[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... 0156-1.jpg[/img]
Dit was 2007 en my eerste trippie Namibie toe ek het met Karl Stumpfe gereel dat ek saam met 'n klient uit swede daar gaan kom jag en sy jag film ek sou die jag film terwyl Karl die jag sou begelei en reel.
Ons was eers Khomas toe vir die bergsebra en daar het ek vir myself gese ek kom eendag terug die kant toe om my eie perdjie te kom skiet dit is regtig iets besonders in die maan landskap. Daarna is ons toe af Karas toe vir Klipspringer en dalk koedoe en springbokke en van daar was ons toe Kalahari toe. Dit was net ongelooflik gewees vir my om vir die eerste keer die duine te sien en die plaas waarop ons gejag het het gegrens aan Botswana en Suid Afrika op daardie hoekie
Ons was so twee dae besig om te jag toe die klient waarmee ek al vanaf 2003 fj gejag het vir my se hierso en gee my sy hand ek vat toe sy hand en hy se toe vir my R5000 geskenk bewys vir wat ek ookal wil skiet
Nou ja dit is toe ek vir Karl se ons kan maar loer vir 'n mooi springbok ram en no.1 hartebees bul.
Ek kan nie onthou hoe lank ons nog verder gejag het nie of dit die volgende dag was maar ons het hartbeeste oor 'n duin gesien met 'n besonderse bul met bree horings ek se toe ok daar is hy en ons klim toe af en ek handig toe die kamera aan die klient laat hy gaan film terwyl ek sy nuwe Mauser M03 vat 8x68s en die nuwe Zeiss scopes met die build in range finders. Die geweer het ook bipods op gehad. Ons loop toe na die laaste punt waar ons die hartbeeste gesien het en hulle is toe nie baie verder onder met die duin op, die res van die trop oor behalwe die bul. Ek gaan le toe le aan en laat waai met die skoot dit was seker so 160 meter en ek sien toe stand onder om slaan so 3 meter voor en regs van hom. Hoe de duiwel het ek daardie skoot gemis in elk geval sien toe daar is klomp losstaande grasse voor my en dink toe wel miskien het ek nie die grasse deur die scope gesien nie. En daar gaan ons en hoop toe net daar die bul nie nou al 2 km ver gehardloop het nie oor die duin en toe wargtig staan die bul weer toe hiedie keer sommer van die stokke af en ek mik hoog vir die blad en slaan toe die twee skouers en die rugstring en plat is hy.
Ek dink dit was seker my mooiste trofee wat ek al geskiet het en ek dink dit was die opwagting omdat ek al 4 jaar lank 'n mooi hartbees gesoek het en dit nogal toe in die regte kalahari kon skiet. En as julle wil weet hy het maar net 21 1/2" gemeet maar baie dik horings en uniek wyd uitmekaar uit.
