Die bestuur is natuurbewaarders en verstaan die noodsaak van jag as bestuurs projek, maar wil nie self skiet nie en die vleis is ook bietjie baie vir hulle om te hanteer.
Ons sou van die bakkies af skiet, maar ek en Coenraad het gevra of ons nie liewers kan stap-jag nie. Ons het to eons deel van die plaas gevat en begin stap. Die veld was vreeslik nat en my jag stewels was deur nat. Ons het lekker naby 6 bulle gekom en besluit dat ons nie kopskote verder as 130 m wil vat nie. Op so 140 m en albei in skiet posisie het ons gewag dat die bokke reg draai. Ongelukkig het 'n voertuig beman deur ons "kennis" wat die jag vir ons moontlik gemaak het oor die bult gekom en die Elande verwilder!!!!!! EK mos onthou om my te gedra aangesien ons hom die jag te danke was. Ons het weer probeer en vanaf 8:30 tot 13:00 kat en muis gespeel met die troppie. As ons net naby genoeg kom vleig 'n vliegtuig oor of 'n ander kar skrik hulle af. Die frustsie of te wel die feit dat jy nie sommer net 3 Elande skiet nie het vasgeval. In tussen het die derde man in ons groep laat weet hy het 'n Bulletjie geskiet skat so 240kg karkas.
Elkgeval dus toe dat ons hoor daar is nog 'n jagter op die anderkanr van die plaas wat 'n Eland gekwes het. Ons het ons bokke gelos en na hulle bok begin soek. Ek het die twee bulle gewaar en begin nader kruip. Op so 300 m het ek geen bloed gesien op die twee bulle wat saam geloop het nie. Ons het hulle van alle kante bekyk en geen bloed gesien nie. Die bestuur het toe gese wel die booke is nie gewond nie en as ons wil kan ons die bokke skiet, ant hulle is ook geoormerk om verwyder te word.
Coenraad het die perfekste hoe bladskoot gesien terwyl die bok so stadig gedraf het. Die bok het op die plek geval.352 kg karkas met vel op.

Coenraad se bul.
TBC












