Hartbees in die Kalahari

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Hartbees in die Kalahari

Post by Frederik »

OK hierdie is seker nie die grootse hartbees wat al geskiet is nie maar in my oe is hy my trofee en al sien ek ander hartbeeste wat langer horings het sal ek hom nie sommer skiet nie.

[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... 0156-1.jpg[/img]

Dit was 2007 en my eerste trippie Namibie toe ek het met Karl Stumpfe gereel dat ek saam met 'n klient uit swede daar gaan kom jag en sy jag film ek sou die jag film terwyl Karl die jag sou begelei en reel.

Ons was eers Khomas toe vir die bergsebra en daar het ek vir myself gese ek kom eendag terug die kant toe om my eie perdjie te kom skiet dit is regtig iets besonders in die maan landskap. Daarna is ons toe af Karas toe vir Klipspringer en dalk koedoe en springbokke en van daar was ons toe Kalahari toe. Dit was net ongelooflik gewees vir my om vir die eerste keer die duine te sien en die plaas waarop ons gejag het het gegrens aan Botswana en Suid Afrika op daardie hoekie  ;D

Ons was so twee dae besig om te jag toe die klient waarmee ek al vanaf 2003 fj gejag het vir my se hierso en gee my sy hand ek vat toe sy hand en hy se toe vir my R5000 geskenk bewys vir wat ek ookal wil skiet  ;D

Nou ja dit is toe ek vir Karl se ons kan maar loer vir 'n mooi springbok ram en no.1 hartebees bul.
Ek kan nie onthou hoe lank ons nog verder gejag het nie of dit die volgende dag was maar ons het hartbeeste oor 'n duin gesien met 'n besonderse bul met bree horings ek se toe ok daar is hy en ons klim toe af en ek handig toe die kamera aan die klient laat hy gaan film terwyl ek sy nuwe Mauser M03 vat 8x68s en die nuwe Zeiss scopes met die build in range finders. Die geweer het ook bipods op gehad. Ons loop toe na die laaste punt waar ons die hartbeeste gesien het en hulle is toe nie baie verder onder met die duin op, die res van die trop oor behalwe die bul. Ek gaan le toe le aan en laat waai met die skoot dit was seker so 160 meter en ek sien toe stand onder om slaan so 3 meter voor en regs van hom. Hoe de duiwel het ek daardie skoot gemis in elk geval sien toe daar is klomp losstaande grasse voor my en dink toe wel miskien het ek nie die grasse deur die scope gesien nie. En daar gaan ons en hoop toe net daar die bul nie nou al 2 km ver gehardloop het nie oor die duin en toe wargtig staan die bul weer toe hiedie keer sommer van die stokke af en ek mik hoog vir die blad en slaan toe die twee skouers en die rugstring en plat is hy.

Ek dink dit was seker my mooiste trofee wat ek al geskiet het en ek dink dit was die opwagting omdat ek al 4 jaar lank 'n mooi hartbees gesoek het en dit nogal toe in die regte kalahari kon skiet. En as julle wil weet hy het maar net 21 1/2" gemeet maar baie dik horings en uniek wyd uitmekaar uit.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Hartbees in die Kalahari

Post by DWB »

Baie Mooi!

Ek hoop hy pronk iewers dat jy elke dag na hom kan kyk en smile ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hartbees in die Kalahari

Post by Marc »

Baie geluk Frederik

Ek stem, dis 'n baie spesiale een die, mooi wye punte wat al lekker gewerk het  ;)  Die "trip" beteken eintlik meer as die diere wat geneem is. As ek die eerste keer NAM gaan jag, hoop ek om ook goeie herineringe saam te bring huis toe. Ek sien nou al jare lank uit daarna  8)

Weereens geluk, eks sommer lekker jaloers.

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Hartbees in die Kalahari

Post by GreyGhostGear »

Baie mooi foto Frederik.. ;)
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Hartbees in die Kalahari

Post by Frederik »

DWB wrote: Baie Mooi!

Ek hoop hy pronk iewers dat jy elke dag na hom kan kyk en smile ;D
Die horings is hier by my net opsoek na mooi cape en dan gaan hy opgestop word.  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hartbees in die Kalahari

Post by Carl »

Mooi gejag en goeie storie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply