Page 1 of 1
n Teleskoop is soos n bout ;)
Posted: Sun Oct 11, 2026 3:44 pm
by Ds J
Gister was ons vinnig skietbaan toe om die teleskope op n jong man se nuwe gewere in te skiet.
Die op- en af verstellings is maklik, maar met die sywaartse verstellings raak ek elke keer deurmekaar.
Vandag by die kerk vra ek n ervare skut en hy lag lekker. Sy antwoord is maklik: "Hy werk soos n bout."
n Gewone bout het regterhand skroefdraad, dus: as jy die horisontale bout indraai skuif die impakpunt na links. Draai hom uit, dan skuif die impakpunt na regs.
Re: n Teleskoop is soos n bout ;)
Posted: Mon Oct 12, 2026 9:31 pm
by Alwin
Verbeel jou net die bout stoot die loop, beiede horisontaal en vertikaal.
Re: n Teleskoop is soos n bout ;)
Posted: Tue Oct 13, 2026 4:39 am
by Toxxyc
Ek het die draad gekyk en gedink dis deurmekaar, maar nou met Alwin se comment, ja dit maak sin. Dis 'n lekker manier om daaraan te dink, dankie man! Ek neem aan op/af sal dieselfde geld?
Re: n Teleskoop is soos n bout ;)
Posted: Tue Oct 13, 2026 7:03 am
by Ds J
Toxxyc wrote: Tue Oct 13, 2026 4:39 am
Ek het die draad gekyk en gedink dis deurmekaar, maar nou met Alwin se comment, ja dit maak sin. Dis 'n lekker manier om daaraan te dink, dankie man! Ek neem aan op/af sal dieselfde geld?
Ja. Gewoonlik het die vertikale versteller n duidelike pyltjie, maar nie die horisontale versteller nie.
(Die uitsondering is blykbaar Schmitt & Bender. Hulle horisontale versteller werk soos n links-om bout).
Re: n Teleskoop is soos n bout ;)
Posted: Tue Oct 13, 2026 9:58 am
by Toxxyc
Ek het nog nooit 'n teleskoop gesien wat nie 'n pyltjie op die windage verstelling ook het nie, om eerlik te wees, maar ek het nog alyd gewonder of dit die kruisie skuif of die POI of wat dit nou eintlik skuif.
Re: n Teleskoop is soos n bout ;)
Posted: Tue Oct 13, 2026 10:21 am
by Ds J
Die kruishaar skuif, en die gevolg daarvan is dat die POI skuif.
Maar ... dit werk omgekeerd, en dit is waar ons deurmekaar raak. Hy moet regs skuif om links te skiet, etc.