Rooi Hartbees

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Rooi Hartbees

Post by Frederik »

[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0156.jpg[/img]

Ek dink dit was in 2003 iewers waar ek besluit het ek soek bittegraag 'n Rooi Hartbees trofee.
In tussen het ek 'n hele paar saam met kliente geskiet en toe 2007 Julie/Aug toe is ek saam met 'n klient Namibie toe vir die eerste keer om saam met Karl Stumpfe 'n bietjie te jag. Ek het in daardie selfde trip ook vir die enigeste Francois Marais ook ontmoet. Wie sou raai dat ons paaie weer sou kruis 4 jaar later op 'n internet forum.

In elk geval ons het gejag op die plaas wat op die grens sit met beide SA en Botswana in die kalahari. My klient het my saam gevat om die jag te film maar ook vir my gese ek kon beide 'n springbok en groter bok skiet ek kies toe natuurlik 'n hartbees. Hy het ook 'n nuwe Mauser M03 saamgebring vir die jag met 'n 8x68 S loop op en die nuwe Zeiss teleskoop met die built in rangefinder. Ek kan nie onthou of ek die springbok of hartbees eerste geskiet het nie maar nou ja ons sien toe die bul met sy wye horings en ek besluit toe dis my man daardie. Ons bekruip om toe en net oor die duin gekom toe hy mooi gaan staan teen die ander duin die afstand was ongeveer 180 meter. Ek le toe plat en gebruik die bipod op die geweer en daar gaan die skoot en toe sien ek die koeel slaan so voet regs voor hom in die sand ek kon nie glo wat gebeur het nie maar voor my sien ek toe paar droe grasse miskien het die koeel een gevang. In elk geval hier gaan ons agter die bul aan en hy steek toe vas op die ander duin en gee my nog 'n kans die keer gebruik ek toe die skietstokke mik vir die knoppe en die keer val hy en staan nie weer op nie.

Al die pad soontoe dink ek vir myself hoop nie skoot was te hoog en die kamme gevang nie? Ek het dit al genoeg gesien met my kliente maar hy het nie weer beweeg nie. En daar was dit toe my eerste hartbees trofee iets anders met baie wye horings hy het net oor 21" gemeet nie die grootse maar uitsonders. Ek is ook baie bly ek het gewag om my hartbees te skiet sodat dit in die Kalahari kon wees.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Rooi Hartbees

Post by Ian »

Frederik

Ek sal nou regtig nie omgee om so 'n bul te skiet nie, "iets besonders". Ek hoop jy kon die vleis gebruik want ek moet se dat van die rooihartebeeste wat ek al geeet het was baie lekker. Nou biltong, maalvleis en braaiwors.

Groete Ian
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Rooi Hartbees

Post by Gerhard »

Fred,

Ek onthou die bul...

Bly maar n mooi trofee daai wat jy geskiet het.

Soek nog na my Rooi Hartbees
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Rooi Hartbees

Post by Kallie404 »

Pragtige karakter !  Ek wil ook eendag so n mooi bul skiet ;)
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Rooi Hartbees

Post by theedge »

Mooi bly maar mooi - netjies maat
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Rooi Hartbees

Post by Herman Venter »

Baie netjies!

Ek wil ook n rooihartbees skiet :-( lol

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Rooi Hartbees

Post by Frederik »

Dankie manne ek moet nou net iewers vir my 'n mooi cape vir hom kry en opstop hy is op die oomblik net 'n euro mount die prys was net te hoog om hom in Namibie te laat opstop. En nee ons het in en uit gelieg so kon nie die vleis terugbring nie maar ek ken hartbees vleis dit is lekker baie better as blesbok.  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: Rooi Hartbees

Post by Triple2 »

Baie mooi Hartseer bees Frederik.
Enigste trofee Red Hartbees wat ek kon kry lyk so. Net jammer ek kon hom nie cape nie.
Groete
D
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Rooi Hartbees

Post by Frederik »

Triple2 wrote: Enigste trofee Red Hartbees wat ek kon kry lyk so. Net jammer ek kon hom nie cape nie.
Maak leeg dan cape jy hom  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Rooi Hartbees

Post by grumpy »

Triple 2, ek sien jy drink n lekker drankie. Dit sit hare op jou bors, kyk net vir Geno!!  ;D
Post Reply