Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Sterkte om dit te probeer oplos, het ook al gehoor van gewere wat tegelyk aan twee verskillende eienaars uitgeryk is.
Phillip
Ek het gister weer geb?l en jy is reg, daar is skielik geen sprake van 'n backlog nie. Nou wonder ek net hoekom l? een stel dokumente dan al drie maande stil op een plek
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Ek is van Mosselbaai. Ek het my wapen lisensie aansoeke reeds die 18 Aug 2011 ingegee en hulle het my die 8 st Maart laat weet dat hulle goed gekeer is.
Ek wag nou reeds meer as twee maande vir die kaartjie om gedruk te word. Het al almal gebel, van die drukker in Pretoria, die kantore in die Kaap en die polisie
in Mosselbaai. Hulle het my laat weet dat ek hulle moet kontak as die Lisensies nie teen die 20 st Mei gedruk is nie, sodat hulle kan vra vir n "re-print". Ek weet nie hoe wil hulle n "re-print" doen as die eerste kaartjies nog nie gedoen is nie.
Die dame in die Kaap het my ook gese dat die kaartjies van Pretoria slegs een maal n maand na die Kaap getuur word as hulle daar gedruk word.
Ek raak nou regtig moedeloos, want een van die lisensies wat ek voor wag is vir my .300 Win mag. Ek het my ou .300 van my naam laat af haal om vir die nuwe een aasoek te doen.
Die Jag in Nam kom nou vinnig nader en ek wil nie die Gemsbokke en Eland met die .303 aanvat nie, die afstande daar is altyd ver.
Slegte nuus is dat my 243 aansoek nou al stil l? by CFR vanaf 9 Feb 2012
Goeie nuus is my .338 se aansoek is goedgekeur binne veertien dae van ek hom by my lokale DFO ingehandig het {in die Vrystaat, hy was skaars 'n week in PTA en als is klaar
10 Mei ingehandig
24 Mei goedgekeur !
DANKIE S & O
DANKIE VIR DAAI ROOI HUNTEX STEMPEL SAWJV
Mooiloop
Marc
Last edited by Marc on Mon May 28, 2012 9:32 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Naand Manne
My 308 is goedgekeur. 7 weke nadat ek dit ingegee het by polisie kantoor. Het hom van dag gaan haal. Baie opgewonde om n paar skote te skiet. Was seker baie gelukkig. Jamer vir die ouens wat lank moet wag. My hart bloei vir julle.
.22 Tyrol
223 Howa
308 Remington sps varmint
38 spesial.
Manne ek het onlangs bel? in 'n 7x57 Musgrave Mod 90 wat minder as 'n pakkie rondtes deur sy loop het. Geweer lyk en voel nog soos nuut. Lisensie aansoek einde Maart 2012 in gedien en sopas nuus gekry dat die lisensie goed gekeur is (9 weke na indiening).
CFR, groot dankie vir julle uitmuntende diens - dit wil gedoen wees! Julle begin my stadig aan ooreed dat dinge goed aan die herstel is daar. Weet eending, dit gaan nie ongesiens deur nie.
USER:G-force
Type:Section 16 for 30-06 and a .22 Pistol
Submitted:17-04-2012
Approved:29-5-2012
Assosiation:SADPA and SA Wingshooters
Area:Gauteng North
Dankie CFR.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Ja nee Freek. ek sien almal kry liksense - behalwe ek.
My eerste wapen wag ek nou al 9 JAAR. Soos ek gese het dis nou al reeds iemand anders se gelisensieerde eiendom...
Die tweede een is nou al reeds 'n JAAR
Wie weet hoe lank nou nog. Elke keer as ek met iemand daar praat dan gaan hulle nou eers dit doen en dit gaan soveel weke neem, en die' een sal nou dat doen en so neuk hulle aan.
Dit lyk my dis net die groen lisensies wat lewenslank geldig is wat hulle so gou moontlik wil vervang sodat hulle later jou weer met hulle kwaadaardigheid kan teister. Die doel van die vreeslike (en onwettige) wapenwet is steeds om mense te ontwapen, nie om jou te 'help' nie.
Mooi man Freek, dinge gebeur verseker nou weer daar bo.
Geluk G
Mag ek my verstout deur te laat weet dat daar 'n interne skrywe uit is in SAPS wat opdrag gee dat alle aansoeke binne twee weke afgehandel moet wees as hulle in PTA aankom Moet net nie s? julle kry die inligting by my nie
Piet Skiet en Webwolf sal getuig of my reghelp as ek nou lelik jok
As jy weer CFR bel s? hulle jy weet van die omsent brief, dalk net kry daai verlore seun sy huis
Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Fanie, ek hoor jou en ek is totaal eens met jou gevoel. Aanvanklik het my herlisensiering (soos meeste) gesloer, jaar plus gewag voor dit eventualy afgehandel was. Verlede jaar aansoek gedoen vir nuwe 243 en binne 3 maande toe is alles af gehandel, en nou die 7x57 wat binne 2 maande deur is.
Glo my ek is skepties opgewonde maar ek voel dit is regverdig om krediet te gee waar dit toekom. Ek weet daar is baie manne wat vas geval het met hulle aansoeke en hulle het goeie reg om ongelukig te wees. Hierdie wapen eienaars het meer as hul kant gebring om by die vereiste regulasies te bly en nou is die hande af gekap. Ek hoop regtig iemand by CFR lees hier en besef dat ten spyte van die verbeterde diens wat nuwe aansoeke nou geniet, daar steeds baie ou was goed in hul kas l? wat dringend uit gesorteer moet word sodat ons hopelik eendag weer ten volle op hul diens kan staat maak.
Sterkte aan almal wat nog wag, moet asb. nie moed opgee nie. Bel gereeld en pla hulle, dis al hoe mens diens uit die lot gaan kry. Maak ook gebruik van SA JAGTERS EN WILDBEWARING VEREENIGING hulle het ook nogals 'n manier om aksie in daai CFR kantoor te kry.
Fanie wrote:
Ja nee Freek. ek sien almal kry liksense - behalwe ek.
My eerste wapen wag ek nou al 9 JAAR. Soos ek gese het dis nou al reeds iemand anders se gelisensieerde eiendom...
Die tweede een is nou al reeds 'n JAAR
Wie weet hoe lank nou nog. Elke keer as ek met iemand daar praat dan gaan hulle nou eers dit doen en dit gaan soveel weke neem, en die' een sal nou dat doen en so neuk hulle aan.
Dit lyk my dis net die groen lisensies wat lewenslank geldig is wat hulle so gou moontlik wil vervang sodat hulle later jou weer met hulle kwaadaardigheid kan teister. Die doel van die vreeslike (en onwettige) wapenwet is steeds om mense te ontwapen, nie om jou te 'help' nie.
Fanie gaan kyk jou PM.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Hi manne,
Wie bel julle om biki vuur onder die manne daar te maak? Ek bel gereeld daai algemene navra nommer maar daardie mense kan my glad nie help nie, my bevoegdheid le nou al van 24 April af om oorweeg te word, alles is klaar gedoen , dis al wat nou moet gebeur!
Naand manne.
Ek was vanoggend uit my vel uit.
SAP het vanoggend gesms fat my 243 se liksens goedgekeur is.
Nuwe rekord vir die Paarl.
Presies vier weke geneem vandat ek hom op 30 April ingegee het.
Whoooooooooopi!!!!!!!!!!!!!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
7mm wrote:
Naand manne.
Ek was vanoggend uit my vel uit.
SAP het vanoggend gesms fat my 243 se liksens goedgekeur is.
Nuwe rekord vir die Paarl.
Presies vier weke geneem vandat ek hom op 30 April ingegee het.
Whoooooooooopi!!!!!!!!!!!!!
G-force wrote:
USER:G-force
Type:Section 16 for 30-06 and a .22 Pistol
Submitted:17-04-2012
Approved:29-5-2012
Assosiation:SADPA and SA Wingshooters
Area:Gauteng North
Dankie CFR.
Gister bel die dame my van die stasie af om te se sy het die kaartjies in haar hand sovel as my vrou s'n wat die selde dag goedgekeur was.
Dit was n volle sewe dae!
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Goeie more manne (ooms). Eks 22 jaar oud en het die kans gekry om n musgrave 30-06 by n oom te koop wat ek teminste kan bekostig. Ek het my competency sertifikaat maar nog nie die competency van polisie af nie. Ek het ook die geleentheid gekry om die 11 julie te gaan jag. Is daar miskien iemand wat iemand ken wat vir my kan reel om my lisensie proses vinniger te laat plaasvind. Asseblief as iemand kan help. Ek wil nie die geweer verloor nie. Groete Christiaan. 084 5agt2064een
Musgrave 30-06
Lee enfield 303
Airarms s400 FAC 5.5mm
Hi Christiaan, My voorstel is koop die geweer by die oom en doen solank aansoek terwyl jy ook nog wag vir jou bevoegdheid vanaf SAPS. Jou plaaslike SAPS kan jou help met die proses. Dan verloor jy nie die geweer nie en jy spaar tyd deurdat die 2 aansoeke saam loop.
Dinge gaan wel vinniger maar 11 Julie is dalk bietjie optimisties. Moenie oorhaastig wees nie, vat jou tyd en wees 100% seker van die geweer wat jy koop, asook die volledigheid van jou motivering - jy wil h? alles moet so glad moontlik verloop sodra dit eers ingedien is.
Weet nie van die skrywe nie, maar my kontakte het wel genoem dat daar vuur onder die manne se XXXX gemaak is met betrekking tot goedkeuring en verwerking. Ek het my .357 Lisensie in hand 4 weke na aansoek. Kan dus nie kla nie.
Daar is geen rede meer volgens 'n ( ?nsider) daar om lank te neem nie, maar dit kan ook afhang van die streek waarin die aansoek gedoen is.
Ek bel elke week en elke keer is daar nuwe beloftes en verwikkelinge. NEGE f JAAR al !
Van AL my tyd wat hulle al gemors het, laat hulle vir my NET EEN DAG DAARVAN TERUGGEE !
Die poelieste se beheer oor die uitreik van wapen liksense WERK NIE,
Hoe kan onbevoegdes besluit ander is onbevoeg Sonder bewyse