Bipods

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Bipods

Post by Capt. Yoda »

Almal het seker klaar hul quick load ladings vir hul jag gewere vir 2026 die laat die forum so stil is so ek dog ek deel iets interesant oor Bipods.

Die laaste tyd skiet ek met n Sinclair Tactical of Atlas BT 65 bipod om rede ek met die selle setup in die veld wil werk maar ek besef toe ek los punte op die tafel teen die ouens wat steeds met "FTR" bipods skiet en besluit toe om weer een te kry.

So 4 weke terug kry ek my nuwe bipod en is heel op gewonde om hom oor n week te gebruik, ek het jare lank met n Tier One Carbon en een of 2 ander geskiet so weet die geweer se POI is bq laer met die tiepe bipods omdat ek hom basies free recoil skiet met net my regter duim teen die regterkant van die kolf, die geweer wou nog nooit regtig vas gehou word as jy skiet nie maar hou van net so bq skouer teen die recoil pad.

Die geweer self skiet ongelooflik mooi tans so ek reken ek sal binne een of 2 gonge weet wat om te stel sodat hy weer mooi in die middel skiet en dan gaan ons aan met die lewe.
Ons skiet op n nuwe baan die dag en dit is ongelooflik moeilik, die gonge hang in bome se skuduwees of staan in lang gras so as jy n gong mis kan jy nie jou splash sien nie en die mirage is so erg jy kan skaars die tyken sien never mind jou trace nie, daar word ook nie spotters toe gelaat nie so jou chommies kan nie help nie.

My eerste skoot op 700m sien ek teen so halwe wal is hoog en reg en dink ok stel vir dit, 2de skoot is laag en links en toe weer hoog en regs nou begin ek bq wonder wat aan gaan. So sukkel ek heel dag aan en alles wat ek kan sien is hoog regs laag regs en dan somer laag links, halfpad deur die dag gee ek basies op en skiet maar net om recoil te voel.

Na die shoot is daar so Erik Cortina "cold bore" bok tyken op 500m en ek skiet n mooi groep deur wat soos n see lyk in my scope maar is baie hoog en regs.

Nou is dit die 2 ure in stilte huis toe ry en ek begin deur alles gaan, ek weet ek het my bipod verander maar kan ek so 11.1.11 geksiet het net agv n bipod, sonder twyfel die slegste wat ek nog geksiet het en ek het al probeer F klas op 900m skiet met 87gr Vmaxe in n fabrieks 243. Dink ek dit is seker maar n aksie skroef, moet wees of dalk het my skaal iets oor gekom.

By die huis is alles reg en vas, skaal weeg tot 1 korrel N160 akuraat so nous dit seker die loop, maak skoon en kyk met borescope maar alles lyk nog mooi/aanvaarbaar.

Volgende Saterdag is die volgende shoot en emosioneel kan ek nie deur nog so performance gaan nie so Vrydag na werk sal ek gou Waterfall arms toe gaan om n paar skote te skiet en te sien wat aan gaan en dan beskuit of dit tyd is vir n nuwe loop.

Die eerste foto is die tiepe groepe wat die roer van die Sinlcair Tactical bipod en n "squeeze" bag af skiet op 100m

By die baan skiet ek gou 5 skote met die bipod en my protector agter sak somer net om te kyk of ek iets kan sien. Eerste skoot is net bo die bul en ek dink ok, volgende 2 is laer in mekaar maar ek het die loop Iosso gegee so die eerste clean bore skoot kon dalk bq anders lyk.

So dink ek nou terug aan wat dan fout kon wees en besluit dit moes seker my loop wees wat aan my sunshade geraak het want hy was basies n haar bo my loop en ek het die ook af gehaal na die vorige naweek se gesukkel. Besluit ek gaan gou die laaste 2 skote skiet en dan die geweer so 10min gee en dan sal ek mooi zero en nog n groep met die laaste paar patrone skiet.

Nou is ek lekker ontspanne en die geweer staan los soos ek sal skiet met net my regter duim teen die kolf en die ligste preasure agter teen die recoil pad.
Skoot 4 loop en is 2duim regs en hoog, nou dink ek die loop het sekerlik gegroet en skiet skoot 5 net so en hy is 2 duim laag en links (sien nou ek het dit nie eers af geneem nie).

Ek gee die geweer 10min om te rus en begin vrede maak laat dit nou maar is wat dit is.

Daar staan nog n paar patrone en dink kom ons kyk maar as ek die geweer bq vas hou met my regter hand en my duim bo op basies agter die slot laat rus want ek het een keer met n Seb Neo rus geskiet en toe het die geweer ook so snaaks gespring as ek hom los om sy eie ding te doen.

Skiet n skoot na n oranje kol en hy sit net onder die kol, stel n click op en die 2de skoot is deur die ornaje kol.
Ek dink ok kom ons kyk ek het nog 3 oor die vorige groep se eerste skote het ook orite gelyk in die begin, skuif oor na die volgende diamand en skiet die laaste 3 patrone en hy skiet toe soos op die laaste foto.

Hoe se hulle the more you know, erens hou die kolf ontwerp of waar ek gewig in het net nie van iets as ek hom so "saggies vas hou" skiet met sekere bipods nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Bipods

Post by Arnold »

Hierdie is baie belangrik en iets wat ek vir nuwe skuts voorstel as hulle wil oefen. Oefen met wat jy het en maak seker jy kry die beste daaruit.


Die vraag kom gereeld op: waar kan ons oefen om langafstand te skiet. My antwoord is gewoonlik dat hulle eers op 100m moet oefen en hulle groepe eers so klein kry soos wat hulle dit van 'n bank af kan skiet.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Bipods

Post by Capt. Yoda »

Ja na dit is die groot ding maar wind, ek kyk elke naweek jy kan herlaai met duurste toeristing wat almal op instagram adverteur met n geweer gebou uit unicron voorvelle as jy nie wind kan lees nie gaan jou bloei. Die boonste manne wat almal jaag is nie noodwendig die manne met die kleinste ES of duurste kolf nie dis maar die manne wat wind/kondiesies die beste kan lees, self n 225gr 30 of 184gr 7mm koel uit n magnum help jou net so ver teen wind wat heel tyd switch. Deesdae met die top toerusting en komponente wat vir almal beskikbaar is gaan konstantheid en jou vermoe om kondiesies te lees jou ver vat
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply