Hoekom Israel?

Post Reply
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1244
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Hoekom Israel?

Post by TFDADD »

Iets wat my al baie lank pla, hoekom haat so baie mense in baie lande - selfs Christen lande - Israel en sy mense so intens?

Lees net die kommentare onder-aan hierdie artikel, dan sien u daardie haat selfs hier plaaslik onder ons eie mense, wat met talle slimstories en redes navore kom om hul sienings te motiveer.

Wat dan van al die aanhalings uit God se Woord in dieselfde artikel?
As Christene glo ons God Se Woord onvoorwaardelik.
“Ek sal julle uit die nasies gaan haal… en julle in jul eie land bring” (Esegiël 36:24).
Ons is nie Jode nie. Ons is ʼn Suid-Afrikaanse gesin/(gesinne) wat lief is vir braaivleis, die Bokke en Desembervakansies by die see. Ons is wel Christene wat glo in die God van Israel, die Skepper van hemel en aarde, en in Jesus Christus, Sy eniggebore Seun, ons Verlosser.
Enige sinvolle kommentare hieroor wat hierdie teenstrydighede kan opklaar is welkom, asseblief.

Hoekom Israel?
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hoekom Israel?

Post by Toxxyc »

Dis 'n onderwerp wat ek eintlik rof vermy. Israel het Christus verwerp. Hulle het hom onskuldig gekruisig. Hulle het God en sy profete verwerp, en dit wat die Bybel voorspel het gaan gebeur, het gebeur. Die land van melk en heuning is omskep in 'n woestyn. Hulle het die Kanaaniete nie met die banvloek getref soos God beveel het nie, en nou sukkel hulle met dieselfde volk nou nog (Palestina).

Ek haat hulle nie intens nie, ek verstaan net nie die ondersteuning wat hulle ontvang vanaf die Christendom nie.
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Hoekom Israel?

Post by saswart »

Verskeie redes, en mengsel van al hierdie.

Israel, soos ons vandag ken, is in 1948 gevorm, na die 1948 oorlog, waarin palestyne gevlug het. Onthou die was na die 2de WO (WW2) waarin miljoene Jode oor Europe moes vlug. Maar reeds voor die 2de WO het baie Jode na Israel getrek, in wat hul noem die "aliya" - dit is basies trek na Jerusalem. DIt het reeds baie gebeur in die Bybel en maar net herhaling.

Na 1948 oorlog, het wat vandag se haat is, vererger, Palestyne (GASA) en Arabiere in die Wesbank is "weggejaag/gevlug" en Israel wat die areas kontroleer en areas verder "annekseer". Isreal glo hul was eerste in die area en deur jare verdwryf uit hulle land

DIt het jare se haat en skermutselinge tot stand gebring, met die 2023 aanvalle die ergste. Na 2023, het ons gesien hoe Israel net GASA vernietig het, Wesbank heeltemal oorgeneem het en Libanon tot vandag nog bom oor terroriste.

In Isreal en Internasionaal, is daar verskeie hofsake ens, waarin gevind is dat Isreal "te erg" is met die aanvalle en onskuldige mense se dood veroorsaak. DIt is die hoof rede vir die haat.

Dan is daar die "psigologiese" aspek, GOd het Isreal gekies as "Sy" volk. Ons weet, na Jesus dat almal wat in Hom/Jesus glo gesien word as God se gekose volk, maar daar is steeds 'n gevoel van haar/jaloesie ens wees die "gekoseheid" van Isreal, Isreal se "windgatheid" daaroor en dat hulle, volgense Christine die pot mis sit deur nie Jesus te erken nie.

Dus, die redes is baie en nie spesifiek - daar kan nog baie baie genoem word
Post Reply