Eerste een vir die seisoen.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Eerste een vir die seisoen.

Post by Piet Pille »

Ek was bevooreg genoeg om die afgelope naweek hierdie eland te kon jag.

Die elande het saans beginne pla in die mielies - seker agv die droogte die afgelope jaar en die boer wil graag die bietjie van 'n oes wat daar nog is probeer red. Die Elande is egter skelm en kom met laaste lig eers in en gaan weer uit voor ligdag.

Ek het tot by die onderkant van die land gery en die bakkie daar gelos. Ek en Simon is toe teen die kant van die land op tot teen die berg. Die berg loop parallel met 3 lande wat aaneengrensend van mekaar le. Ek het die middelste land gekry, en die ander manne weerskante. Die berg loop so kilometer parallel met die noordelike sy van die land. Daar is so 500m strook bosveld tussen die land en die voet van die berg.

Die wind het uit Suid oostelike rigting skuins oor die land in die rigting van die berg gewaai. Ek het dus besluit om teen die westelike sy van die land op te beweeg en dan teen die berg uit te klim. Dan, so 2/3 teen die berg uit het ek dan berglangs ooswaarts beweeg terwyl ek die bos-gordel onder my fynkam. Sou ek egter verby die elande onder my beweeg sonder om hulle te sien, so ek onder hulle wind inkom en hulle sou my ruik.

Hulle kom namiddae oor die berg en hou dan in die beboste strook aangrensend tot die land tot na donker, waarna hulle dan die mielies invaar. Ons het so teen 15h45 begin stap. Teen 17h00 het ons nog niks gewaar nie en die son het reeks agter die berg agter ons verdwyn. Ons het reeds so 3/4 van die lengte van die land gevorder. Toe sien ek hulle skuins onder ons in 'n effense oopte- stadig aan die wy oppad land toe. 6 van hulle.

Die probleem was dat, alhoewel hulle onbewus van ons was, dit 'n redelike oop stuk gelaat het waaroor ons moes beweeg bergaf, voordat ons agter die boomlyn kon verdwyn. Hulle het ook skuins van noord-oos- na suid-wes beweeg, en ek was bang dat hulle ons sou ruik, veral as die windjie verder draai na reg oos en hulle verby ons punt op die berg beweeg. Hulle was so 350m van ons af.

Ons het dus boudelangs -gatskuur-kraploop-style die eerste stuk bergaf voorgesukkel (en dit voel vanoggend of ek 300x squats gedoen het!! :( ). Toe ons agter die boomlyn kon verdwyn kon ons bietjie vinniger beweeg, maar het nou ook die troppie uit die oog verloor en moes hulle posisie skat met hulle bewegingsrigting in ag genome vir die laaste 200m. Tyd was ook al teen ons en die lig het nou vinnig verswak. Koes-koes agter die bome en bosse het ons die oper deel bereik waar ek hulle vroeer gewaar het, maar kon hulle nognie sien nie. Toe skielik, staan ek en Ta vir mekaar en kyk! So 100m voor my. Simon vat 'n ewigheid met die skietstokke en ek oorweeg 'n skoot uit die vuis....

Hy het teen hierdie tyd al beginne op 'n drafstappie terug berg se kant toe..... moet ek wag vir 'n kans op hom of soek na die ander? Waar is hulle? Daar steek hy vir 'n oomblik vas toe hy agter 'n jong boompie uitkom.. Diekeer is ek gereed oor die stokke en sekondes later praat die .375 en die 270Barnes TSX kry koers.

Ek het maar mooi reg op die blad gevat aangesien ek nie kon beskostig om 'n foutjie te maak 'n skoot te ver terug nie, aangesien dit al amper heel donker was. Die skoot deur die blaaie haal sy lus vir ver hardloop gou uit en die longe bokant die hart is stukkend. 15m van waar hy gestaan het kry ons hom. Jong bul, maar lekker vet.

Die vars lewer later die aand het mooi geloop saam met ietsie in 'n glasie teen die eerste koue van die winter.....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Riaan Beeslaar »

Baie geluk Pieter en mooi vertel.
Geniet daai vleis.
Groete
Riaan
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by VdWalt »

Baie geluk !! Mooi vertel en lekker skoot daai!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Chevvy SS »

Mooi man!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by FHM »

Lekker vertel man - eissshhh ek kannie meer wag nie!
Baie netjies en geluk mater!

Jy moet vir Simon se hy moet sy gesig poeier om in die aand op die fotos uit te kom ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by theedge »

Baie geluk !! Mooi vertel
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Cor Jacobs »

Pieter,
Sjoe, ek is bly die eerste een vir die seisoen lê!! By wie se plaaas het jy gejag? Hoop die vleis en biltong is darem joune!! Mooi die storie vertel soos ek jou ken.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Piet Pille »

By Gerhard hulle.

Ja ek het hom geruil vir die scope wat op die .270 was... Hy wil hom gehad het vir sy nuwe .243
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Cor Jacobs »

Het jy vir Gerhard darem gehelp om daai scope so met 7 Clicks in te stel.... ;)
Grap net, ek hoop jy geniet daai steaks!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Piet Pille »

Cor Jacobs wrote:Het jy vir Gerhard darem gehelp om daai scope so met 7 Clicks in te stel.... ;)
Grap net, ek hoop jy geniet daai steaks!
hahaha. Snaaksie!!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Frederik »

Baie netjies en lekker storie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Carl »

Mooi vertel, was sommer saam jou op die berg. Geluk nou is daar lekker vleis.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Skolla »

Pieter

Goeie jag en mooi geskiet.
Wat het daardie koeel gemaak wat vleisskade en been breuke aanbetref?

Skolla
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Piet Pille »

Hy is dwarsdeur altwee blaaie. Die karkas hang nog heel om lekker ryp te word- ek werk hom Vrydag oggend. Ek sal probeer onthou om dalk 'n foto of wat te neem.
User avatar
Boogjagter
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Boogjagter »

Knap gedaan, Piet!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Piet Pille »

Vanmore daai karkas getackle.
Vleisskade kan op die laaste foto gesien word. Duskantste blad het klompie skade gehad aan die onderkant. Ek skryf dit veral toe daaraan dat ek die femur afgeskiet het en daar redelik beensplinters was. Die duskantse rib het omtrent 'n 15cm bloedkol gehad. Oorkantse rib baie mnder, so ook die oorkantse blad. Koeel is uit by oorkanste blad.

Nou moet daai biltonge vinnig droog raak!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Trevor »

Baie geluk Pieter. Jy het mooi gemaak! PS* Ek het Gemsbok, Kudu, Springbok as jy nog scopes wil ruil vir wild...heheh
User avatar
TR
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Sat Jan 12, 2013 11:38 am

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by TR »

Mooi vertel en bitterrrr mooi vleise!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Piet Pille »

Dankie vir al die mooi wense manne.
Dis daardie tyd van die jaar en ek wens almal 'n paar mooi jagstories toe vir die res van die winter!
Groete
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by theedge »

baie mooi vleise!
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Eerste een vir die seisoen.

Post by Skolla »

Dankie vir die terugvoer oor die vleisskade.
Post Reply