Goei dag manne.
Ek het so 2 jaar terug 'n 2de handse Pacific/Hornady 366 12 Br. herlaai press gekoop. Hom heeltemaal gestrip, oor geverf, nuwe parte gemaak en weer aan mekaar gesit.
Die press werk regtig lekker en ek het hom nou al baie mooi op standaard. Ek is opsoek na so paar onderdele of iemand/plek wat dit verkoop. Goed soos pre crimp en final crimp die, wad fingers, primer shoe of wat ookal beskikbaar is.
Safari is glo nou sole agents maar hou nie los onderdele aan nie.
Enige iemand wat dalk so iets het wat jy wil smous of inligting het van voorraad wat rondlê sal welkom wees.
Dankie.
