Middelweek manewales

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Middelweek manewales

Post by tau »

So na ons suksesvolle jag in die Oos-Kaap kom 'n kennis na my en vra of ons sou belangstel om te help "cull" op 'n wildplaas wat Elande afhaal. Hulle wil anoniem bly aangesien hulle  vir die buitelandse fotografie toeriste dienslewer. So ek sal nie hulle naam noem of waar nie en as iemand hier weet waar dit was los maar liewers dus goeie mense kom ons versteur nie hulle besigheid nie. Alle permitte etc. is in orde.

Die bestuur is natuurbewaarders en verstaan die noodsaak van jag as bestuurs projek, maar wil nie self skiet nie en die vleis is ook bietjie baie vir hulle om te hanteer.

Ons sou van die bakkies af skiet,  maar ek en Coenraad het gevra of ons nie liewers kan stap-jag nie. Ons het to eons deel van die plaas gevat en begin stap. Die veld was vreeslik nat en my jag stewels was deur nat. Ons het lekker naby 6 bulle gekom en besluit dat ons nie kopskote verder as 130 m wil vat nie. Op so 140 m en albei in skiet posisie het ons gewag dat die bokke reg draai. Ongelukkig het 'n voertuig beman deur ons "kennis" wat die jag vir ons moontlik gemaak het oor die bult gekom en die Elande verwilder!!!!!! EK mos onthou om my te gedra aangesien ons hom die jag te danke was. Ons het weer probeer en vanaf 8:30 tot 13:00 kat en muis gespeel met die troppie. As ons net naby genoeg kom vleig 'n vliegtuig oor of 'n ander kar skrik hulle af. Die frustsie of te wel die feit dat jy nie sommer net 3 Elande skiet nie het vasgeval. In tussen het die derde man in ons groep laat weet hy het 'n Bulletjie geskiet skat so 240kg karkas. 


Elkgeval dus toe dat ons hoor daar is nog 'n jagter op die anderkanr van die plaas wat 'n Eland gekwes het. Ons het ons bokke gelos en na hulle bok begin soek. Ek het die twee bulle gewaar en begin nader kruip. Op so 300 m het ek geen bloed gesien op die twee bulle wat saam geloop het nie. Ons het hulle van alle kante bekyk en geen bloed gesien nie. Die bestuur het toe gese wel die booke is nie gewond nie en as ons wil kan ons die bokke skiet, ant hulle is ook geoormerk om verwyder te word.

Coenraad het die perfekste hoe bladskoot gesien terwyl die bok so stadig gedraf het. Die bok het op die plek geval.352 kg karkas met vel op.

Image

Coenraad se bul.

TBC
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Middelweek manewales

Post by tau »

Die trekker en lowbed het die Bok kom haal en Coenraad het hulle gese hy wil die bok kuip en 'n neck mount doen.

Ons het toe weer op die bakkie geklim en loop soek na bulle. Nie 5 min later het hulle verskyn ons het afgeklim en begin bekruip. die bulle was maar skrikerig en ek het op 242m 'n skoot geneem vanaf 'n termiethoop quartering-away.

Die 7 mm Rem Mag 150 gr Nosler BT het geland waar ek gemik het en die bok was dadelik stadig. Hy het nog so 100 meter geloop en plankdwars gaan staan ek was maar skrikerig dat ek nie die longe goed geslaan het nie en het die Nikon 4- 16 x 50 BDC se 2de sirkekeltjie op die hart long area neer geskiet en die sneller gedruk. Die afstand 360m gerange. Die skoot was goed en 3 m later was hy plat toe ons daarkom was hy reeds dood.

Image

Image

My grootvriend Coena. Ons werk altyd lekker saam as een skiet range die ander een en ons bekruip ook lekker saam.

Image

Jammer vir die vliee, maar een asemrowende dier. Sy vel was perfek en sy nek nog sonder merke.372 kg karkas met vel . Interesant die bokke op die plaas se horings is oor die algemeen baie mooi, wonder of dit die tekort aan hardehoud tipe bome is wat die Bosveld en Suidwes se bokke so geniet om te breek en dan horings afwerk en breek.

Al sleg moment was toe ons by die slagkamer kom en die trekker drywer het reeds Coena se bok se kop verwyder.......ek het maar dadelik my ook gesny dat ons albei net skullmount kan maak.

Lekker om te jag met so doel.

Image
Myne regs en Coena se bok links.

Nog nie horings gemeet nie, maar vir suiwer Cape Eland nogals mooi dink ek.
Last edited by tau on Fri Jul 27, 2012 11:18 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Middelweek manewales

Post by BRNO (Pierre) »

Dit lyk na twee asemrowende bokke! Baie geluk met n mooi jag.

Jammer die slag manne het nie hulle deel gedoen nie.
Veiligheid eerste manne!
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Middelweek manewales

Post by F.L.A.S.H »

Very nice bulls, congratulations

F.L.A.S.H
"Nothing can come of nothing" Speaker
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Middelweek manewales

Post by tau »

Kallie404 wrote: Baie mooi bulle.............maar genade dis mooi landskap !!  Dit hap-hap so aan daai bulle vir mooigeit!!
Die area is baie sleg gebrand en is eintlik deel van 'n belangrike Berg fynbos en Renosterveld bewaar area. Dit is een van die redes dat die bulle verminder moes word.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Vark
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Wed Jul 04, 2012 3:52 pm

Re: Middelweek manewales

Post by Vark »

Ai so gekyk na die fotos pyn my hart sommer volgende jaar is dit maar so mr Tau of hoe. Ek is baie spyt kon dit nie maak maar daar is altyd n next time
Skiet mooi en maak mooi
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Middelweek manewales

Post by tau »

Vark wrote: Ai so gekyk na die fotos pyn my hart sommer volgende jaar is dit maar so mr Tau of hoe. Ek is baie spyt kon dit nie maak maar daar is altyd n next time
Sooner than later Varkie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Middelweek manewales

Post by Carl »

Mooi geskiet en gejag, julle manne kan trots wees en is seker!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Middelweek manewales

Post by Monrique (SJ) »

Tau

2 Baie mooi bokke en goed gedoen daar. Lyk asof dit sommer n lekker jag was. Great man.


Groetnis
immelmanw

Re: Middelweek manewales

Post by immelmanw »

tau wrote: Die trekker en lowbed het die Bok kom haal en Coenraad het hulle gese hy wil die bok kuip en 'n neck mount doen.

Ons het toe weer op die bakkie geklim en loop soek na bulle. Nie 5 min later het hulle verskyn ons het afgeklim en begin bekruip. die bulle was maar skrikerig en ek het op 242m 'n skoot geneem vanaf 'n termiethoop quartering-away.

Die 7 mm Rem Mag 150 gr Nosler BT het geland waar ek gemik het en die bok was dadelik stadig. Hy het nog so 100 meter geloop en plankdwars gaan staan ek was maar skrikerig dat ek nie die longe goed geslaan het nie en het die Nikon 4- 16 x 50 BDC se 2de sirkekeltjie op die hart long area neer geskiet en die sneller gedruk. Die afstand 360m gerange. Die skoot was goed en 3 m later was hy plat toe ons daarkom was hy reeds dood.

[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure309.jpg[/img]

[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure306.jpg[/img]

My grootvriend Coena. Ons werk altyd lekker saam as een skiet range die ander een en ons bekruip ook lekker saam.

[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure312.jpg[/img]

Jammer vir die vliee, maar een asemrowende dier. Sy vel was perfek en sy nek nog sonder merke.372 kg karkas met vel . Interesant die bokke op die plaas se horings is oor die algemeen baie mooi, wonder of dit die tekort aan hardehoud tipe bome is wat die Bosveld en Suidwes se bokke so geniet om te breek en dan horings afwerk en breek.

Al sleg moment was toe ons by die slagkamer kom en die trekker drywer het reeds Coena se bok se kop verwyder.......ek het maar dadelik my ook gesny dat ons albei net skullmount kan maak.

Lekker om te jag met so doel.

[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure314.jpg[/img]
Myne regs en Coena se bok links.

Nog nie horings gemeet nie, maar vir suiwer Cape Eland nogals mooi dink ek.
Baie nice, lekker om te sien n mens kan sommer baie in die Kaap jag, op ons voorstoep. As die somer kom gaan vang ons weer tuna of bass. Die Kaap is dam nie so bad plek nie!
User avatar
Thomas
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Thu Aug 02, 2012 11:36 am

Re: Middelweek manewales

Post by Thomas »

Waar skiet mens so lekker Eland in die Kaap?
Tikka T3 Hunter 270 & 300 WM
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Middelweek manewales

Post by tau »

Ja nee Willem wou Saterdag bietjie Geelstert gaan vang het, maar die weer gaan nie saam speel.

Tom ek kry vandag nog inligting oor nog Elande en Zebra's sal laat weet hier as ek pryse het die ander Elande wat ek kan kry is bietjie duur. R23 /KG vel aan.....maar as julle belangstel daar is nog 3 beskikbaar 2 ure uit die Kaap.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Middelweek manewales

Post by Stefan764 »

John, meet bietjie daai bul van jou asb??
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Middelweek manewales

Post by tau »

Stefan764 wrote: John, meet bietjie daai bul van jou asb??
Hi Stefan

Ek moet seker net soos met die Klipspringer wat Francois my so paar maande later gese het hy hoop ek het die outjie gecape en gemeet.......die voorman op skoonma se plaas het een gesoek en hy het die bok net so gevat die horing het ek nooit weer gesien nie.Ek het nog nooit 'n bok gemeet nie, moet seker vir 'n slag. Die outjie gaan ek darem skull mount sal dan die taksidermis vra om te meet.

Dink jy hy sal 40" haal??
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Middelweek manewales

Post by Stefan764 »

40" is ver vir n Eland maar hy gaan defnitief die boeke maak....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
immelmanw

Re: Middelweek manewales

Post by immelmanw »

Thomas wrote: Waar skiet mens so lekker Eland in die Kaap?
Www.whkloof.co.za, bredasdorp, wellington, oudtshoorn ens ens
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Middelweek manewales

Post by tau »

Manne ek vlieg nou JHB toe gaan jag in Middelburg, Mpumalanga. Wou maar net se vir julle wat werk dat julle dit moet geniet. Oja ons finansiele direkteur kom vandag hy wou my spreek........ek ook hulle sal my 'n jag budget moet gee.

Anyway lekker week en hardwerk aangesien ek nie veel tot die ekonomie gaan doen nie.

n.s: hoe koud is dit in daardie area????

n.s.s: lekker werk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Middelweek manewales

Post by tau »

Terug na 'n lekker 3 dae in die Hoeveld. Lekker gejag en gestap en die area geleer. Eerstekeer dat ek daar jag, en sal weer wil gaan.

Ons het op my pel se pa se plaas gejag. Hy is ook deesdae in die Kaap so vir ons albei was dit uit die nat kaap na die droe warmer Hoeveld.

Een van ons opdragte was om die Bosvarke te roer, aangesien hulle die mielies sleg pakgee en hulle getalle bietjie afgebring moet word.

Image

Ek het die outjie platgetrek heel in my nopies tot ek by die Engelsman gekom het....

Image

4 varke voor 9 die oggend!!!!Ongelukkig het  twee met strikke om hul bekke geloop en hier het ons job begin om die leindrade te stap en strikke te soek.

Iemand het die plaas letterlik omnsingel met strukke.

Image

Ek moes die Duiker se elende stopsit. Haar beentjie was al flenters gewees. Sy het so gehuil. Ek jag graag, maar sulke wreedheid is nie vir my nie.

Image

27  strukke in totaal. Dit is om van naar te raak. Die ergste is die klomp stukkend strukke wat jy kry sonder die lus kant aan.

Image

Ek het hierdie Swart wildebees geklits. Sy Neussnor was nogals indrukwekkend. Afstand 410 m en die Barnes 150 gr is in en uit.

Image

En hierdie vark soggie. 250 m. Toe die skoot klap toe slaan die stof agter haar op ek dog eers dus mis, tot ek sien sy le pote in die lug. Die Barnes is los deur net agter die blad.

Image

Die plaas is baie droog en hulle hoop vir reen. Die blare op die grond maak dit nogals moeilik om saggies te loop en diere te bekruip.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Middelweek manewales

Post by GreyGhostGear »

Netjies John, dis baie hartseer van al die strikke. Ai tog.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Middelweek manewales

Post by FHM »

Tau klink en lyk of julle besig was al is dit so droog daaikant.
Paar mooi bokke en varke wat julle daar het man. ;)
Ja dis iets wat n man diep binne raak as jy op sulke draadstrikke afkom - daai duiker-huil bly lank by mens - ek onthou nog myne van tienerdae af. Jammer man kannie vir die draadstrikstellers slagysters stel sonder om die wild in gevaar te plaas nie. Sal graag by 'tattie' wil hoor hoe voel hy as hy so 2 dae en nagte met n gebreekte been / enkel in n slagyster moes deurbring ;)
Last edited by FHM on Mon Aug 20, 2012 9:39 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Middelweek manewales

Post by Frederik »

Tau, 35"is Roland ward as jy daar is of meer kan jy baie in jou skik wees nie maklik om ou bulle te kry wat RW maak nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Middelweek manewales

Post by tau »

Manne mens kan nou nie die ou kiekies sien nie, maar my eland bul is to uiteindelik terug by my nadat ek so bietjie vergeet het van die trofee.


Sommer so vinnig gemeet en ek is by 38.5" Moet nou net iemand naby my kry wat kan meet en Rowland Ward bevestig. Miskien kry hey daai 1.5"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Middelweek manewales

Post by Gerhard »

Vir jou reg gemaak...
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Middelweek manewales

Post by theedge »

Baie netjies
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Middelweek manewales

Post by douw »

BAIE MOOI, DANKIE VIR DIE DEEL VAN DIE FOTO'S EN STORIE MET ONS.

GROETNIS
DOUW
Post Reply