Die plaas Doornrand is so 15km buite swartwater gelee in die hartjie van die bosveld. Ons gesin het maandag middag 13:00 daar aangekom, waarna ons afgepak het en die plaas gaan verken het.
Ons het meer gekonsentreer op boogjag aangesien dit ons tweede jaar sou wees om aktief boog te skiet. Het ook die 338-06 en 6x45 ingepak vir ingeval. My eerste doel was om 'n eland koei te skiet, min wetend dat dit my 4 dae sou neem om haar te kry. My pa en broer sou skiet wat ookal die geleentheid bied.
Dinsdag oggend is ons vroeg uit om in die skuiling te kom. Drie boee en drie skuilings, moes ons darm iets kry... Ek het skote gehad op 'n paar bobbejane, maar die wild was senuweeagtig en die gemsbokke asook die roohartbeeste het geweier om in te kom water toe. Presies 17:20 tien minute voor die afsluit van die aand, het 'n varkie skielik ingehardloop water toe met sy agterkant na my. Ek het besluit dis nou of nooit en my boog gespan. Die varkie het erg QA gestaan en die pyl is mooi deur die pens tot in die longe en het vasgesteek in die oorkantse skouerbeen, wat ook afgeskiet is. Varkie het so 40m verder die pyl teen n boom gaan afbreek, asook die gees gegee so 5m van die boom. Dag een is verby.
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00635.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00662.jpg[/img]
Spekvet en gesonde varkie
Dag 2 was stil, alhoewel ek baie gesien het en skote kon vat, was ek elke keer oortuig dat die elande net daar buite staan en dan wil ek nie die vrede versteur met n skoot nie. Daar het niks geval die dag nie.
Paar fotos wat volg wys die wild wat ingekom het gedurnede die tye wat ek gewag het by verskillende blinds.
[img width=560 height=373]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 030042.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 050005.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 020034.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 010956.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00805.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00775.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00675.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C12353.jpg[/img]
Dag 3 het my pa, wat nou hoogs gefrustreer was met die boogskiet besluit om 'n draai te gaan stap met sy 338-06. 09:30 die oggend val 'n baie mooi rooihartbees bul, met 'n perfekte, dalk bietjie te voor skoot. My broer se geluk het ook gedraai en hy skiet met sy Bowtech Assasin 55pond 'n mooi sog net so voor etenstyd. Die rage 2-blade het mooi gesny. By my blind was dit chaos... N stuk of 15 elande het ingekom water toe, asook na die lusern wat ons gegooi het om die bokke nader te kry, en onder hulle slegs een koei wat skietbaar was, al die ander is jong koeie of kalwers van laasjaar. Menige kere het die koei ingekom 'n mond vol lusern geneem om dan maar net weer buite skietafstand te beweeg of met haar boude na my toe te staan en kou. My geduld is getoets en ekt ten minste driekeer my gespande boog moes laat skiet aangesien sy 'n skoot bied en dan net so vinnig weer wegdraai. Na hulle genoeg geeet het, asook water gedrink het, het hulle wegbeweeg en ek is moedeloos terug kamp toe.
My pa se rooihartbees.
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00852.jpg[/img]
Broer se varkie
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 020034.jpg[/img]
Dag 4, d-day. Ons was weer vroeg uit, ek en my pa is uit blinds toe en my broer na die plaas oorkant die pad om 'n blesbok te loop soek. Ons was seker so twee ure in die blind toe kom dieselfde groep eland van gister in met die groot koei voor in die koor. Ekt gespan, en gewag dat sy plankdwars staan. My skoot was bietjie agter, maar ekt goed gevoel oor die skoot. In my onkunde van boogjag het ons die eland te vroeg opgevolg en haar onder 'n boom aangetref waar sy nog regop probeer staan het. Sy het geskrik en met n helse vaart daar weggespring, dadelik begin ek dink aan kwes bok... Ons het die PH/voorman gekontak en die opvolg is verder gevat met 'n geweer. Bloedspoor was maklik om te volg, omdat sy baie goeie bloed gegooi het. Sy het intussen weer gaan le, maar sy het ons eerste gesien en weer met baie stof spore gemaak, die PH het twee skote geskiet, waarvan ons later sou sien dat een mis was en die ander een deur die bout/pens/van agter... Dit was genoeg vir koei en sy het neergeval, maar my eland was nou stukkend geskiet. Nadere inspeksie het getoon dat die eland boud nog heel was en die skoot darm nie veel vleisskade gemaak het nie. My skoot met die boog was heel goed gewees en die afslag van die eland sou gewys het dat ek een long stukkend geskiet het met die ingang en die ander long rakelings getref het, daarom die rede hoekom die eland so gehardloop het. As ons haar maar net gelos het, en nie opgevolg het nie, is ek seker dat sy sou doodgaan onder die eertse bos waar ons haar die eerste keer gekry het. Voel nou nog sleg oor die skoot, wat nie n doodskoot was nie, maar soos hulle se watter jagter het nie al gekwes nie, solank jy daaruit leer en dit beter doen volgende keer!
Eland skootplasing.
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00816.jpg[/img]
Eland foto
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00842.jpg[/img]
Die middag het my pa 'n mooi rooibok ram geskiet met die Bowtech Striker kruisboog (wat ek op die forum voor aanbeveling gekry het en wragtag, daardie ding kan skiet!!), maar op 26m het hy gestring jump, en hom amper verloor. Gelukkig het die kruisboog genoeg skade aangerig om hom nogsteeds te laat val.
Rooibok ram(Jammer oor bloed.)
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 010951.jpg[/img]
Dag 5 het ek in die veld beweeg opsoek na 'n rooihartbees koei, maar slegs skote op drie varke gekry. Geen skoot gevat op hulle nie, want almal was klein varkies gewees. Het ook helder oordag in n jakkels vasgeloop en ek weet nou nog nie wie die grootste geskrik het nie. Moet wel se ek het stadiger as hy gereageer want voor ek my geweer in die skouer gehad het was hy weg. My broer het dieselfde dag 'n jakkels geskiet op die aangrensende plaas, omtrent op so 85m met die 6x45. (daar het wel nie veel van hom oorgebly nie.) Hulle is vollop, het elke oggend en aand vir ons geskree. Oppad om my broer te gaan haal op die aangrensende plaas het ons vasgery in 'n meneer van n luiperd, my eerste buite die Kruger wildtuin, seker so 150m van ons af. Al met die grensdraad op gehardloop asof hy n uitgang plek soek.
Jakkels geskiet
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 020101.jpg[/img]
Sondag het ons rustig verkeer en al die ou familie en vriende op swartwater gaan opspoor wat ons jare laas gesien het. Maandag oggend het ons vertrek huistoe, eers net gou by robbie gestop en ons vleis afgelaai, en waar ek nou hier sit en tik kou ek lekker aan een van sy stukke biltong. Dankie Robbie en dan wil ek ook vir Petrie bedank vir die kepse wat hy op kort kennisgewing gemaak het!
Een van die tree stands
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... C00829.jpg[/img]
Buffels ook teenwoordig op die plaas.
[img width=560 height=420]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 020116.jpg[/img]
Die jag was nou nie so suksesvol in terme van die hoeveelheid bokke of doodskote nie, maar om in die veld te gewees het en die hart te kon vul met GOD se natuur maak hierdie trip een van die bestes! My pa werk in 'n plek waar daar net sand en blink geboue is, so die wegbreek na die bosveld waar hy groot geword het was 'n vakansie duidend!
Tot 'n volgende keer.
Groete
Manie
[img width=560 height=373]http://i1054.photobucket.com/albums/s49 ... 040022.jpg[/img]
