Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Het iemand al een van die oukies begin skiet?
Ek het amper laas week nog 'n 223 gekoop, toe wonder ek of 'n 22 ARC nie daai plek in die kluis moet opneem nie.
Het nou bietjie met GRT gespeel en sien ek kan met 'n 20" loop ma net my 223 met 24" loop se spoed bykom. 70gr RDF 2977fps
As hy in 24" loop beskikbaar kom dan sal hy mooi loop met +150fps
Dink ek bly ma by 223's vir nou, gaan bietjie duur raak net vir 4" korter loop
Ek het nou vir my ń 22 ARC gekoop in Howa se mini aksie, ek dink dit gaan ń lekker geweertjie wees om te skiet. Ek het ń 6.5 Grendel en ek geniet hom baie.
Ek hou van die 22 ARC se 1-7 twist en het gedink om 70-80gr puntjies te skiet.
Cbird wrote: Mon May 25, 2026 3:00 pm
Ek het nou vir my ń 22 ARC gekoop in Howa se mini aksie, ek dink dit gaan ń lekker geweertjie wees om te skiet. Ek het ń 6.5 Grendel en ek geniet hom baie.
Ek hou van die 22 ARC se 1-7 twist en het gedink om 70-80gr puntjies te skiet.
Ek is sommer jaloers, gaan verseker 'n giftige geweertjie wees. Die stywer twist lope maak jou opsies oop.
Ek geniet my 223 baie ma ek is op die limiet met my 9twist loop en daai 70gr RDF's.
Het op 'n tyd begin navrae doen om 'n 22-250 AI met 7.5 twist loop te bou ma toe kom 3 kinders en huisbou
Nou terg dit my oor hy basies van die rak af beskikbaar is. Ek sou wel so rapse langer loop wou gehad het.
Geniet dit en hou ons asb. op hoogte van hoe hy skiet.
Ek het so paar maande gelede vir my 9 jarige seun 'n Howa mini aksie barrel action in 22 Arc gekry en is baie tevrede.
Looplengte is 19.9" (505mm) en is lekker lig in 'n Boyds at One kolf.
Ons het 62gr ELD-Vt's, 69gr Sierra TMK en 73gr ELD-M's probeer.
Baie mooi lading gekry met die 73gr ELD-M's (27.10 grein S335 met TPL 57.1mm vir spoed van 2950fps).
Die Sierra 69's het ook mooi geskiet met S335 teen 2980fps.
Die ELD-VT's wil niks weet nie.
Baie tevrede met die roertjie.... min recoil en redelike spoed met die swaarder punte in ag genome die kort loop.
Moet nie vergeet van die 223 Ackley nie. Mense kyk hom heeltemal mis en is een van die Ackleys wat redelike spoed wen tesame met al die ander voordele.