My seun het vroeg sy Blouwildebees gekry. (30-06 Marlin 165gr Hornady GMX afstand 150m)

Ons kry nie die Gemsies nie maar my swaer het 'n mooi koedoe bul gekry alhoewel bietjie maer.

Daarna soek ons Gemsies maar kry niks verder Vrydag
Saterdag weer vroeg uit. Ongelukkig kwes die ander groep op die plaas 'n rooihartbees en ons help soek. My swaer se seun het toe darem 'n volstruis mannetjie gekry met al die gesoekery.

.
Na die oggend besluit ons ons sal nog een draai ry en soek na rooihartbees of Gemsbok. Aangesien my meisiekind bitter graag iets wil skiet, besluit Pa om terug te staan en wat ook al eerste gekry word kan sy maar skiet. Amper op pad terug kry ons toe die een losloper Gemsbok bulletjie teen die koppies tussen die afgebrande gras, ons klim af en bekruip hom. Op so 150m staan die mannetjie mooi reg en sy skiet(7x64 PMP), en hy val onmiddelik

Alhoewel Pa niks kon kry nie is hy nog steeds trots op sy twee kids. Pa sal seker later weer kans kry.
