Kameelperd bul was eerste op die lys, 2 skote met 9.3x74 double

en toe die bul le begin die werk!

volgende dag het ons hard gejag ma niks wat ons wou he onderskoot gekry nie, die derde dag was weer besig met mooi rooibok en wildebees!


Die ram het ons n skoot gegee op 60m in digte bos dit was vinnig en akuraat skiet in n klein opening!

as jy in die Kalahari kom jag bring n hi-lift jack en n spaarwiel asook n wiel-omruil-technikus!

ons het ook n gevaarlike volstruis mannetjie aangedurf op die buur plaas wat die vir die werkers n gevaar ingehou het!

Sundowners was n belangrike deel van die jag by die Groot Kameeldoring

daar was ook kans dat ons rustig kon kyk hoe die son sak oor die kalahari en die vol maan opkom!


dit was n lekker jag saam lekker mense, Wouter kon ook bietjie saam kuier en het die vooreg gehad om vir Blok te ontmoet!
Groete henry



