Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Post by BRNO (Pierre) »

Ouens, ons almal is besig op een of ander manier om ons kinders op te lei, in die kuns van skiet, herlaai, boee ens. Kom ons gebruik die draad om ons ervarings met fotos, raad vrae en advies te deel, aangesien nie ons almal nie, byv. ek, nie op n plaas groot geword het nie, en eers van die ouderdom van 27 begin jag het.

Kom gesels saam en vertel hoe julle situasies ervaar ens.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Post by BRNO (Pierre) »

Ek gaan dan sommer met die deur in die huis val. My seun is nou sewe, en skiet al geruime tyd saam met my op die skietbaan met my .22, wat hy al eindlik geien het as sy eie. Gelukkig het ek verlede week n tweede .22 gelesensieer gekry, nou het elke man sy eie roer. Ek het Saterdag n gong staander gebou wat ek die patend hier gesteel het van, en gister is ons almal skietbaan toe. Oppad soontoe se ek vir hom dat as hy die gong wat 200mm*200mm groot is, op 100m vyf keer in n ry kan raak skiet, sal ek vir sy .22 n nuwe sak koop.

Na skoot 8 is ek n geweersak armer. Dit het hom dus net 3 skote geneem om uit te vind waar om op te mik om die plaat te tref. Ek stel toe n nuwe doelwit, en se as hy dit tien keer in n ry raak skiet, kan hy n tas kry. Dit het bietjie langer geneem, maar ek is vandag opsoek na n enkel geweer tas op spesial.

Hier is fotos van hom by die staander, op die skietbank, en dan sommer een van sussie wat wegkruip vir die son.

http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Rynhgongstaander.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Rynhskiet.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Lindybyskiet.jpg
Veiligheid eerste manne!
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Post by henried »

Baie mooi.

My seuns geniet dit net so!
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Post by johnny »

Pierre

Mooi man as ons nie die tyd maak vir jong jagters/ skuts nie gaan die bedryf sterf, mooi so

groetnis

Johnny
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Post by matewis »

Ek wens hulle nie groot nie maar ai ek kan nie wag vir die dag wat my 2 klonge begin saamkom skietbaan en veld toe nie!

Mamma gaan moet bokse storieboeke kry tussen al ons manne se skiet, gholfspeel en visvang deur!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Post by BRNO (Pierre) »

matewis wrote:Ek wens hulle nie groot nie maar ai ek kan nie wag vir die dag wat my 2 klonge begin saamkom skietbaan en veld toe nie!

Mamma gaan moet bokse storieboeke kry tussen al ons manne se skiet, gholfspeel en visvang deur!
Koop vir haar n Kindle. Het vir my gewerk!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Post by Hennie van der Merwe »

Hi Pierre,
Mooi geskiet deur jou seun.
Nie geweet dis jy nie. Ons was ook daar: op fot 2 in die agtergrond is ek en skoonpa. My laaitie was ook daar, en het met die 243 geskiet.
Klein wereld.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Post by Marc »

Nice man Pierre

Myne is amper reg om saam te begin gaan, min dae ;)
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Post by theedge »

Baie leker om so saam met pa te kuier.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Post by BRNO (Pierre) »

Hennie van der Merwe wrote:Hi Pierre,
Mooi geskiet deur jou seun.
Nie geweet dis jy nie. Ons was ook daar: op fot 2 in die agtergrond is ek en skoonpa. My laaitie was ook daar, en het met die 243 geskiet.
Klein wereld.
More Hennie. Ek onthou julle baie goed van die dag. Toe ek inteken het ek opgelet dat daar twee vd M's voor my was, aangesien ek ook een is. Gewoonlik sit ek n Jaracal pet op, of hemp aan vir ingeval daar ander Jaracal manne is, maar die dag het ek hom vir my dogter geleen soos gesien op die foto.
Marc wrote:Nice man Pierre

Myne is amper reg om saam te begin gaan, min dae ;)
Marc, my seun gaan nou oor drie weke saam met my vir die eerste keer weg op n jag. Ek is so opgewonde soos n kind. Hy weet nog nie eers van die trip nie, anders sal hy my mal maak, en elke aand wat hy geslaap het twee slapies aftrek om die tyd vinniger verby te kry ;) . Hy gaan hier sy eerste tarentaal kan skiet.

Van die os op die jas, hoe gaan dit met jou meisiekind?
Veiligheid eerste manne!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Ons kinders en hulle Trofee papier bokke

Post by BRNO (Pierre) »

theedge wrote:Baie leker om so saam met pa te kuier.
Is so Edge. Ek moet se, ek dink pa geniet dit meer as die kinders partykeer.
Veiligheid eerste manne!
Post Reply