Kieterkatjie in die Kalahari

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
bennie

Kieterkatjie in die Kalahari

Post by bennie »

Hallo ...

So lyk 'n ordentlike rooikat...

Groetnis

Image


Image

Image
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 866
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Wielie Waps »

Pragtig man en skootplasing is ook perfek. Mooi man!!!!
Geroer-nie geskud nie
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Raven »

Mooi Man Bennie, wanneer het jy hom geskiet?? Ek sien daar is al 'n groenerigyd so tussen deur..
Is dit nuwe gras of wat groei tussen in??

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
GREYHOUND

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by GREYHOUND »

het jy nie geweeg nie, dit is n mooi een daai.
greyhound
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by WillJak »

Bennie, baie mooi kat - hier by my sou hy nou 'n stryery onder die volk afgegee het....en dan 'n braai...
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Francois Marais »

Bennie

Wat weeg hy????  Ek reken so 16kg, as jy BAIE groot, of sal ek se LANK is, miskien 18 kg.....

In my wereld sou ons vi jou se  " OU HINGS"............

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
bennie

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by bennie »

Jammer ek antwoord nou eers...die kat is 24 km suid-oos van Kuruman geskiet met 'n 6mm Musgrave....op 120m en het reageer op die varkie se geluid...dis my pel wat die kat hier vas hou en sy lengte is 1.84m en hy het hom ook geskiet...die volgende oggend het hy hom geweeg en die gewig was 23kg...ons vorige swaarste een was 19kg. Ons het ongelukkig nie die kat se lengte gemeet nie...sy kop is omtrent so groot soos 'n Staffie sin....
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by WillJak »

Dit is 'n grootte kat!! My manne sou verseker wou vuis slaan oor hom..
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Francois Marais »

Bennie

YSTER kat daai.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Dis mos hoe n kat moet lyk!
Seker an sy pa gedrink!
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Foxcreek »

Willjak

Hoekom sou jou manne oor daai kat vuisslaan. Is dit om vir die foto to "pose", of om hom te eet? Hoekom ek dit vra is omdat hier in my geweste is daar 'n paar rakkers wat allie jakkies wat ek skiet eet. Glo baie lekker vleis! Ek flut as ek 'n jakkie moet optel vir saamry oppie trokkie, wat nog van 'n stukkie eet!

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by WillJak »

Fox, hulle slaan vuis oor hulle hom eet. Nog nie gesien of gehoor dat hulle jakkals eet hier nie maar rooikat is 'n groot gunsteling - soos alles wat vreemd is dit glo 'n geval van "hy proe soos hoender" maar ek sal hom wragtag nie probeer nie...... Maar die lippe sleep sommer behoorlik as hulle hoor daar't 'n kat geval en hy't by die boer op die plaas agter gebly
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Freddie101 »

Wiljak
Hier is ook manne wat sweer n rooikat het die lekkerste vleis.
Freddie
yol bolsun
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by WillJak »

Freddie, ek verstaan ook so, maar dis nou die een ding waar ek wel bereid is om die volk se woord totaal en al te vat...... Ek glo hulle, maar dis so ver dit gaan, eet sal ek hom wragtig nie eet nie....
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Francois Marais »

Willem

Manne wat al Luiperd ge-eet het se dieselle, lekkerste vleis wat jy kan kry, ma ek stem met jou..............ek sal hom nie eet nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by KSV »

Ek het die resep!

Bestandele:

Baie hout
Een Jakkals of Rooikat. Verkieslik 'n dooie een.

Metode:

Maak een helse vuur tot daar 'n klomp kole is.
Gooi J Of R op die kole en maak nog vuur.
Braai vir 'n halfuur tot al die hare afgebrand is en die vuur uitgebrand is.

Le weg!

Moet nie vra hoe proe dit nie ek wil ook nie weet nie ;D
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Freek »

Manne ek het ook daai ding gehoor in Namib dat die Namas die katte eet, maar hy moet glo vet wees anders is hy nie so lekker nie. Soos die gesegte loop - "Honger en dors l?k niemand se g@t nie..." ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by WillJak »

Hein, ek het 'n ander resep vir daai kat - jy gooi hom in 'n no36 pot met al wat 'n spesery en 'n krui is wat jy jou hande op kan l?, saam met 'n spoelklip omtrent so groot soos 'n sokkerbal, en 'n klomp water, dan kook jy hom oor so medium vuur - en as die klip sag gekook is dan eet jy die kat, maar nie voor dit nie......
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Louis102 »

Freek wrote: Manne ek het ook daai ding gehoor in Namib dat die Namas die katte eet, maar hy moet glo vet wees anders is hy nie so lekker nie. Soos die gesegte loop - "Honger en dors l?k niemand se g@t nie..." ;)
Freek

Onthou jy die Kaaswors waaraan jy so gesmul het die aand hier op Kuduberg?  Ja, daai waarvan ek nie wou eet nie?  Waarvan dink jy was dit gemaak? ;D ;D ;D

Manne, volgens Freek het daai Kaasworsie sommer vorentoe gesmaak, nie waar nie?  Wat my laat dink dat self "ons mense" 'n vet rooikat vleisie kan geniet op sy tyd, solank hulle blykbaar net nie weet wat dit is nie!

Mooiloop, smaaklike ete.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Danie Lombard .243

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Danie Lombard .243 »

Dit is algemeen dat van die plaaswerkers rooikat eet.

In die Graaf Reniet disitrik het ek en mede bure boere eenjaar gaan kudu jag. Een van die manne in ons geselskep het 'n groot kat in 'n berg geskiet.
As ek reg kan onthou het die kat 19kg geweeg. Voor ons weer ons oe kon uitvee, is die kat se vel af geslag en die kat vleis is na die werkers huise geneem en gekook. Hy's 'n lekker vleis, se hul.

Nou die dag weer geluister na stuk werkers wat draad span toe hul praat oor "nama" en "pokotswe nama" ens.

Laat ek vertel. die plaasvolk hier in my omgewing hou blykbaar erg baie van maanhaarjakkals vleis. "pokotswe nama" jakkals vleis.

Blykbaar moet die ding 3 keer gekook word, elke keer moet daar skoon water gebruik word,en na die derde kook sessie is die jakkals lekker en gaar.  Nee dankie, nie vir my nie.

Dankie tog my plaaswerker is vol nonsens met vleis. Hy eet nie eers 'n springhaas nie. Dus is my ou maanhare veilig.

Ander groot lekkerny onder die plaas werkers is "noko nama" ystervark vleis.

Lyk my jul manne moet ma loer en uitvind wat jul eet voor jul dit eet.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Robert »

Naand al die fynproewers

Ek sien die mense is maar skrikkerig vir al die ongewone disse :) :)

Ek het heelwat "umfang" (bobejaan) geskiet as probleemdier beheer in sitrus boorde en die plaas werkers het altyd gevra ek moet 'n mooi groote vir hulle hou en by die huise aflaai. Die nuuskierigheid het ook maar toe die oorhand gekry en ek het gevra dat een van die werkers ook vir my 'n stukkie bob bring die volgende dag.

Die volgende oggend , netjies in 'n bordtjie toegemaak in 'n wit vadoekie, 'n bob blad. Gekook en toe gepotbraai tot lekker bruin met net sout en swart pepper. Die werkers het my almaal soos valke dop gehou toe ek die vleis begin eet, Moet se dit smaak nogal heel lekker. niks mee fout nie,.

So het ek ook yster vark, skilpad, ertvark, pofadder, krokedil en nog 'n klompie snaakse disse ge eet. Self gedroogte mopanie wurms gemaal oor mieliepap.

Die ding is net dat ons dit nie gewoond is en vreemd vind, In europa eet die mense perde vleis en moet se dit smaak baie lekker as die soos fillte in botter ge panbraai word tot med -rear.

Hoop nie die mense het hul eetlus verloor nie

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by WillJak »

Robert, ek het self al pofadder, ystervark en krokkodil ge?et, maar ek trek die streep by kat of jakkals.....en bobbejaan. Die Shangaans in die Oos Tvl is net so lief vir hom. Jare terug in Ohrigstad gebly en gereeld die "Mfene" geskiet - eendag vra ek hulle hoe hulle dit regkry om die ding te eet - antwoord die ene my, "Nee, jy draai maar net sy kop so dat hy nie vir jou kyk terwyl jy hom eet nie....." Ek voel soos Foxcreek en "flut" net daar.....

En so gepraat van perdevleis......as jy al 'n "meatpie" gekoop het in SA is die kanse 99.99% dat jy al perdevleis ge?et het.... Kyk maar bietjie as jy 'n perd of wat wil koop op 'n veiling, teen wie bie jy die hardste?
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by namhunt »

Jy eet 'n bobbejaan van agter af...... van voor is hy te lelik ;D
Danie Lombard .243

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Danie Lombard .243 »

Manne manne manne :o

Ek lees na al die goed wat jul eet, maar POFFADDER, nee ooooo kraaitjie.  Mens kan mos nie daai seil ding eet nie??

Ek is maar 'n poefter as dit by eet kom. Hy moet kloutjies he, en dan moet hy nog kan herkou ook, en as hy swem, eet ek hom ook nie. Treloops gehoor, van die swem goed, daar is net twee geod wat soos vis stink en een is vis.

Groot groete vir al die fyn proewers.
Mag ek tog nooit die kuns van fyn proe vervolmaak om die smaak van mnr poffadder te proe nie.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kieterkatjie in die Kalahari

Post by Francois Marais »

Danie

Het hom op my TIN (Teen insurgensie) kursus ge-eet, Pofadder, smaak nes vis, wit vleis.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply