Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
In n pot is enige wilde voel lekker, of probeer bietjie die 1 as jy hom in die oond wil maak.
Dis maar baie na smaak maar hier is wat ek doen, gewoonlik met so 2-3 tarentale of fisante.
Skil hulle heeltemal en knip sommer die vlerkies waar die vel nie wil af nie.
Vat n oondpan, sit dan aartapells, wortels, selery en uie so in kwarte onder die pan, en die voels bo op die groete.
Gooi dan jou keuse van n spesery oor en n wyn of bietjie cherry. Ek gebruik nogals baie naaltjies en chicken spice. OBS werk mooi vir die wyn gedeelte.
Pak nou repe bacon oor die voels en maak hom toe met foelie. Teen so 180 C bak vir so 2 ure.
Haal die foelie af en voel of hulle al sag is. As hy nie is nie sit die foelie treug en kyk so elke 30 min. Party voels is taaier as ander.
As hy sag is sit n dik sous op, soos spare rib marinade met heuning gemeng, net om hom mooi kleur te gee en daar gaan jy.
Ander opsie is in n slow cooker, dan is die verbeelding oop van n tipe van n kerrie to n portugese smaak...kook die bene af vir pastei...
molopohunter
Daai reseppie klink mooi, miskien moet ek sommer met 'n paar kransduiwe traai.
Ek het so rukkie trug op een van daai kook kanale gesien hoe die manne duiwe jag en dan na die tyd die duiwe verwerk.
Dit was amazing, hulle trek die vlerke af en dan druk die man sy vingers onder die vel in by die bors, sonder om die vel af te haal trek hy die borsvleis uit. Twee netjiese stukkies vleis wat hy dan op verskeie maniere gaarmaak. Dit vat hom letterlik 10 sekondes op 'n voel om die borsvleis so te verwyder, die res gooi hy weg.
Ek kan onthou hoe ons as kinders bosduiwe geskiet het en dan 'n vuurtjie gemaak het en hulle op 'n stok geryg het en gebraai het, die ou mense se filosofie was mos dit wat jy skiet moet jy eet.
Ja, ons MOES ook alles eet wat ons skiet, behalwe voels in die vrugte boord. Dit was sakgeld wat my oupa ons betaal het om hulle te skiet.
Jy kan daai dufk karkassies gebruik om n lekker aftreksel te maak en dan vries. Jy gebruik dit dan in jou potjie ipv om daai blokkies by die supermark te koop.
Was dit nie gordon ramsey nie? Hy het al tot n kraai laat lekker lyk.
Ek het my eerste Kolgaans geskiet net na ek uit die skool is, was vreeslik opgewonde, en het 'n resep by 'n pel gekry om hom in die oond te braai. Ook met olyf olie gesmeer ge spice en en met bacon toegedraai, het 'n paar appels "geliquidize" en hom gestop, om hom lekker vogtig te hou en dat hy nie uitdroog nie, het hom in foelie toegedraai en stadig gebak. Dit was HEERLIK!!! Ek kon nie wag nie!!! voelskiet was die ding vir my!!! Nooit weer so ek 'n hoender eet nie..... met my volgende ganse is ek toe vol selfvertroue en nooi my familie vir gebraaide kolgans...... Ek maak dit op presies die selfde manier gaar, en is vreeslik trots om my kookvernuf tentoon te stel..... DIT WAS ONEETBAAR!!!! nie eers die honde wou dit he nie!!! SO ek lag lekker as ek daai KFC comment lees, want ek was al daar! Moes gou ry om take-aways te kry om my gaste te voer. Van daai dag af is ek vreeslik versigtig om gans in die oond te bak