Impala HP punte

Post Reply
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Impala HP punte

Post by Armand Steenkamp »

Naand manne. Ek wonder sommer of iemand al van impala se nuwe HP koeels probeer het? Hulle lyk my moet omklink ander as hulle HV koeel. Hulle is net so bekostigbaas soos die HV. Gaan iemand vir ons n toetsie maak?? ;)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Impala HP punte

Post by tripodmvr »

Geelkoper of rooikoper?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Impala HP punte

Post by Armand Steenkamp »

tripodmvr wrote: Fri Oct 10, 2025 9:37 am Geelkoper of rooikoper?
Nee oom Tripod ekt geen idee nie. Ek wonner of hulle nie dalkies uit brass is soos doe normale Impala HV nie?
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Impala HP punte

Post by JF123 »

Toe ek jare terug met Kobus gepraat het, wou hy niks weet om iets uit rooikoper te draai nie. Hy sê koper is "taai" en draai nie maklik nie. Waar geelkoper baie maklik draai. Die sny vlakke hou baie lank op geelkoper.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Impala HP punte

Post by LUAN »

Dit se machining brass c385 op die lys. Vir die prys kan mens hul maar probeerImage
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Impala HP punte

Post by Armand Steenkamp »

Ek dink man sal hulle kan gebruik. Dink die neus gaan opbreuk en die skag sal penetreer
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Impala HP punte

Post by LUAN »

Kobus se antwoord toe ek vra wat die minimum impakspoed nodig sal wees vir hulle om te werk

"In die algemeen word 1700 f/s beskou as n min vir koeels om te vervorm
omdat myHP koeels nie omklink nie maar net 10mm van die neus verbrokkel, behoort n veel laer spoed van toepassing te wees."
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Impala HP punte

Post by James Wilson »

Ek het jare terug toetse gedoen op Impalas. Dit was destyds n groot brsprekingspunt hier op Jaracal( almal het bydrae gelewer op verskillende koeels wat hulle getoets het). Ek het toe n paar gesprekke gehad met Kobus( n gentleman in ons bedryf). Ek het destyds vir hom genoem dat hy soos Barnes TSX, n HP oorweeg.

Ek het nie geweet hulle het onlangs n HP produk begin nie. Het iemand al gejag met die produk, en kan dalk met bietjie terugvoer gee?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Impala HP punte

Post by Armand Steenkamp »

James Wilson wrote: Tue Oct 14, 2025 5:52 pm Ek het jare terug toetse gedoen op Impalas. Dit was destyds n groot brsprekingspunt hier op Jaracal( almal het bydrae gelewer op verskillende koeels wat hulle getoets het). Ek het toe n paar gesprekke gehad met Kobus( n gentleman in ons bedryf). Ek het destyds vir hom genoem dat hy soos Barnes TSX, n HP oorweeg.

Ek het nie geweet hulle het onlangs n HP produk begin nie. Het iemand al gejag met die produk, en kan dalk met bietjie terugvoer gee?
Ek het ook nou die nuwe koeel vir die eerste keer gesien. Ek gaan hulle verseker probeer. Ek sal hier terugvoering kom ge. Sal seker net noe gou met hulle jag kans kry nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Impala HP punte

Post by tripodmvr »

Watter kaliber gaan jy koeëls in probeer?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Impala HP punte

Post by Armand Steenkamp »

Ek is baie lus om hulle in 303 en 6.5 Grendel te probeer oom.
LouisR
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sun Feb 12, 2012 12:40 pm

Re: Impala HP punte

Post by LouisR »

Armand jy is heeltemal reg, die koeëls is van brass en ek het ook met Kobus daaroor gesels voorste 10mm gaan afbreek en res van koeël soos solid reageer. Nog niks daarmee gejag nie maar definitief bekostigbare alternatief. Sal graag hoor van iemand wat al gejag het daarmee.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Impala HP punte

Post by Armand Steenkamp »

LouisR wrote: Mon Feb 09, 2026 7:42 pm Armand jy is heeltemal reg, die koeëls is van brass en ek het ook met Kobus daaroor gesels voorste 10mm gaan afbreek en res van koeël soos solid reageer. Nog niks daarmee gejag nie maar definitief bekostigbare alternatief. Sal graag hoor van iemand wat al gejag het daarmee.
Ek het ook nog niks verdere terugvoering nie. Wat ek wel kan se is dat hulle baie akkuraat is. Ek skiet hulle in my P14 303. Die 123gr koeels seler so halfduim teen 2940fps en die 150gr goed onder n duim teen 2720fps

Groetnis
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

Re: Impala HP punte

Post by Johann Marais »

Ek het ook vandag met Kobus gesels. Alles wat julle praat hier bo is waarheid. Hy het bevestig dat dit van C385 Brass gemaak word, soos amper al die ander brass koeels in SA. Ek het .224, .243, .264, .308 en .303 bestel. Ek wil dit graag probeer en sien hoe dit werk. Ek verstaan ook dat dit baie akuraat is. Ek kom net nie so gereeld meer by laai uit nie maar sal tog deel wat ek ervaar. Ek sien veral uit na die 130gr op my 308 met 1:14 twist. Lengte is net oor die 1.1" wat my loop gemaklik stabiliseer. Ek sal laat weet hoe dit gaan.
Post Reply