Naand al die fynproewers
Ek sien die mense is maar skrikkerig vir al die ongewone disse
Ek het heelwat "umfang" (bobejaan) geskiet as probleemdier beheer in sitrus boorde en die plaas werkers het altyd gevra ek moet 'n mooi groote vir hulle hou en by die huise aflaai. Die nuuskierigheid het ook maar toe die oorhand gekry en ek het gevra dat een van die werkers ook vir my 'n stukkie bob bring die volgende dag.
Die volgende oggend , netjies in 'n bordtjie toegemaak in 'n wit vadoekie, 'n bob blad. Gekook en toe gepotbraai tot lekker bruin met net sout en swart pepper. Die werkers het my almaal soos valke dop gehou toe ek die vleis begin eet, Moet se dit smaak nogal heel lekker. niks mee fout nie,.
So het ek ook yster vark, skilpad, ertvark, pofadder, krokedil en nog 'n klompie snaakse disse ge eet. Self gedroogte mopanie wurms gemaal oor mieliepap.
Die ding is net dat ons dit nie gewoond is en vreemd vind, In europa eet die mense perde vleis en moet se dit smaak baie lekker as die soos fillte in botter ge panbraai word tot med -rear.
Hoop nie die mense het hul eetlus verloor nie
Robert