[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0156.jpg[/img]
Ek dink dit was in 2003 iewers waar ek besluit het ek soek bittegraag 'n Rooi Hartbees trofee.
In tussen het ek 'n hele paar saam met kliente geskiet en toe 2007 Julie/Aug toe is ek saam met 'n klient Namibie toe vir die eerste keer om saam met Karl Stumpfe 'n bietjie te jag. Ek het in daardie selfde trip ook vir die enigeste Francois Marais ook ontmoet. Wie sou raai dat ons paaie weer sou kruis 4 jaar later op 'n internet forum.
In elk geval ons het gejag op die plaas wat op die grens sit met beide SA en Botswana in die kalahari. My klient het my saam gevat om die jag te film maar ook vir my gese ek kon beide 'n springbok en groter bok skiet ek kies toe natuurlik 'n hartbees. Hy het ook 'n nuwe Mauser M03 saamgebring vir die jag met 'n 8x68 S loop op en die nuwe Zeiss teleskoop met die built in rangefinder. Ek kan nie onthou of ek die springbok of hartbees eerste geskiet het nie maar nou ja ons sien toe die bul met sy wye horings en ek besluit toe dis my man daardie. Ons bekruip om toe en net oor die duin gekom toe hy mooi gaan staan teen die ander duin die afstand was ongeveer 180 meter. Ek le toe plat en gebruik die bipod op die geweer en daar gaan die skoot en toe sien ek die koeel slaan so voet regs voor hom in die sand ek kon nie glo wat gebeur het nie maar voor my sien ek toe paar droe grasse miskien het die koeel een gevang. In elk geval hier gaan ons agter die bul aan en hy steek toe vas op die ander duin en gee my nog 'n kans die keer gebruik ek toe die skietstokke mik vir die knoppe en die keer val hy en staan nie weer op nie.
Al die pad soontoe dink ek vir myself hoop nie skoot was te hoog en die kamme gevang nie? Ek het dit al genoeg gesien met my kliente maar hy het nie weer beweeg nie. En daar was dit toe my eerste hartbees trofee iets anders met baie wye horings hy het net oor 21" gemeet nie die grootse maar uitsonders. Ek is ook baie bly ek het gewag om my hartbees te skiet sodat dit in die Kalahari kon wees.
Rooi Hartbees
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Rooi Hartbees
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Rooi Hartbees
Frederik
Ek sal nou regtig nie omgee om so 'n bul te skiet nie, "iets besonders". Ek hoop jy kon die vleis gebruik want ek moet se dat van die rooihartebeeste wat ek al geeet het was baie lekker. Nou biltong, maalvleis en braaiwors.
Groete Ian
Ek sal nou regtig nie omgee om so 'n bul te skiet nie, "iets besonders". Ek hoop jy kon die vleis gebruik want ek moet se dat van die rooihartebeeste wat ek al geeet het was baie lekker. Nou biltong, maalvleis en braaiwors.
Groete Ian
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Rooi Hartbees
Fred,
Ek onthou die bul...
Bly maar n mooi trofee daai wat jy geskiet het.
Soek nog na my Rooi Hartbees
Ek onthou die bul...
Bly maar n mooi trofee daai wat jy geskiet het.
Soek nog na my Rooi Hartbees
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Rooi Hartbees
Pragtige karakter ! Ek wil ook eendag so n mooi bul skiet 
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Rooi Hartbees
Mooi bly maar mooi - netjies maat
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Rooi Hartbees
Baie netjies!
Ek wil ook n rooihartbees skiet :-( lol
Groete
Herman
Ek wil ook n rooihartbees skiet :-( lol
Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Rooi Hartbees
Dankie manne ek moet nou net iewers vir my 'n mooi cape vir hom kry en opstop hy is op die oomblik net 'n euro mount die prys was net te hoog om hom in Namibie te laat opstop. En nee ons het in en uit gelieg so kon nie die vleis terugbring nie maar ek ken hartbees vleis dit is lekker baie better as blesbok. 
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
Triple2
- Sr. Member

- Posts: 352
- Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm
Re: Rooi Hartbees
Baie mooi Hartseer bees Frederik.
Enigste trofee Red Hartbees wat ek kon kry lyk so. Net jammer ek kon hom nie cape nie.
Groete
D
Enigste trofee Red Hartbees wat ek kon kry lyk so. Net jammer ek kon hom nie cape nie.
Groete
D
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Rooi Hartbees
Maak leeg dan cape jy homTriple2 wrote: Enigste trofee Red Hartbees wat ek kon kry lyk so. Net jammer ek kon hom nie cape nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Rooi Hartbees
Triple 2, ek sien jy drink n lekker drankie. Dit sit hare op jou bors, kyk net vir Geno!! 


