Dagse Manne
Dag ek deel so nagmerrie wat ek elke nou en dan beleef. Al etlike jare het ek die idee in my kop dat ek n Ruger M77 in n 9.3x62 wil aanskaf, bou of erens opspoor. Oor die afgelope 5 jaar het ek al 3 M77 stainless 3006 Ruger aangeskaf om die projek te begin maar kry dit nie een keer oor my hart om n Ruger wat nat nuut is te omskep in n ander kaliber nie. So verkoop ek elke keer die roer en vergeet van die drome. Hier kom die MAAR......sodra ek dink dit is oor dan begin da weer so klein vlammetjie en dan spook die roer weer by my land en sand dat ek nie n oog toe kan maak nie.
Wragties skaars 8 maande na ek die 3de koop M77 projek weer verkoop het begin dit weer en wil voorkom of dit my net nie gaan los nie. So bring Lipseys n hele ruk terug weer n limited run uit en die keer in 9.3x62 of 35 Whelen......Sien foto aangeheg en dis so naby aan dammit aan n vloekwoord wat ek in gedagte het. My idee is egter eder die klassieke styl met n houtkolf, wel 20" met visiere en dan uit die aard van die saak nie gesny vir een of ander "break" of stilmaker nie.
Ek is bietjie van n Ruger aanhanger en een ding wat my elke keer terugsit is dat ek nie Ruger Voorste visier gaan kry of die express agter visier nie (of miskien dalk n barrel rib wat gelyk met die aksie eindig). Ja mens kry baie opsies ma wragties dit voel net verkeerd as hulle nie dieselfde lyk nie. Gaan nie net daaroor om n 9.3x62 te he nie want het n ou Heym in die kaliber. Gaan oor n Ruger, Met Ruger kolf, Ruger visiere, Ruger barrel band.......
En nou lyk dit my die M77's is ook iets van die geskiedenis, dink nou weer daaraan om uit te kyk vir n ou 3006 en die projek aan die gang te kry. Hierdie is nou een van daai duiwels wat my sal jaag totdat hy in die kluis staan.......Die "Bush Gun" met n houtkolf met n "ebony tip" soos die Africa model se kolf kan dalk ook die jik laat bedaar....
Sit julle manne ook met sulke duiwels op julle skouers?
Ruger M77 9.3x62 Koors wat nie weggaan nie
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2335
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Ruger M77 9.3x62 Koors wat nie weggaan nie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- PietVis
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am
Re: Ruger M77 9.3x62 Koors wat nie weggaan nie
Hier n n foto van my hart se punt. Sy skiet soos n droom. 
Sent from my SM-S731B using Tapatalk

Sent from my SM-S731B using Tapatalk