338 WinMag en N160 lading hulp asb

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

338 WinMag en N160 lading hulp asb

Post by 3kus »

Goeie middag,

Wie van julle manne kan help met 'n begin lading vir 'n338 WinMag en N160. Ek vertrou nie die Vithavouri load data nie, is maar skepties. Het met 140gr Bergers en my 6.5x55 op hulle min lading ver oor maks spoed gegaan.

Ek wil graag 230gr Norma Oryx laai, N160 kruit. Ek het gedink om 63.0 en 65.0gr onderskeidlik te laai en te kyk hoe die spoed lyk.

Loop 24", H20 86.0gr, TPL 83.0mm.

Baie dankie. Drikus
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
Post Reply