Spesiale jag in die Kamiesberge

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by GreyGhostGear »

Het in Januarie bietjie Noordwaarts gedraai, Garies se kant toe.
'n Pêl van my wou graag 'n mooi Klipspringer en Steenbok jag..
Dit is 'n wilde, wonderlike wêreld in daardie berge. 3 Dae sonder selfone, storte en net die basics was baie goed vir die siel.
Ons het lekker gekamp en die laaste aand onder die sterre in 'n rivierbedding geslaap.
Een van daardie trippies wat 'n dieetkundige nie sou afteken as gebalanseerd nie en ontbyt tot aandete het meestal betaan uit bully beef, skaaptjops en springbok hart en lewer.
Dit was ook 'n groot voorreg om van die plaaslike Namakwalanners te ontmoet en ek reken 'n ou sal moet ver soek in die land om meer opregte, vriendelike mense te ontmoet. So paar fotos:

Harde jag in 'n wilde, mooi omgewing:
Image
Image
Image
Image
Image
Image

Kamp:
Image
Image
Image
Image

Laaste aand in rivierbed:
Image

4" Klipspringer, 5" Steenbok en Caping in die veld:
Image
Image
Image

Pette wat ek vir die trip gemaak het:
Image

Darem tyd vir 'n paar Springbokke vir die lee vrieskas:
Image
Image
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by GERT vd M »

Lyk baie lekker en mooi fotos wat julle daar geneem het
Groetnis
Gert
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by Geno »

Petrie,
Mooi bokke wat Andries geskiet het, maat!
Daai area se landskap is ook bitter mooi!
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by Eugene »

Geno wrote:Petrie,
Mooi bokke wat Andries geskiet het, maat!
Daai area se landskap is ook bitter mooi!
+1!

Maar 'n vetgat soos ek, sal moet fiks word voor ek daar gaan jag....
Aim small, miss small
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by GreyGhostGear »

Geno wrote:Petrie,
Mooi bokke wat Andries geskiet het, maat!
Daai area se landskap is ook bitter mooi!
Ja hy was happy met die trofee's - kleinwild trofeejag is iets wat ek nie ken nie, so was lekker ervaring..
Ja nee kyk, daai landskap moet 'n man maar jou beste klim skoene inpak, geen plek vir crocs en so nie ;D
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by Chevvy SS »

Dit lyk sommer baie lekker.
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by Varminter-308 »

Dit lyk nou na lekker jag daai.

Baie geluk met die bokke... mens kan sien julle het gewerk vir hulle.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by Piet Pille »

Geluk manne. lyk baie lekker!

Ek hou van die Tafel lager wat so hier daar kop uitsteek. Sommer gesien julle manne het klas!
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by GreyGhostGear »

Pieter Vorster wrote:Geluk manne. lyk baie lekker!

Ek hou van die Tafel lager wat so hier daar kop uitsteek. Sommer gesien julle manne het klas!
Haha, Pieter weet darem nie van die klas nie ;D ;D , maar om 'n jag vuurtjie is 'n Tafel darem maar die ding ja!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by Carl »

Bitter mooi fotos en sommer lekker saam gejag
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5026
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by Frederik »

Dit is nou hoe 'n mens 2013 se jagte moet afskop.
Daar klippies se velle is vol moeilikheid as dit by cape kom nie maklike kalant nie.

Dink dit is presies waarvoor my 270 en 110gr TSX gemaak is so lekker avontuur.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by 243Songdaug »

Verlang ek nou terug na my wereld!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by Carl »

Frederik wrote:Dit is nou hoe 'n mens 2013 se jagte moet afskop.
Daar klippies se velle is vol moeilikheid as dit by cape kom nie maklike kalant nie.
As dit nie vol opstop is nie laat weet maar ek vat maklik die velletjie oor! Mens bou baie mooi forel en geelvis vliee met daairdie hare! My stukkie is al 20 jaar oud en kom nog van 'n luiperd vangs. >:D
User avatar
egenis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by egenis »

Netjiese foto's! En baie geluk!

Nou het ek sommer klomp vrae...
Is dit naby Kammieskroon? Wat se wild is daar alles? Kan mens daar boogjag?

Ek gaan so paar keer 'n jaar af na my ma-hulle toe in Springbok en sal lekker wees om vir 'n slag my boog in die kattebak te laai...
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by GreyGhostGear »

Egenis,

Praat met Ian (I-Hunt) hier op die forum. Hy het die jag gereel. 071 712 7089

Groete
User avatar
egenis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by egenis »

GreyGhostGear wrote:Egenis,

Praat met Ian (I-Hunt) hier op die forum. Hy het die jag gereel. 071 712 7089

Groete
Dankie!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by FHM »

Manne julle maakie mooi om so vroeg in die jaar sulke verdomde fotos te plaas nie!!!
Van ons sit en tel die dae af na 1 Mei toe verdomp - dis nog wyd!


>:( DIS ONETTIES !!! >:(


Mooi fotos en lyk na n P..wielle jagtrippie Petrie! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Spesiale jag in die Kamiesberge

Post by GreyGhostGear »

;D Francois, ten minste het jy nou eens en vir altyd opgeklaar wat is eties en oneties jag..dankie tog!!! ;D ;D
Post Reply