Reduced load vir .30-06
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Reduced load vir .30-06
Dagsê
Ek het sommer 'n bietjie lus gevoel om te speel met verminderde ladings en toe my .30-06 Remington gekies om 'n lading te toets. My plan was om te mik vir 'n snelheid van so 1800 tot 2000vps. Ek het 155gr Nosler CC-koeëls gebruik en hulle voor 30.5gr S335 gelaai (Lot 722/B/18 en Dev -2%). Vir 'n pluisie om die kruit teen die slagdop te hou, het ek 0.8gr Dacron gebruik.
Ek het vier skote op 'n teiken geskiet vanaf 50m en later 'n vyfde skoot wat ook gechronograaf is maar nie op die papierteiken geskiet is nie. Ek het die eerste skoot uit die skoon, koue loop ook op die teiken geskiet en sy snelheid was baie laag, naamlik 1717vps. As ek daardie lae snelheid weglaat, het die vier ander skote 'n gemiddelde snelheid van 1801.25vps gegee. Die extreme spread vir die vier skote was hoog, 71vps (130vps as jy die eerste skoot by tel).
Soos julle in die foto kan sien, was die akkuraatheid glad nie sleg nie,,, ongeveer 12.5mm op 50m. Die koeels het so een-en-'n-half duim laer getref as die lading waarvoor die .30-06 ingestel was (130gr-koeël teen 2750vps).
Die terugskop voel vir my byna soos die van 'n .243 met 85gr-koeëls teen so 2850vps. Ek dink hierdie verminderde lading in die .30-06 mag dalk handig te pas kom as jy kinders wil leer skiet of selfs as jy wil jag op kortafstand (sê tot ongeveer 120m of so). Ek het heelparty bokke in die 1980s en 1990s met sulke ladings geskiet. Ek het duikers, springbokke, rooibokke en blesbokke geskiet met my .30-06 en 7x57 daardie tyd. Moet sê, ek is nogal nuuskierig om te sien hoe so 'n lading sal presteer op n koedoe of iets dergeliks.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Reduced load vir .30-06
Baie lekker om die te lees. Ons het 'n oom in ons klub gehad wat verslaaf was aan enige verminderde ladings. Hy het my geleer van lood meng, lood koeëls cast size en lube. Dan om hulle te laai en skiet vanaf sub sonies tot en met so 1700, maks 1800 ft/s. Dan ook sommer gewone jacketed koeëls sub sonies te skiet uit die 223, 303 en 6.5. Ek wou nog altyd iets jag met so lood koeël teen rondom 1600-1700 ft/s.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Reduced load vir .30-06
Het Oom Koos dan nie 'n .308W nie?
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Reduced load vir .30-06
J le Roux
Ek het die .308 verkoop. Hierdie lading was sommer vir speel. En dalk jag ek nog iets daarmee. Dit dwing jou om tot naby te bekruip. As ek vir plesier jag, het ek geen erg aan 'n bakkieskietery nie.
Mooi loop

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Reduced load vir .30-06
Ek het al al 'n paar bokke met verskillende subsonic loads in my 3006 en 270 geskiet, het 2 eland bulle met 220 pmp punte gebruik, een was 'n groot bul, 396 kg uitgeslag, skoot was agter die blad, hy het seker 20 m geloop, gaan staan en toe inmekaar gesak. 2de was jong bul nek skot, het met Peragrine 155 gr subsonic punte een jong eland bul geskiet op blad in, het mooi oopgemaak, ook 'n jong kudu bull geskiet ook mooi oopgemaak, het met 270 kudu koei nekskoot geskiet. grootste probleem met die subsonic is trajek, dis net naby skote, spoed was net so oor die 1000 fps.
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 611
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Reduced load vir .30-06
Praat ook van my 30-06 as n 308 Express as n "slim" makker dit 30-0 kwes noem. Die "slim" makker verdwyn dan gewoonlik
Skiet bly maar lekker
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Reduced load vir .30-06
Hierdie is baie handig, baie dankie. Ek het net 'n .30-06, so soek ook mak ladings vir my kinders om mee te skiet en te jag. Geweer is baie lig en het 'n klein knaldemper op, so terugskop raak rof teen gewone ladings. Seun het laas jaar 'n RBK ram geskiet met 'n Speer 110 gr met 48 gr S365, vermoed spoed was so 2600/2700 fps. Probeer nou iets uitwerk met 165 gr Interlock, maar nog nie daar nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1534
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Reduced load vir .30-06
Verskoon my onkunde. Ek is totaal onkundig oor subsoniese skietery. Wat is die rede daarvoor, behalwe om dit so stil moontlik te doen en dit lekker speel kan wees? Wat sou bv die verskil wees om .375H&H subsonies te skiet teenoor 30-06? ek sal in elk geval verder gaan soek hieroor.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Reduced load vir .30-06
Recoil vir die kids en sagter ouensGiepie wrote: Wed Apr 08, 2026 12:43 pm Verskoon my onkunde. Ek is totaal onkundig oor subsoniese skietery. Wat is die rede daarvoor, behalwe om dit so stil moontlik te doen en dit lekker speel kan wees? Wat sou bv die verskil wees om .375H&H subsonies te skiet teenoor 30-06? ek sal in elk geval verder gaan soek hieroor.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Reduced load vir .30-06
Die meeste subsoniese ladings is vir die skiet van tropdiere sodat die skoot nie die trop op loop sit nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Reduced load vir .30-06
Dit gaan oor selektief skiet en so min steuring vir die ander wild, daai skoot klap nie eers soos 'n .22 nie, in 'n trop sal hulle hom nogsteeds hoor, hy is nie doodstil nie maar dit steur minder die wild en ander wild wat nie daar is nie word nie gepla nie, jy kan dit ook soos byvoorbeeld by 'n voerplek etc. gebruik om selektief uittedun, met die regte punte is hulle verbasend effektief selfs met bladskote, het het paar bokke geskiet wat 50 m hardloop en dan val.Giepie wrote: Wed Apr 08, 2026 12:43 pm Verskoon my onkunde. Ek is totaal onkundig oor subsoniese skietery. Wat is die rede daarvoor, behalwe om dit so stil moontlik te doen en dit lekker speel kan wees? Wat sou bv die verskil wees om .375H&H subsonies te skiet teenoor 30-06? ek sal in elk geval verder gaan soek hieroor.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Reduced load vir .30-06
'n 200gr .30 Cal sagteneus-koeël teen so 1200FPS sal bitter mooi werk op bokke op korter afstande. Ek het 'n 158gr .357-cal Hornady XTP geskiet teen so 1,400 FPS op 'n stadium uit 'n lever action met 'n 4x teleskopie en tot op so 100m was dit bitter effektief op kleiner bokke. Op naby afstande (soos by 'n voerplek vanuit 'n hide) sal ek selfs groter bokke soos koedoes daarmee vat. Dis baie underrated, om die Ingelsman se woord te gebruik.
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Reduced load vir .30-06
Vir die wat balangstel: 32 gr S335 met 'n 165 gr Interlock gee 1980 fps met (vir ons) bruikbare akkuraatheid (57 mm vir 5 skote op 100 m). Ek gebruik 'n 1 gr dacron filler wat ek met 'n potlood op die kruit vas stamp.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering