Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
Ouens, ons almal is besig op een of ander manier om ons kinders op te lei, in die kuns van skiet, herlaai, boee ens. Kom ons gebruik die draad om ons ervarings met fotos, raad vrae en advies te deel, aangesien nie ons almal nie, byv. ek, nie op n plaas groot geword het nie, en eers van die ouderdom van 27 begin jag het.
Kom gesels saam en vertel hoe julle situasies ervaar ens.
Kom gesels saam en vertel hoe julle situasies ervaar ens.
Veiligheid eerste manne!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
Ek gaan dan sommer met die deur in die huis val. My seun is nou sewe, en skiet al geruime tyd saam met my op die skietbaan met my .22, wat hy al eindlik geien het as sy eie. Gelukkig het ek verlede week n tweede .22 gelesensieer gekry, nou het elke man sy eie roer. Ek het Saterdag n gong staander gebou wat ek die patend hier gesteel het van, en gister is ons almal skietbaan toe. Oppad soontoe se ek vir hom dat as hy die gong wat 200mm*200mm groot is, op 100m vyf keer in n ry kan raak skiet, sal ek vir sy .22 n nuwe sak koop.
Na skoot 8 is ek n geweersak armer. Dit het hom dus net 3 skote geneem om uit te vind waar om op te mik om die plaat te tref. Ek stel toe n nuwe doelwit, en se as hy dit tien keer in n ry raak skiet, kan hy n tas kry. Dit het bietjie langer geneem, maar ek is vandag opsoek na n enkel geweer tas op spesial.
Hier is fotos van hom by die staander, op die skietbank, en dan sommer een van sussie wat wegkruip vir die son.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Rynhgongstaander.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Rynhskiet.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Lindybyskiet.jpg

- henried
- Hero Member

- Posts: 2352
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
Baie mooi.
My seuns geniet dit net so!
My seuns geniet dit net so!
-
johnny
- Hero Member

- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
Pierre
Mooi man as ons nie die tyd maak vir jong jagters/ skuts nie gaan die bedryf sterf, mooi so
groetnis
Johnny
Mooi man as ons nie die tyd maak vir jong jagters/ skuts nie gaan die bedryf sterf, mooi so
groetnis
Johnny
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
Ek wens hulle nie groot nie maar ai ek kan nie wag vir die dag wat my 2 klonge begin saamkom skietbaan en veld toe nie!
Mamma gaan moet bokse storieboeke kry tussen al ons manne se skiet, gholfspeel en visvang deur!
Mamma gaan moet bokse storieboeke kry tussen al ons manne se skiet, gholfspeel en visvang deur!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
Koop vir haar n Kindle. Het vir my gewerk!matewis wrote:Ek wens hulle nie groot nie maar ai ek kan nie wag vir die dag wat my 2 klonge begin saamkom skietbaan en veld toe nie!
Mamma gaan moet bokse storieboeke kry tussen al ons manne se skiet, gholfspeel en visvang deur!
Veiligheid eerste manne!
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
Hi Pierre,
Mooi geskiet deur jou seun.
Nie geweet dis jy nie. Ons was ook daar: op fot 2 in die agtergrond is ek en skoonpa. My laaitie was ook daar, en het met die 243 geskiet.
Klein wereld.
Mooi geskiet deur jou seun.
Nie geweet dis jy nie. Ons was ook daar: op fot 2 in die agtergrond is ek en skoonpa. My laaitie was ook daar, en het met die 243 geskiet.
Klein wereld.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
Nice man Pierre
Myne is amper reg om saam te begin gaan, min dae
Myne is amper reg om saam te begin gaan, min dae
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
Baie leker om so saam met pa te kuier.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
More Hennie. Ek onthou julle baie goed van die dag. Toe ek inteken het ek opgelet dat daar twee vd M's voor my was, aangesien ek ook een is. Gewoonlik sit ek n Jaracal pet op, of hemp aan vir ingeval daar ander Jaracal manne is, maar die dag het ek hom vir my dogter geleen soos gesien op die foto.Hennie van der Merwe wrote:Hi Pierre,
Mooi geskiet deur jou seun.
Nie geweet dis jy nie. Ons was ook daar: op fot 2 in die agtergrond is ek en skoonpa. My laaitie was ook daar, en het met die 243 geskiet.
Klein wereld.
Marc, my seun gaan nou oor drie weke saam met my vir die eerste keer weg op n jag. Ek is so opgewonde soos n kind. Hy weet nog nie eers van die trip nie, anders sal hy my mal maak, en elke aand wat hy geslaap het twee slapies aftrek om die tyd vinniger verby te kryMarc wrote:Nice man Pierre
Myne is amper reg om saam te begin gaan, min dae
Van die os op die jas, hoe gaan dit met jou meisiekind?
Veiligheid eerste manne!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke
Is so Edge. Ek moet se, ek dink pa geniet dit meer as die kinders partykeer.theedge wrote:Baie leker om so saam met pa te kuier.
Veiligheid eerste manne!