Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het onlangs 300gr Barnes TSX koeëls in my .416 rem mag gelaai om te kyk of 'n mens die kaliber se bene bietjie kan rek. Ek het baie goeie akkuraatheid gekry op ±2600vps en het daar gestop. Volgens gepubliseerde herlaai data, lyk dit of snelhede van 2700-2750vps haalbaar is.
Ek het 'n vlakvark op 260m en 'n jong waterbokbul op 312-meter geskiet. Te oordeel aan die wondkanale, het die koeëls mooi oopgemaak.