Vo?l skiet en eet?

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5123
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Vo?l skiet en eet?

Post by Pvdw »

Manne ek is in die duister.

Ek hoor so baie stories van eende, gaanse en duiwe wat heerlik in die pot is en dan weer stories van eend is droog en duif is taai.

Die van julle wat wel skiet, skiet julle vir die pot of gaan als maar ma die plaaswerkers toe??

Ek sal graag iets(wild) in die pot/oond wil sit maar wil nie na die tyd KFC toe ry om my honger gesin te voed nie ;D ;D

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Vo?l skiet en eet?

Post by BLOK »

Wildemakou en tarentaal al baie ge eet, jy sal verbaas wees hoe lekker is so wildemakou pastei as hy reg gemaak is.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Vo?l skiet en eet?

Post by Gerhard »

Peet,

10 bosduif borsies gee vir jou oor n kilo se vleis.

Maak baie lekke pasty met hulle.

Het te lank laas ander voels gejag en ge eet...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Vo?l skiet en eet?

Post by molopohunter »

In n pot is enige wilde voel lekker, of probeer bietjie die 1 as jy hom in die oond wil maak.
Dis maar baie na smaak maar hier is wat ek doen, gewoonlik met so 2-3 tarentale of fisante.
Skil hulle heeltemal en knip sommer die vlerkies waar die vel nie wil af nie.
Vat n oondpan, sit dan aartapells, wortels, selery en uie so in kwarte onder die pan, en die voels bo op die groete.
Gooi dan jou keuse van n spesery oor en n wyn of bietjie cherry. Ek gebruik nogals baie naaltjies en chicken spice. OBS werk mooi vir die wyn gedeelte.
Pak nou repe bacon oor die voels en maak hom toe met foelie. Teen so 180 C bak vir so 2 ure.
Haal die foelie af en voel of hulle al sag is. As hy nie is nie sit die foelie treug en kyk so elke 30 min. Party voels is taaier as ander.
As hy sag is sit n dik sous op, soos spare rib marinade met heuning gemeng, net om hom mooi kleur te gee en daar gaan jy.

Ander opsie is in n slow cooker, dan is die verbeelding oop van n tipe van n kerrie to n portugese smaak...kook die bene af vir pastei...

Laat weet of dit vir jou werk.
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
ablm468

Re: Vo?l skiet en eet?

Post by ablm468 »

molopohunter
Daai reseppie klink mooi, miskien moet ek sommer met 'n paar kransduiwe traai.

Ek het so rukkie trug op een van daai kook kanale gesien hoe die manne duiwe jag en dan na die tyd die duiwe verwerk.

Dit was amazing, hulle trek die vlerke af en dan druk die man sy vingers onder die vel in by die bors, sonder om die vel af te haal trek hy die borsvleis uit. Twee netjiese stukkies vleis wat hy dan op verskeie maniere gaarmaak. Dit vat hom letterlik 10 sekondes op 'n voel om die borsvleis so te verwyder, die res gooi hy weg.

Ek kan onthou hoe ons as kinders bosduiwe geskiet het en dan 'n vuurtjie gemaak het en hulle op 'n stok geryg het en gebraai het, die ou mense se filosofie was mos dit wat jy skiet moet jy eet.

Goeie ou dae.

Hansman
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Vo?l skiet en eet?

Post by molopohunter »

Hehe, Hansman,

Ja, ons MOES ook alles eet wat ons skiet, behalwe voels in die vrugte boord. Dit was sakgeld wat my oupa ons betaal het om hulle te skiet.
Jy kan daai dufk karkassies gebruik om n lekker aftreksel te maak en dan vries. Jy gebruik dit dan in jou potjie ipv om daai blokkies by die supermark te koop.

Was dit nie gordon ramsey nie? Hy het al tot n kraai laat lekker lyk.
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5123
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Vo?l skiet en eet?

Post by Pvdw »

Dankie almal.

Ek het gou op youtube gaan loer en dis redelik maklik om duiwe te "breast" soos hulle dit noem
10 bosduif borsies gee vir jou oor n kilo se vleis.
Ek het dit nooit besef nie :o :o

Dankie vir die raad en als.

Ek sien daar is baie toebehore tekoop vir duiwe jag. Daar is so 'n tou handsvatsel waarmee jy die duiwe dra, sommer tot 60 in een hand.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Vo?l skiet en eet?

Post by Gerhard »

Mens skil daai duif borsies amper uit.

Snoei sker werk lekker om die bene te knip.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
ablm468

Re: Vo?l skiet en eet?

Post by ablm468 »

Peet

As ek so na jou luister kan jy nie wag, soos ek vir die duiweseison om aan te breek nie.

Dit sal my eerste voeljag sien wees en ek gaan verseker van daai duiwe braai.

Sal laat weet hoe dit werk.

Groetnis

Hansman
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Vo?l skiet en eet?

Post by the kid »

Ek het my eerste Kolgaans geskiet net na ek uit die skool is, was vreeslik opgewonde, en het 'n resep by 'n pel gekry om hom in die oond te braai. Ook met olyf olie gesmeer ge spice en en met bacon toegedraai, het 'n paar appels "geliquidize" en hom gestop, om hom lekker vogtig te hou en dat hy nie uitdroog nie, het hom in foelie toegedraai en stadig gebak. Dit was HEERLIK!!! Ek kon nie wag nie!!! voelskiet was die ding vir my!!! Nooit weer so ek 'n hoender eet nie..... met my volgende ganse is ek toe vol selfvertroue en nooi my familie vir gebraaide kolgans...... Ek maak dit op presies die selfde manier gaar, en is vreeslik trots om my kookvernuf tentoon te stel..... DIT WAS ONEETBAAR!!!! nie eers die honde wou dit he nie!!! :-[ SO ek lag lekker as ek daai KFC comment lees, want ek was al daar! Moes gou ry om take-aways te kry om my gaste te voer. Van daai dag af is ek vreeslik versigtig om gans in die oond te bak ;D ;D ;D
Glock 19, Ruger m77 mkii ss 30-06, BSA .22, 12g ss, Lee Enfield.303, Ruger m77 mkii VT 25-06, Savage LRP .260 rem, Krico.222, Beretta 12g semi auto, Sako 6mm PPC, Zoli 20 GA.
Post Reply