Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Was gelukkig genoeg om die naweek van die 5de en 6de April so bietjie in die veld te wees.
Tweede foto is van my seun se eerste Blesbok geskiet op 235m met 30-06. Sy eerste skoot oor die 70m merk op wild aangesien hy nog net in die bosveld gestap en jag het tot dusver, was so bietjie op my senuwees maar hy het perfekte bladskoot geskiet en die bok het net so 30m gegaan voor sy grond toe is. Jammer oor al die bloed op die foto.
Eerste foto is van my blesbok geskiet met 25-06 op 272m.
Kon ook vlakvark en Springbok kry en dan ook 'n eerste vir my 'n Jakkals. Foto van jakkals is op vriend se kamera sal eers Vrydag by hom kry by Huntex.
Lekker jag die jaar manne, my rekening is oop
Mooiloop
JP
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.