Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
BoogJagter111p
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am

Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by BoogJagter111p »

Goeienaand almal, hier volg my storie.(hoop nie hy is te lank nie. ;D)

Die plaas Doornrand is so 15km buite swartwater gelee in die hartjie van die bosveld. Ons gesin het maandag middag 13:00 daar aangekom, waarna ons afgepak het en die plaas gaan verken het.

Ons het meer gekonsentreer op boogjag aangesien dit ons tweede jaar sou wees om aktief boog te skiet. Het ook die 338-06 en 6x45 ingepak vir ingeval. My eerste doel was om 'n eland koei te skiet, min wetend dat dit my 4 dae sou neem om haar te kry. My pa en broer sou skiet wat ookal die geleentheid bied.

Dinsdag oggend is ons vroeg uit om in die skuiling te kom. Drie boee en drie skuilings, moes ons darm iets kry... Ek het skote gehad op 'n paar bobbejane, maar die wild was senuweeagtig en die gemsbokke asook die roohartbeeste het geweier om in te kom water toe. Presies 17:20 tien minute voor die afsluit van die aand, het 'n varkie skielik ingehardloop water toe met sy agterkant na my. Ek het besluit dis nou of nooit en my boog gespan. Die varkie het erg QA gestaan en die pyl is mooi deur die pens tot in die longe en het vasgesteek in die oorkantse skouerbeen, wat ook afgeskiet is. Varkie het so 40m verder die pyl teen n boom gaan afbreek, asook die gees gegee so 5m van die boom. Dag een is verby.

[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00635.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00662.jpg[/img]
Spekvet en gesonde varkie

Dag 2 was stil, alhoewel ek baie gesien het en skote kon vat, was ek elke keer oortuig dat die elande net daar buite staan en dan wil ek nie die vrede versteur met n skoot nie. Daar het niks geval die dag nie.

Paar fotos wat volg wys die wild wat ingekom het gedurnede die tye wat ek gewag het by verskillende blinds.

[img width=560 height=373]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 030042.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 050005.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 020034.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 010956.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00805.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00775.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00675.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C12353.jpg[/img]

Dag 3 het my pa, wat nou hoogs gefrustreer was met die boogskiet besluit om 'n draai te gaan stap met sy 338-06. 09:30 die oggend  val 'n baie mooi rooihartbees bul, met 'n perfekte, dalk bietjie te voor skoot. My broer se geluk het ook gedraai en hy skiet met sy Bowtech Assasin 55pond 'n mooi sog net so voor etenstyd. Die rage 2-blade het mooi gesny. By my blind was dit chaos... N stuk of 15 elande het ingekom water toe, asook na die lusern wat ons gegooi het om die bokke nader te kry, en onder hulle slegs een koei wat skietbaar was, al die ander is jong koeie of kalwers van laasjaar. Menige kere het die koei ingekom 'n mond vol lusern geneem om dan maar net weer buite skietafstand te beweeg of met haar boude na my toe te staan en kou. My geduld is getoets en ekt ten minste driekeer my gespande boog moes laat skiet aangesien sy 'n skoot bied en dan net so vinnig weer wegdraai. Na hulle genoeg geeet het, asook water gedrink het, het hulle wegbeweeg en ek is moedeloos terug kamp toe.

My pa se rooihartbees.
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00852.jpg[/img]

Broer se varkie
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 020034.jpg[/img]

Dag 4, d-day. Ons was weer vroeg uit, ek en my pa is uit blinds toe en my broer na die plaas oorkant die pad om 'n blesbok te loop soek. Ons was seker so twee ure in die blind toe kom dieselfde groep eland van gister in met die groot koei voor in die koor. Ekt gespan, en gewag dat sy plankdwars staan. My skoot was bietjie agter, maar ekt goed gevoel oor die skoot. In my onkunde van boogjag het ons die eland te vroeg opgevolg en haar onder 'n boom aangetref waar sy nog regop probeer staan het. Sy het geskrik en met n helse vaart daar weggespring, dadelik begin ek dink aan kwes bok... Ons het die PH/voorman gekontak en die opvolg is verder gevat met 'n geweer. Bloedspoor was maklik om te volg, omdat sy baie goeie bloed gegooi het. Sy het intussen weer gaan le, maar sy het ons eerste gesien en weer met baie stof spore gemaak, die PH het twee skote geskiet, waarvan ons later sou sien dat een mis was en die ander een deur die bout/pens/van agter... Dit was genoeg vir koei en sy het neergeval, maar my eland was nou stukkend geskiet. Nadere inspeksie het getoon dat die eland boud nog heel was en die skoot darm nie veel vleisskade gemaak het nie. My skoot met die boog was heel goed gewees en die afslag van die eland sou gewys het dat ek een long stukkend geskiet het met die ingang en die ander long rakelings getref het, daarom die rede hoekom die eland so gehardloop het. As ons haar maar net gelos het, en nie opgevolg het nie, is ek seker dat sy sou doodgaan onder die eertse bos waar ons haar die eerste keer gekry het. Voel nou nog sleg oor die skoot, wat nie n doodskoot was nie, maar soos hulle se watter jagter het nie al gekwes nie, solank jy daaruit leer en dit beter doen volgende keer!

Eland skootplasing.
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00816.jpg[/img]

Eland foto
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00842.jpg[/img]

Die middag het my pa 'n mooi rooibok ram geskiet met die Bowtech Striker kruisboog (wat ek op die forum voor aanbeveling gekry het en wragtag, daardie ding kan skiet!!), maar op 26m het hy gestring jump, en hom amper verloor. Gelukkig het die kruisboog genoeg skade aangerig om hom nogsteeds te laat val.

Rooibok ram(Jammer oor bloed.)
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 010951.jpg[/img]

Dag 5 het ek in die veld beweeg opsoek na 'n rooihartbees koei, maar slegs skote op drie varke gekry. Geen skoot gevat op hulle nie, want almal was klein varkies gewees. Het ook helder oordag in n jakkels vasgeloop en ek weet nou nog nie wie die grootste geskrik het nie. Moet wel se ek het stadiger as hy gereageer want voor ek my geweer in die skouer gehad het was hy weg. My broer het dieselfde dag 'n jakkels geskiet op die aangrensende plaas, omtrent op so 85m met die 6x45. (daar het wel nie veel van hom oorgebly nie.) Hulle is vollop, het elke oggend en aand vir ons geskree. Oppad om my broer te gaan haal op die aangrensende plaas het ons vasgery in 'n meneer van n luiperd, my eerste buite die Kruger wildtuin, seker so 150m van ons af. Al met die grensdraad op gehardloop asof hy n uitgang plek soek.

Jakkels geskiet
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 020101.jpg[/img]

Sondag het ons rustig verkeer en al die ou familie en vriende op swartwater gaan opspoor wat ons jare laas gesien het. Maandag oggend het ons vertrek huistoe, eers net gou by robbie gestop en ons vleis afgelaai, en waar ek nou hier sit en tik kou ek lekker aan een van sy stukke biltong. Dankie Robbie en dan wil ek ook vir Petrie bedank vir die kepse wat hy op kort kennisgewing gemaak het!

Een van die tree stands
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00829.jpg[/img]

Buffels ook teenwoordig op die plaas.
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 020116.jpg[/img]

Die jag was nou nie so suksesvol in terme van die hoeveelheid bokke of doodskote nie, maar om in die veld te gewees het en die hart te kon vul met GOD se natuur maak hierdie trip een van die bestes! My pa werk in 'n plek waar daar net sand en blink geboue is, so die wegbreek na die bosveld waar hy groot geword het was 'n vakansie duidend!

Tot 'n volgende keer.

Groete
Manie

[img width=560 height=373]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 040022.jpg[/img]
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by GreyGhostGear »

Sjoe Manie, was nou regtig lekker om te lees.
Ek is bly julle het dit geniet,
Cheers
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by Gerhard »

Baie mooi verslag.

Geluk met die bokke
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by Kallie404 »

Mooi geskiet,geskryf en baie mooi fotos Manie ;)
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by douw »

Baie mooi!!!

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by Carl »

Mooi storie lekker gejag saam met jou.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by Eugene »

Baie geluk!

Baie mooi storie en mooi foto's geneem!

Ek wag maar altyd met die opvolg so 30 - 60 min vir 'n goeie skoot en 60 - 120 min vir 'n minder goeie skoot. 'n Bok se adrenalien kan hom nog ver dra, al het hy 'n goeie skoot in.

Groete
Aim small, miss small
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by FCLoretz »

Baie geluk met die mooi bokke.

Goeie verslag.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
BoogJagter111p
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by BoogJagter111p »

Dankie menere, bly ek kon my ervaring met julle deel!!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by Frederik »

Netjiese verslag
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by Hilux01 »

Uitstekende verslag

Lyk sommer of dit n great tyd was
Ons jag ook altyd in daai omgewing was Junie op Maasstroom en mid Augustus op Swartwater
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by Stefan764 »

Give that man a Bells!!

Mooi geskryf mater!

Ek sou daai een Magnum of SA Jagter toe stuur...

Groete
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by Marc »

Baie geluk met die mooi diere. goeie verslag  ;)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by SV MAD (Henk) »

Hi Manie.

Awesome! Baie geluk met die diere, baie mooi stories. Ek gee gewoonlik so 30 minute as ek nie die bok hoor of sien val het nie.

Groete
Henk
ek soek nog wapens...
BoogJagter111p
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am

Re: Jag te Doornrand, 9-15 Julie 2012.

Post by BoogJagter111p »

Dankie julle!! ;)
Post Reply