Naweek se SPringbok en Volstruis jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Naweek se SPringbok en Volstruis jag

Post by pietjacobs »

Middag almal,

Het laasnaweek gaan jag naby Trompsburg. Ons het gegaan vir Blesbok, Springbok, Swatwildebees en Volstruis. In totaal het ek 4 Springbokke en 5 Volstruise geskiet. Dit was vrek koud en aftstande was ver en die wind het maar gewaai. Naaste was net so onder die 300 en die verste was net so oor die 400. Hier is 'n foto van 1 van die Springbokke en 1 Volstruis. Kyk net hoe mooi pronk daai Springbok nog  8) Ek moet se, die volstruise was op die einde van die dag die lekkerste om te jag  ;D

[img width=560 height=420]http://i1214.photobucket.com/albums/cc4 ... -00762.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i1214.photobucket.com/albums/cc4 ... -00765.jpg[/img]
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Naweek se SPringbok en Volstruis jag

Post by BLOK »

Ou veeer gooier se ek jou. Lekker man Piet vark, mooi gedoen.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Naweek se SPringbok en Volstruis jag

Post by Vlakvark »

Mooi Piet vertel so bietjie man
Image
Image
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Naweek se SPringbok en Volstruis jag

Post by Carl »

Piet het jy die hoeners met die 270 geskiet? Mooi man lyk of julle dit geniet het.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Naweek se SPringbok en Volstruis jag

Post by pietjacobs »

Jong Vlakvark, ek is maar sleg met die tik ding en opstelle jong.

Die boer waar ons jag is 'n vriend van my en die Springbokke is trek bokke. Nou normaalweg skiet mens die Springbokke in die aand, maar met die koue, het die blerrie goed gele en ons kon net 1 skiet in die aand. Ek sal jou se, ek het lanklaas so koud gekry. Was 01:30 die oggend terug by die huis, toe is al die waterpype al klaar gevries.

Die Staredag oggend 07:00 het ons begin om weer te soek. Nou die kamp waarin ons jag is so +-1000ha en het Blesbokke, volstruise, gemsbokke en die swartbeeste in. Die Springbokke loop waar hulle wil. So toe ons die kamp binnekom, staan die volstruise sommer net so oor die bult. Ek het gerange en +-300m gekry. Nou daai kop is klein en die voels wil ook nie stil staan. Nou iemand het vir my gese, as jy nie die kop kan kry, try die "Bullseye". Nou ja, ek kan getuig, daai "Bullseye" werk  ;D ;D ;D. Daai voel val net daar mors dood, pote in die lug. Die karkas is ook mooi skoon.

Die Springbokke het ek 1 in die Kop geskiet (Dis die 1 wat ek in die aand geskiet het. Kon net die oog sien), 2 in die nek en dan 1 op die rug waar die wind my koeel 20cm regs gedruk het. Die 1 op die rug het ek ook oor 'n groot dam geskiet waar die bok gestaan en water drink het. Hy was alleen.

Ons was 3 en almal het met my geweer geskiet wat die maar moeilik maak partykeer. In totaal was daar 8 Volstruise, 2 Blesbokke en 6 Springbokke.

Alles is met die .270 geskiet ja.

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Naweek se SPringbok en Volstruis jag

Post by Vlakvark »

Lekker man klink na 'n goei naweek net jammer OBS en gewere gaan nie saam nie want dit werk vir die koue ;D
Image
Image
Post Reply