Barnes + .375 maak mooi!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Barnes + .375 maak mooi!

Post by Piet Pille »

Dagse mense

Man, het ek nou 'n lekker naweek gehad! Het vrydag-middag uitgery om te kyk of ons nie 'n eland of twee kon kry nie. Dit was die eerste keer dat ek met die Barnes TSX 270greiners sou jag..... en was dit nou 'n sukses!

Daai koele vat nie nonsens nie en is baie akkuraat in my geweer. Ek het hierdie bul geskiet nadat ek en die boesmantjie ver op hulle spoor geloop het en mooi bekruip het. Die wind was moeilik en het baie gewissel tussen Suid en oos. Dit was ook vrek koud! Ek het uiteindelik 'n skoot gekry so op 70m in redelike digte bos. Dit was 'n Bul-trop van so 10 sterk. Toe die skoot klap was dit chaos soos takke breek en bosse uit die grond geharloop word! Ek het ongelukkig die bok uit my teleskoop verloor toe die skoot loop, maar my gids het my verseker hy het net daar geval. Daar gekom het hy netsoos op die foto regop op sy pens gel?.
So baie graag die koeel wou kry om te kyk, maar hy's iewers in daai dik nekwerwels weg.


[img width=560 height=420]http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... 7Small.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... 8Small.jpg[/img]

Groete en sterkte met die Maandag!
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by Geno »

Baie geluk Pieter!
Dis 'n bitter mooi eland!
Goed, beter, 6millimeter!
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by Vlakvark »

Mooi Pieter
Goed gedoen Lyk na 'n mooi bul
Image
Image
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by Wouter Roets »

Hallo Pieter

Baie geluk met die pragtige eland! Bly die Barnes'e het nie teleur gestel nie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Vincehond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Mon Jul 18, 2011 2:22 pm

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by Vincehond »

Geluk met daai eland.

Kan nie verkeerd gaan met n TSX nie
Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by G-force »

Baie geluk,goeie skoot en pragtige bull.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by Lourens »

Baie geluk, pragtige bul daai!!

Barnes TSX groete,
Lou
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by Carl »

Blikemmer dis mooi eland, lekker storie. Help bietjie met die Maandag.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
atplay
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sun Mar 18, 2012 12:19 am

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by atplay »

Skote petoors! - netjies!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by DawieKotze »

Wragtag pragtig!!

Is dit van daai Grootfontein elande? Daai goed raak masief daar! Wat het hy uitgeslag?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by Gerhard »

Hoe lekker is dit om van so n eland jag te lees en die elke tweede reeltjie te lees van of dit nou n kaapse eland is of nie... En wat hy gemeet het nie...

Mooi storie  Pieter en mooi fotos daarby.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by DWB »

Is daai 'n Lord Derby? Lyk na nuwe Rowland Ward, wat het hy gemeet?

Hehehe, spot net Gerhard
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by Marc »

Pieter Vorster wrote: Dagse mense

Man, het ek nou 'n lekker naweek gehad!
Man Pieter sal ek jou nogal glo  ;)  8)

Daai was sekerlik 'n unieke ervaring gewees. Soos Gerhard s? dis lekker om te sien daar is manne wat nog net jag en niks meet en weeg stories nie  8)

Dankie vir die deel  ;) So mooi bul is ook redelik hoog op my wens lysie  ;D

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by Piet Pille »

Baie dankie almal- ek waardeer die mooi woorde!
Ek het die eland hier naby Grootfontein gejag. Ek weet nie wat sy horinglengtes of karkasgewig was nie, maar die horings was nie uitsonderlik nie, alhoewel die basisse lekker  dik was. Dit was al 'n ou man, en hy was lekker DUK! Skat seker hier in die koers van 380/400kg.

Ek het nie geweeg/gemeet nie- ek heg maar altyd my waarde aan die storie rondom die jag van die dier ipv die grootte. Daar is heelwat fotos en trofees in my braai-area wat nie roland ward materiaal is nie, maar waarop ek netso trots is omdat ek daardie spesifieke dier kan assosieer met 'n mooi en lekker tyd in my lewe. Vir my is 'n trofee 'n herhindering, nie 'n prestasie nie.

Ek moes hom vir die eienaar skiet wat self nie jag nie, so ek weet ongelukkig nie die karkasgewig nie en kan maar net raai, maar vir my maak dit nie saak nie.

Hy sal vir altyd in my gedagtes bly as my eerste eland met die 375H&H. wat ek geskiet het met 'n 270gr Barnes TSX wat ek self gelaai het, nadat ek  my flou gestap het op sy spoor in boesmanland se diksand saam met Mische die boesmangids op 'n baie koue en winderige Junie-more.... :D :D :D :D :

Wat ek wel kan s?- die eienaar het gevra dat ek asb. nie een van die heel groot bulle moet skiet nie........ toe ek en Mische uiteindelik hierdie bul-trop kry, was hierdie ene die kleinste ene van die 4 waarop ek wel 'n skoot gehad het.......!! :o
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Barnes + .375 maak mooi!

Post by Hugov »

Goeie werk Pieter!!!

Ek stem vir daai barnes manne hulle ken die storie!

Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
Post Reply