hael en die wads wat gebruik word is nodig vir berekening. Ek en Ds J probeer om met GRT agter te kom wat die drukvlakke is sodat die geweer nie ooreis word nie. Die 410 haelgewere se maks drukvlakke is maar by 11 na 12K psi.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
