Barnes + .375 maak mooi!
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Barnes + .375 maak mooi!
Dagse mense
Man, het ek nou 'n lekker naweek gehad! Het vrydag-middag uitgery om te kyk of ons nie 'n eland of twee kon kry nie. Dit was die eerste keer dat ek met die Barnes TSX 270greiners sou jag..... en was dit nou 'n sukses!
Daai koele vat nie nonsens nie en is baie akkuraat in my geweer. Ek het hierdie bul geskiet nadat ek en die boesmantjie ver op hulle spoor geloop het en mooi bekruip het. Die wind was moeilik en het baie gewissel tussen Suid en oos. Dit was ook vrek koud! Ek het uiteindelik 'n skoot gekry so op 70m in redelike digte bos. Dit was 'n Bul-trop van so 10 sterk. Toe die skoot klap was dit chaos soos takke breek en bosse uit die grond geharloop word! Ek het ongelukkig die bok uit my teleskoop verloor toe die skoot loop, maar my gids het my verseker hy het net daar geval. Daar gekom het hy netsoos op die foto regop op sy pens gel?.
So baie graag die koeel wou kry om te kyk, maar hy's iewers in daai dik nekwerwels weg.
[img width=560 height=420]http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... 7Small.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... 8Small.jpg[/img]
Groete en sterkte met die Maandag!

.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Hallo Pieter
Baie geluk met die pragtige eland! Bly die Barnes'e het nie teleur gestel nie.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Vincehond
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Mon Jul 18, 2011 2:22 pm
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Geluk met daai eland.
Kan nie verkeerd gaan met n TSX nie
Kan nie verkeerd gaan met n TSX nie
Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Baie geluk,goeie skoot en pragtige bull.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Baie geluk, pragtige bul daai!!
Barnes TSX groete,
Lou
Barnes TSX groete,
Lou
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Blikemmer dis mooi eland, lekker storie. Help bietjie met die Maandag.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

atplay
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Sun Mar 18, 2012 12:19 am
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Skote petoors! - netjies!
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Wragtag pragtig!!
Is dit van daai Grootfontein elande? Daai goed raak masief daar! Wat het hy uitgeslag?

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Hoe lekker is dit om van so n eland jag te lees en die elke tweede reeltjie te lees van of dit nou n kaapse eland is of nie... En wat hy gemeet het nie...
Mooi storie Pieter en mooi fotos daarby.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Is daai 'n Lord Derby? Lyk na nuwe Rowland Ward, wat het hy gemeet?
Hehehe, spot net Gerhard
Hehehe, spot net Gerhard
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Man Pieter sal ek jou nogal gloPieter Vorster wrote: Dagse mense
Man, het ek nou 'n lekker naweek gehad!
Daai was sekerlik 'n unieke ervaring gewees. Soos Gerhard s? dis lekker om te sien daar is manne wat nog net jag en niks meet en weeg stories nie
Dankie vir die deel
Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Baie dankie almal- ek waardeer die mooi woorde!
Ek het die eland hier naby Grootfontein gejag. Ek weet nie wat sy horinglengtes of karkasgewig was nie, maar die horings was nie uitsonderlik nie, alhoewel die basisse lekker dik was. Dit was al 'n ou man, en hy was lekker DUK! Skat seker hier in die koers van 380/400kg.
Ek het nie geweeg/gemeet nie- ek heg maar altyd my waarde aan die storie rondom die jag van die dier ipv die grootte. Daar is heelwat fotos en trofees in my braai-area wat nie roland ward materiaal is nie, maar waarop ek netso trots is omdat ek daardie spesifieke dier kan assosieer met 'n mooi en lekker tyd in my lewe. Vir my is 'n trofee 'n herhindering, nie 'n prestasie nie.
Ek moes hom vir die eienaar skiet wat self nie jag nie, so ek weet ongelukkig nie die karkasgewig nie en kan maar net raai, maar vir my maak dit nie saak nie.
Hy sal vir altyd in my gedagtes bly as my eerste eland met die 375H&H. wat ek geskiet het met 'n 270gr Barnes TSX wat ek self gelaai het, nadat ek my flou gestap het op sy spoor in boesmanland se diksand saam met Mische die boesmangids op 'n baie koue en winderige Junie-more....
:
Wat ek wel kan s?- die eienaar het gevra dat ek asb. nie een van die heel groot bulle moet skiet nie........ toe ek en Mische uiteindelik hierdie bul-trop kry, was hierdie ene die kleinste ene van die 4 waarop ek wel 'n skoot gehad het.......!!
Ek het die eland hier naby Grootfontein gejag. Ek weet nie wat sy horinglengtes of karkasgewig was nie, maar die horings was nie uitsonderlik nie, alhoewel die basisse lekker dik was. Dit was al 'n ou man, en hy was lekker DUK! Skat seker hier in die koers van 380/400kg.
Ek het nie geweeg/gemeet nie- ek heg maar altyd my waarde aan die storie rondom die jag van die dier ipv die grootte. Daar is heelwat fotos en trofees in my braai-area wat nie roland ward materiaal is nie, maar waarop ek netso trots is omdat ek daardie spesifieke dier kan assosieer met 'n mooi en lekker tyd in my lewe. Vir my is 'n trofee 'n herhindering, nie 'n prestasie nie.
Ek moes hom vir die eienaar skiet wat self nie jag nie, so ek weet ongelukkig nie die karkasgewig nie en kan maar net raai, maar vir my maak dit nie saak nie.
Hy sal vir altyd in my gedagtes bly as my eerste eland met die 375H&H. wat ek geskiet het met 'n 270gr Barnes TSX wat ek self gelaai het, nadat ek my flou gestap het op sy spoor in boesmanland se diksand saam met Mische die boesmangids op 'n baie koue en winderige Junie-more....
Wat ek wel kan s?- die eienaar het gevra dat ek asb. nie een van die heel groot bulle moet skiet nie........ toe ek en Mische uiteindelik hierdie bul-trop kry, was hierdie ene die kleinste ene van die 4 waarop ek wel 'n skoot gehad het.......!!
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
- Hugov
- Hero Member

- Posts: 684
- Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Re: Barnes + .375 maak mooi!
Goeie werk Pieter!!!
Ek stem vir daai barnes manne hulle ken die storie!
Groete H

9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie