'n Pêl van my wou graag 'n mooi Klipspringer en Steenbok jag..
Dit is 'n wilde, wonderlike wêreld in daardie berge. 3 Dae sonder selfone, storte en net die basics was baie goed vir die siel.
Ons het lekker gekamp en die laaste aand onder die sterre in 'n rivierbedding geslaap.
Een van daardie trippies wat 'n dieetkundige nie sou afteken as gebalanseerd nie en ontbyt tot aandete het meestal betaan uit bully beef, skaaptjops en springbok hart en lewer.
Dit was ook 'n groot voorreg om van die plaaslike Namakwalanners te ontmoet en ek reken 'n ou sal moet ver soek in die land om meer opregte, vriendelike mense te ontmoet. So paar fotos:
Harde jag in 'n wilde, mooi omgewing:






Kamp:




Laaste aand in rivierbed:

4" Klipspringer, 5" Steenbok en Caping in die veld:



Pette wat ek vir die trip gemaak het:

Darem tyd vir 'n paar Springbokke vir die lee vrieskas:



