Herlaai data 7mm Remington Magnum

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Herlaai data 7mm Remington Magnum

Post by Raven »

EK soek graag herlaai data vir Tikka 7mm remington.

Dankie Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Herlaai data vir 7MM Remington

Post by DSBW »

Raven,  ek gebruik die volgende:

175gr SMK, 158gr Berger : 62.5gr S385 (2940Fps)

180gr Berger: 61.5gr S385 (2900 Fps)

Ek skiet nie ander punte in myne ni, so dis al wat ek kan deel met jou.

Groete

Dawie
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Herlaai data vir 7MM Remington

Post by tau »

Ek skiet nosler ballistic tip 150 gr, 58.5gr S365 en ek skat  so oor die 3000 fps altans die boeke se so 3190 ongelukkig het ek nie chrony nie en is meer op akkuraatheid as spoed gefokus.  Hierdie ammo skiet plat lank en akkuraat enek skiet 30 rondtes vanaf my bench gamaklik. Interesant skiet ek op dieselfde plek as my 175gr hornady punte. Ek gebruik in albei gevalle cci magnum primers.

My geweer skiet baie akkuraat met hierie ammo.
Het nou al paar jakkalse 30 plus springbokke en so 5 gemsbokke geskiet met die punte.
Hulle skiet somer lekker dood as jy skiet waar dit saak maak en vleisskade is glad nie sleg vir so vinnige rondte nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Herlaai data vir 7MM Remington

Post by tau »

Raven

Net so by the by!!!!!! ;D

Ek het Saterdag my aller ewigste beste teiken geskiet op 100m 8.7mm  3 skoot Groepering en nie met my .243 nie. Nee minister met my 7mm rem mag ;D.

Het die 150gr Noslers BT gebruik.

EK kon voor ek begin laai het en met 175grWinchester x gekoopte punte geskiet het nie eens 30mm gropering skiet nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Herlaai data vir 7MM Remington

Post by tau »

Klient het my 7mm gebruik me 175gr Hornady's op eland laasjaar. Bietjie te lank gewag en skiet presies toe di bok van plank dwars na middel shoulder draai skoot is net voor regter been in en tot in linker bout gepenetreer. Die Eland het hard geval opgestaan en so 30 meter geloop en gaan staan waar ek hom vinnig met .308 geskiet het agter oor. Die klient wou nooit full mount doen nie so ek kon maar gaaitjie in die vel maak. Ek haat dit as bokke lui en is nie te gretig om oom eland wat lelik pyn het en nog staan se keel af te sny met my knipmes nie.

Elkgeval hier is wat die 150gr Nosler Ballistic tip op so 75m van oom Jakkels se arme been gedink het. Hoop nie dis te grusaam nie dan moet die mods maar verwyder .
Image
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai data 7mm Remington Magnum

Post by Wouter Roets »

24 duim loop
Winchester doppe
CCI 200
S 385
65.5 gr
Barnes X 150 gr Gewone flat base 28427
TPL 83.8 mm (Met Barnes X is jou sprong na groewe verskriklik belangrik. Gewoonlik gee 1mm sprong beste resultate)
Druk 62177 psi Quickload
3030 ft/sek
Beskou hierdie lading as maksimum in hierdie doppe. Begin so 4 gr minder en werk op
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Herlaai data 7mm Remington Magnum

Post by Raven »

Wouter,

Dankie.

Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
168 Supremacy

Re: Herlaai data 7mm Remington Magnum

Post by 168 Supremacy »

Raven ek gebruik die volgende in die Generaal:

28" Pacnor Super Match grade SS
Nosler doppe
CCI 250 Primers
168gr VLD Bergers
S 365
62.0gr
3080fps
TPL: 91.0mm (tot teen aan die lands is dit 92.6mm)
Skiet net die punte in die 7.

Groete
Wynand
User avatar
saimportsuplies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Jan 11, 2011 8:51 pm

Re: Herlaai data 7mm Remington Magnum

Post by saimportsuplies »

tau............my pa sou nou gese het. dus mos die mooiste jakkie op hierie plaas
Post Reply