Die elande het saans beginne pla in die mielies - seker agv die droogte die afgelope jaar en die boer wil graag die bietjie van 'n oes wat daar nog is probeer red. Die Elande is egter skelm en kom met laaste lig eers in en gaan weer uit voor ligdag.
Ek het tot by die onderkant van die land gery en die bakkie daar gelos. Ek en Simon is toe teen die kant van die land op tot teen die berg. Die berg loop parallel met 3 lande wat aaneengrensend van mekaar le. Ek het die middelste land gekry, en die ander manne weerskante. Die berg loop so kilometer parallel met die noordelike sy van die land. Daar is so 500m strook bosveld tussen die land en die voet van die berg.
Die wind het uit Suid oostelike rigting skuins oor die land in die rigting van die berg gewaai. Ek het dus besluit om teen die westelike sy van die land op te beweeg en dan teen die berg uit te klim. Dan, so 2/3 teen die berg uit het ek dan berglangs ooswaarts beweeg terwyl ek die bos-gordel onder my fynkam. Sou ek egter verby die elande onder my beweeg sonder om hulle te sien, so ek onder hulle wind inkom en hulle sou my ruik.
Hulle kom namiddae oor die berg en hou dan in die beboste strook aangrensend tot die land tot na donker, waarna hulle dan die mielies invaar. Ons het so teen 15h45 begin stap. Teen 17h00 het ons nog niks gewaar nie en die son het reeks agter die berg agter ons verdwyn. Ons het reeds so 3/4 van die lengte van die land gevorder. Toe sien ek hulle skuins onder ons in 'n effense oopte- stadig aan die wy oppad land toe. 6 van hulle.
Die probleem was dat, alhoewel hulle onbewus van ons was, dit 'n redelike oop stuk gelaat het waaroor ons moes beweeg bergaf, voordat ons agter die boomlyn kon verdwyn. Hulle het ook skuins van noord-oos- na suid-wes beweeg, en ek was bang dat hulle ons sou ruik, veral as die windjie verder draai na reg oos en hulle verby ons punt op die berg beweeg. Hulle was so 350m van ons af.
Ons het dus boudelangs -gatskuur-kraploop-style die eerste stuk bergaf voorgesukkel (en dit voel vanoggend of ek 300x squats gedoen het!!
Hy het teen hierdie tyd al beginne op 'n drafstappie terug berg se kant toe..... moet ek wag vir 'n kans op hom of soek na die ander? Waar is hulle? Daar steek hy vir 'n oomblik vas toe hy agter 'n jong boompie uitkom.. Diekeer is ek gereed oor die stokke en sekondes later praat die .375 en die 270Barnes TSX kry koers.
Ek het maar mooi reg op die blad gevat aangesien ek nie kon beskostig om 'n foutjie te maak 'n skoot te ver terug nie, aangesien dit al amper heel donker was. Die skoot deur die blaaie haal sy lus vir ver hardloop gou uit en die longe bokant die hart is stukkend. 15m van waar hy gestaan het kry ons hom. Jong bul, maar lekker vet.
Die vars lewer later die aand het mooi geloop saam met ietsie in 'n glasie teen die eerste koue van die winter.....
