Jong Vlakvark, ek is maar sleg met die tik ding en opstelle jong.
Die boer waar ons jag is 'n vriend van my en die Springbokke is trek bokke. Nou normaalweg skiet mens die Springbokke in die aand, maar met die koue, het die blerrie goed gele en ons kon net 1 skiet in die aand. Ek sal jou se, ek het lanklaas so koud gekry. Was 01:30 die oggend terug by die huis, toe is al die waterpype al klaar gevries.
Die Staredag oggend 07:00 het ons begin om weer te soek. Nou die kamp waarin ons jag is so +-1000ha en het Blesbokke, volstruise, gemsbokke en die swartbeeste in. Die Springbokke loop waar hulle wil. So toe ons die kamp binnekom, staan die volstruise sommer net so oor die bult. Ek het gerange en +-300m gekry. Nou daai kop is klein en die voels wil ook nie stil staan. Nou iemand het vir my gese, as jy nie die kop kan kry, try die "Bullseye". Nou ja, ek kan getuig, daai "Bullseye" werk

. Daai voel val net daar mors dood, pote in die lug. Die karkas is ook mooi skoon.
Die Springbokke het ek 1 in die Kop geskiet (Dis die 1 wat ek in die aand geskiet het. Kon net die oog sien), 2 in die nek en dan 1 op die rug waar die wind my koeel 20cm regs gedruk het. Die 1 op die rug het ek ook oor 'n groot dam geskiet waar die bok gestaan en water drink het. Hy was alleen.
Ons was 3 en almal het met my geweer geskiet wat die maar moeilik maak partykeer. In totaal was daar 8 Volstruise, 2 Blesbokke en 6 Springbokke.
Alles is met die .270 geskiet ja.
Groete,
Piet